Intensiewe Vorm: Byvoeglike naamwoorde in die versterkende graad

Intensiewe vorme of intensiewe adjektiewe, vroeër bekend as versterkte vorme, is byvoeglike naamwoorde in die versterkende graad.

Intensiewe vorme word gebruik om 'n sin trefkrag te gee en die taal op te kikker. 'n Voorbeeld hiervan is brandarm, wat baie arm beteken. In Afrikaans word intensiewe vorme gewoonlik vas (as een woord) geskryf, met enkele uitsonderings, byvoorbeeld wawyd oop en nugter wakker.

Intensiewe Vorm: Afrikaans, Deens, Duits
Laurel en Hardy, een is brandmaer en die ander een spekvet.

Afrikaans

Stand

Die tale wat ons praat (2018) som die stand van intensiewe vorme in Afrikaans so op:

Intensiewe Vorm: Afrikaans, Deens, Duits 

Baie van hierdie vorme het al geyk geraak. Jonger sprekers sal hulle nie noodwendig almal meer ken nie. Desondanks maak intensiewe vorme van taalleerplanne in skole, veral vir die aanleer van Afrikaans as addisionele taal, steeds 'n gewilde deel uit. Ook as 'n maklike en vinnige manier om toets- en eksamenvraestelle gevul te kry! Maar as leerders intensiewe - en baie ander! - vorme bloot papegaaiagtig moet baasraak: Hoeveel geleentheid laat dit hulle om self kreatief met Afrikaans om te gaan, die genot dáárvan en die hedendaagse seggingskrag van Afrikaans te ontdek? Op dieselfde manier as wat intensiewe vorme oorspronklik ontstaan het: Uit die kreatiewe, speelse, funksionele gebruik en aanwending van die lewende taal self. Van Afrikaanse skrywers, digters en joernaliste hang dit af of nuwer, varser intensiewe vorme geskep gaan word. Dat mense wat dit lees, sulke nuutskeppings in hulle algemene, alledaagse taalgebruik sal opneem, is natuurlik geen uitgemaakte saak nie. Van tyd tot tyd kom 'n mens in die omgang wel nuwe, interessante intensiewe vorme teë, maar ongelukkig word opvallend baie van dié skeppings met drie- en vierletterwoorde gevorm wat 'n mens in keurige geselskap nie kan herhaal nie.

Intensiewe Vorm: Afrikaans, Deens, Duits 

Eienskappe

Intensiewe vorme word dikwels gevorm deur die volgende konstruksies

Woordsoortelike korrelate Voorbeeld
(i) Byvoeglike naamwoord (b.nw.) + byvoeglike naamwoord (b.nw.) blinknuut, blinkvet, dolbly
(ii) Selfstandige naamwoord (s.nw.) + byvoeglike naamwoord (b.nw.) kniediep, toringhoog, fluweelsag, koeëlrond, glashelder, snaarstyf, asvaal, koolswart, broodnodig, moddervet, sopnat
(iii) Werkwoord (ww.) + byvoeglike naamwoord (b.nw.) skreeupers, skokpienk, troetelsag, stikwarm, gloeiwarm

Nietemin kan niks in die skrywer se pad staan om met digterlike vryheid eie intensiewe vorme te skep wat alle reëls oorskry nie, soos:

  • Witwarm-bloedstollend-dring-in-sy-vleis-seer - Uit: Ballade vir 'n Enkeling, 2014, Leon van Nierop, Kaapstad: Tafelberg, bl. 412

Hoewel aangevoer word dat intensiewe vorme van die adjektief normaalweg geen graadtrappe het nie (soos beeldskoon, waarvan *beeldskoner en *beeldskoonste onmoontlik is), is daar wel by plankdun, spierwit en stokoud slegs die stellende en oortreffende trap aangeteken:

    plankdun – plankdunste
    spierwit – spierwitste
    stokoud – stokoudste

Gewoonlik is daar nie 'n vergelykender trap nie:

    pikswart – pikswartste
    horingoud – horingoudste
    goudgeel – goudgeelste

Gedeeltelike reduplikasie is ook moontlik, solank 'n koppelteken toegevoeg word:

    Hy is hond-hondmak.
    Die grond is klip-kliphard.
    Die sakeman is skat-skatryk.
    Hy is spier-spierwit en sy oë is so groot soos pierings gerek.

