Katsedam: Sesotho

Die Katsedam is in die hooglande van Lesotho in die Malutiberge en vorm deel van die Lesotho-Hoogland-waterprojek.

Die dam is in die Malibamatsorivier en in 1996 voltooi.

Katsedam
Die Katsedam in Lesotho.
Die Katsedam in Lesotho.
Amptelike naam Katsedam
Ligging
Provinsie/Land Lesotho
Koördinate 29°20′13″S 28°30′22″O / 29.33694°S 28.50611°O / -29.33694; 28.50611 28°30′22″O / 29.33694°S 28.50611°O / -29.33694; 28.50611
Dam in Malibamat'so-rivier
Doel Besproeiing en huishoudelik
Openingsdatum 1996
Soort dam Dyk
Hoogte van wal 185 m
Lengte van wal 710 m (wal)
Kapasiteit 1,950 km³
Damoppervlak 3 580 ha

Die damwal

Katsedam: Die damwal, Reservoir, Tonnel en Innametoring 
Satellietfoto van die reservoir.

Die damwal is 'n dubbele geboë beton-boogdam. Die kruin is 710 m lank en die wal bevat 2,3 miljoen m3 beton. Die wal is 60 m dik onder by sy basis. Die opvanggebied van die dam is 1867 km2. Dit is die hoogste dam (bokant seevlak) in Afrika. Die wal is 185 m hoog en die oorloop bestaan uit 10 hekke, elk 16 m wyd en 17 m hoog. Die afloopwater word opgebreek en val in 'n spesiaalgeboude plonsdam van 32 m hoog.

Reservoir

Die reservoir wat deur die dam gevorm word, is nou en baie diep met 'n oppervlakte van slegs 35.8 km2. Die klein oppervlakte en lae verdampingsvlak by die dam verseker dat die verlies as gevolg van verdamping slegs 10% van die Vaaldam s'n is.

Tonnel en Innametoring

Katsedam: Die damwal, Reservoir, Tonnel en Innametoring 
Die Katsedam met inlaattoring.

Daar is 'n tonnel van 82 km met 'n deursnee van 4.8 m vanaf die dam na die Asrivier in Suid-Afrika. Alle water vanaf die Lesotho-Hoogland projek word deur die tonnel aan Suid-Afrika gelewer. Die innametoring na die tonnel is sowat 18 km noord van die dam met 'n vermoë van 70m3/s. Die toring is 23 m in deursnee en 98 m hoog. As gevolg van die posisie van die inlaattoring word die effektiewe kapasiteit van die reservoir beperk van 1 950 miljoen m3 tot 1 520 miljoen m3. Die tonnel mond uit net buite Clarens op die Bethlehempad in die Asrivier.

Bronne

Tags:

Katsedam Die damwalKatsedam ReservoirKatsedam Tonnel en InnametoringKatsedam BronneKatsedamLesothoLesotho-Hoogland-waterprojekMalibamatsorivierMalutiberge

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ProstaatkankerPretoriaVennootskapElandréHoenderVerkragtingBipolêre gemoedsteuringVerkleinwoordLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaBosluisbytkoorsMateriaalSuid-Afrikaanse randToestand van materieD.J. OppermanHondeklipbaaiVloeistofFisiese oefeningLys van Griekse mitologiese figureLys van bekende Suid-AfrikanersHartversakingTatoeëermerkSuid-AfrikaNarsistiese persoonlikheidsteuringSprokieBruin menseLys van veltoestandeJeugdagNasionale VrouedagWatersuiweringWaterpokkiesLys van kleureAfrikaanse woordelys en spelreëlsMensNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaAsemhalingNatuurlike hulpbronPussy RiotGriekwa-AfrikaansWetenskapSkildklierHector PietersonGrondwet van Suid-AfrikaLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaWet op Bantoe-onderwysBreinTeologiese Kweekskool (Stellenbosch)Mark (ekonomie)KoolhidraatPerdebyeHolocaustKewerAdolf HitlerKapitalismeDuitse maselsPubiese hareNasionalismeTandbederfRepubliek die KongoSpoorvervoer in Suid-AfrikaYsterWet op BevolkingsregistrasieMIVMIV/vigs in Suid-AfrikaKlein-KarooErektiele disfunksieSteve BikoVlagterminologieWesterse filosofieKlimaatVryheidsmanifesSeekoeiMigrasie van voëlsWikimedia-stigting🡆 More