Soms word die intensiewe vorm selfs verder intensiveer met die aanvangskomponent morsdood- of ander verbindings:

    morsdood + moeg → morsdoodmoeg
    morsdoodbang, morsdoodgedaan, morsdoodsiek, morsdoodstil, morsdoodverlief en morsdoodvervelig is verdere voorbeelde
    blind + helderverlig → blindhelderverlig

Voorbeelde

'n Aantal voorbeelde van intensiewe:

  • af – morsaf, regaf, pylregaf
  • agter – heelagter
  • agteroor – rûensagteroor
  • alleen – stokalleen, stoksielalleen, moedersielalleen,, moederstoksielsaligalleen, vingeralleen, doodalleen, sielalleen, stoksielsaligalleen, mensalleen, vroualleen, manalleen, skepsel-alleen
  • arm – brandarm, doodarm, straatarm, bedelarm, blêrarm, bloedarm
  • bang – dood(s)bang, vrekbang, yskoudbang, skytbang en broekskytbang (obseen), siekbang, sissiebang, haasbang, lambang, hondbang
  • bedaard – doodbedaard
  • bederf/bedorwe – diepbedorwe
  • bedroef – diepbedroef
  • bedrywig – miernesbedrywig
  • bekend – alombekend, doodbekend, wêreldbekend, wydbekend
  • bekommerd – doodbekommerd
  • belangrik – lewensbelangrik
  • beledig – doodbeledig
  • belese – blinkbelese
  • bemind – teerbemind, alombemind
  • benoud – dood(s)benoud
  • beroemd – wêreldberoemd
  • besig – druk besig, rasend besig, dol besig
  • besope – stombesope
  • betyds – doodbetyds
  • bewoë – diepbewoë
  • bitter – galbitter, alsbitter, alsembitter, aalwynbitter, alweebitter
  • blank – lelieblank, spieëlblank, sneeublank, silwerblank, pêrelblank, melkblank
  • bleek – doodsbleek, wasbleek, fletsbleek, geelbleek, wurmbleek, asbleek, maanbleek, grafbleek, melkbleek, lykbleek
  • blind – stokblind, stekelblind
  • blink – bottelblink, skitterblink, spieëlblink, glinsterblink, diamantblink, sonblink, sweetblink (spiere), silwerblink, politoerblink, kraakblink, kristalblink, poetsblink
  • blond – bottelblond, vlasblond, sonblond, koringblond
  • blou – potblou,, botblou, erdblou, baftablou, hemelsblou, blouselblou, branderblou
  • bly – doodbly, hondbly, dankiebly, dolbly, sielsbly
  • bo – heelbo
  • bont – papegaaibont, kakelbont, strontbont (plat)
  • braai doodbraai
  • brand doodbrand
  • breed – hemel(s)breed, wêreldbreed, bergbreed
  • broos – seepbelbroos
  • bros – kraakbros
  • bruin – grondbruin, bergbruin (water; stroom), modderbruin, vetbruin, beskuitbruin, neutbruin, bessiebruin, karamelbruin, waksbruin, sjokoladebruin, heuningbruin, toffiebruin, kraakbruin (kos)
  • dapper – doldapper
  • deftig – kraakdeftig
  • deur – middeldeur, dwarsdeur
  • diep – afgronddiep, enkeldiep, kniediep (kniediep in die moeilikheid; kniediep voordag (douvoordag)), pensdiep, skouerdiep, nekdiep, kraakdiep
  • dig – potdig, botdig
  • dik – trommeldik, knuppeldik (met sy verwante knepeldik, kneweldik, knubbeldik, knipdik, knippeldik), dwarreldik
  • dof – droomdof
  • dom – aartsdom, eseldom, horingdom, klipsteendom
  • donker – pikdonker, stikdonker, nagdonker, oliedonker, skemerdonker, gietdonker, angsdonker doodsdonker, gitdonker, gitswartnagdonker, grotdonker, dikdonker,, tonneldonker, gatdonker
  • dood – morsdood, klipdood, dikdood
  • dood (dooierig) – dikdood/dikdooi
  • doof – stokdoof, potdoof
  • dor – beendor, kraakdor, kurkdor
  • dries (astrant, aanmatigend, vermetel, brutaal) – doldries
  • driftig – doldriftig
  • droef – kerkhofdroef
  • dronk – smoordronk, stomdronk,, dooddronk, stormdronk, papdronk, dikdronk, slingerdronk, poepdronk (plat), horingdronk, duiseldronk, bibberdronk, katdronk, diepdronk, kanondronk
  • droog – kurkdroog, botdroog, poeierdroog, horingdroog, houthoringdroog, stofdroog, tonteldroog, kurkhoringdroog, dordroog, beendroog, hooidroog, houtskooldroog, kraakdroog
  • duidelik – glasduidelik, klaarduidelik
  • dun – plankdun, papierdun, vliesdun, haardun, kraakdun (porselein, glas of stem), flenterdun, ragdun, riemdun, naalddun, dennenaalddun, posbusdun (lippe), grasdun,, stokkiedun, donkiebeendun, rafeldun, asemdun, wafeldun, draaddun, garingdun, lemdun
  • duur – peperduur, bitterduur, vrekduur
  • dwars – plankdwars (jagtaal: wanneer 'n dier heeltemal dwars staan, gereed om geskiet te word)
  • eens – doodeens
  • eenvoudig – doodeenvoudig, blooteenvoudig, kindereenvoudig
  • eerlik – doodeerlik
  • eg – goudeg
  • eie – bloedeie
  • ellendig – doodellendig
  • erg – dooderg
  • ernstig – doodernstig, sielsernstig, vry-ernstig
  • fiks – topfiks
  • flou – stokflou, doodflou
  • fris (gesond) – perdfris, kikfris, appelfris kikfris (nie algemeen)
  • fris (vars) – doufris, komkommerfris, lentefris, kraakfris vonkelfris, tintelfris, dartelfris, windfris
  • fyn – haarfyn, ragfyn, piekfyn, flenterfyn, veselfyn, naaldfyn, kraakfyn, poeierfyn (stof), wasfyn, spinnerakfyn/spinragfyn,, porseleinfyn vlinderfyn, feëfyn, stippelfyn
  • gaar – doodgaar
  • gedaan – doodgedaan, morsgedaan, morsdoodgedaan
  • gedwee – hondgedwee
  • gedienstig – hondgedienstig
  • geduldig – doodgeduldig
  • geel – goudgeel, kerriegeel, borriegeel, knalgeel, vlamgeel, kanariegeel, mosterdgeel, giggelgeel (skertsend), songeel, wortelgeel, sonneblomgeel, sonskyngeel, bottergeel, koringgeel
  • geesdriftig – doodgeesdriftig
  • gek – stapelgek, dolgek
  • gelief – alomgelief
  • gelukkig – doodgelukkig, dolgelukkig, sielsgelukkig, stralend gelukkig, duifgelukkig
  • gemaklik – doodgemaklik
  • gereed – slaggereed
  • gerus – houtgerus, perdgerus, doodgerus, houtpopgerus, Engelsgerus
  • gesond – blakend gesond, kerngesond, oergesond
  • getroos – doodgetroos
  • getrou – lewensgetrou, hond(s)getrou
  • gevaarlik – doodsgevaarlik, lewensgevaarlik
  • gevoelig – fyngevoelig, teergevoelig
  • gewillig – doodgewillig, eselsgewillig
  • gewoon – doodgewoon, blootgewoon
  • giftig – groengiftig
  • glad – spieëlglad, seepglad, palingglad, snotglad, botterglad (tong), aalglad, ivoorglad, masjienglad, satynglad, roomglad, blinkglad, meerminglad, glipglad, kraakglad, skiglad, straalglad, streelglad marmerglad
  • goed – bittergoed, doodgoed
  • goedkoop – spotgoedkoop, doodgoedkoop
  • goor – hondgoor
  • gou – blitsgou
  • graag – dolgraag, bittergraag, hartsgraag, doodgraag, dubbelgraag
  • groengrasgroen, lowergroen, smaraggroen, knalgroen, klawergroen, nylgroen, knarsgroen, brommergroen (van jaloesie), varsgroen, soelgroen, bottelgroen, olyfgroen, banknootgroen
  • groot – reusegroot, tamaaigroot, lewensgroot
  • grou – asgrou, loodgrou, vaalgrou
  • grys – asgrys, loodgrys,
  • haastig – dolhaastig doodhaastig
  • hard – kliphard, ysterhard, keihard, keisteenhard, klipsteenhard, klipsteenkalbashard, skreeuhard, staalhard, steenhard, spykerhard, kwashard, rotshard, skokhard (klank), houthard, olienhouthard, harshard, beenhard, kraakhard, diamanthard
  • heet – brandheet, snikheet, stikheet, smoorheet, bloedheet, brandendheet
  • helder – glashelder, klokhelder, kristalhelder, jenewerhelder, knalhelder, silwerhelder, skelhelder, stroophelder, skreeuhelder (kleure), sonhelder, yshelder, brandhelder, waterhelder
  • honger – hondshonger, doodhonger, skreeuhonger, wolfshonger, bloedhonger
  • hoog – hemelhoog, bergehoog/bergenshoog/berghoog/berghoë toringhoog, helhoog (in spreektaal gebruik), sterhoog
  • jammer – doodjammer
  • jong (attributief)/ jonk (predikatief) – bloedjonk, piepjonk, stralend-jong
  • kaal – poedelkaal, poedelnakendkaal (kyk ook na naak), winterkaal (landskap, tuin), rotkaal
  • kak – hondkak (plat)[verwysing benodig]
  • kalm – doodkalm
  • kil – yskil, doodkil
  • klaar (duidelik) – klinkklaar
  • klam – slymklam
  • klein – piepklein, muisklein, voëltjieklein, varkklein (oë), speldklein
  • knies - doodknies
  • koel – komkommerkoel, doodkoel
  • kook – doodkook
  • koppig – vrekkoppig
  • koud – yskoud, piskoud (plat), bibberkoud, klipkoud, rilkoud, vars-koud, doodkoud, kraakkoud, vrieskoud, ritteltitkoud
  • krom – hoepelkrom
  • kwaad – smoorkwaad, doodkwaad, booskwaad, rasend kwaad, rooikwaad, siedend kwaad, blindkwaad
  • laag – hondlaag (gemeen)
  • lag – doodlag
  • lam – boeglam, doodlam
  • lang – ellelang
  • lank – lewenslank, doodlank
  • leeg – dolleeg, botleeg, dopleeg
  • lekker – smullekker, watertandlekker, vreklekker, vingerleklekker, doodlekker, kraaklekker
  • lelik – skreeulelik, skreelelik, skulelik, hondlelik, foeilelik, blêrlelik, vreklelik, rondomlelik
  • lewendig – springlewendig
  • lig – veerlig, vlinderlig, strooiligte (vermaak), helderlig, klaarlig, veertjielig, donslig luglig
  • logies – doodlogies
  • lui – doodlui, aartslui, sleglui, donkielui, vreklui, katlui
  • luiters – doodluiters, doodleuters
  • lus – doodlus
  • maer – brandmaer, biltongmaer (informeel), doodmaer, plankmaer, seningmaer, vrekmaer, riemmaer, broodmaer, houtmaer, graatmaer
  • mak – hondmak, skaapmak, doodmak, doodmak
  • maklik – doodmaklik, spotmaklik, hondmaklik
  • mal – stapelmal, aapmal, stapelmal
  • min – bloedmin, broodmin
  • mislik – kotsmislik (plat)
  • modern – kraakmodern, Piet Modrian-modern
  • moeg – doodmoeg, sterwensmoeg, lewensmoeg, hondmoeg, stokmoeg
  • moeilik – doodmoeilik, hondmoeilik, vrekmoeilik, mensmoeilik
  • mooi – beeldmooi, popmooi, prentjiemooi, wondermooi, blinkmooi, droommooi, glansmooi, hoendervleismooi, hoendervelmooi, feetjiemooi, poskaartmooi, sprokiesmooi, vrekmooi, reënboogmooi, skittermooi
  • naak (nakend) – poedelnaak (-nakend), spiernaak, splinternakend, moedernaak, spleinakend,
  • naby – doodnaby
  • nat – papnat, sopnat, waternat, papwaternat, papsopnat, sopwaternat, druipnat, kletsnat, sweetnat, brandernat, blinknat, watersopnat, katnat, deurnat
  • natuurlik – doodnatuurlik
  • netjies – kraaknetjies
  • nodig – broodnodig, hoognodig
  • nood – doodsnood
  • noodsaaklik – lewensnoodsaaklik
  • normaal – doodnormaal
  • nugter – doodnugter, bloednugter, spooknugter
  • nuttig - doodnuttig
  • nuuskierig – doodnuuskierig, aartsnuuskierig
  • nuut – splinternuut, spiksplinternuut, winkelnuut, kraaknuut, blinknuut, gloednuut, vonkelnuut, pronknuwe, skelnuut, nikkelnuut, pleisternuut, fluitnuut glinsternuut
  • onder – botonder
  • ongelukkig – sielsongelukkig, doodongelukkig
  • onnosel – kliponnosel, stomonnosel, stomponnosel, domonnosel
  • onskuldig – doodonskuldig, broodonskuldig (gewestelik)
  • ontsteld – sielsontsteld doodontsteld
  • oop – wawyd oop
  • oortuig – doodoortuig
  • op – doodop
  • oranje – skeloranje
  • orent – penorent, kiertsorent, pennetjieorent
  • oud – stokoud, horingoud, beenoud, oeroud, stokhoringoud
  • pap – lam-pap
  • pers – skreeupers, pimpelpers
  • pienk – skelpienk knalpienk, skokpienk, skreepienk, skreeupienk, uitkloppienk, felpienk, fokkieng pienk (vulgêr; shocking + fok), koejawelpienk
  • prettig – doodprettig, dolprettig
  • raak – doodraak – ('n hou doodraak slaan)
  • reg (reguit) – loodreg
  • reg (orde, toestand, korrektheid, gereedheid) – doodreg, roerreg
  • regaf – loodregaf
  • regop – penregop, kersregop, kiertsregop, peilregop, aartsregop, loodregop, erdmanregop, haaksregop
  • reguit – pylreguit, penreguit, reëlreguit, koeëlreguit, snaarreguit, lynreguit, stokreguit, strykplankreguit
  • rein – hemelrein, engelrein
  • rond – koeëlrond, balrond, appelrond (gesig, wange), bolrond, tolrond, pieringrond
  • rooi – bloedrooi, skarlakenrooi, knalrooi, krasrooi, tamatierooi, brandrooi, bitterrooi, oorlogrooi, vlamrooi, vuurrooi, robynrooi, ryprooi, posbusrooi, , kersierooi
  • rou – bloedrou (vleis)
  • rustig – doodrustig
  • ryk – skatryk, bossiesryk, stinkryk, vrotryk
  • ryp – papryp, doodryp, kraakryp, vrotryp
  • saai – doodsaai (vervelend)
  • saf – papsaf
  • sag (tekstuur) – papsag, donssag, doeksag/doeksaf, satynsag, troetelsag, murgsag, smeltsag, fluweelsag, katsag, engelsag, asemsag, bottersag, poeiersag, melksag, roomsag, blouselsag, droomsag, leunstoelsag, soepelsag, streelsag, wolksag
  • sag (klank) – fluweelsag (stem), fluistersag
  • salig – sielsalig
  • seker – doodseker, klipseker
  • sekuur – doodsekuur, fynsekuur
  • siek – hondsiek, doodsiek, vrotsiek, skandesiek
  • simpel – doodsimpel
  • sindelik – kraaksindelik
  • skaam – doodskaam, rooiskaam
  • skaars – doodskaars, droogteskaars
  • skeef – windskeef
  • skelm – jakkalsskelm
  • skerp – vlymskerp, elsskerp, haarskerp (beeld), rasperskerp, skeermesskerp, naaldskerp, blitsskerp (beeld), bliksemskerp (beeld), droomskerp (beeld, detail), lemskerp, krisskerp, priemskerp, swaardskerp
  • skoon (estetika) – beeldskoon, bloedskoon, porseleinskoon (vel, gelaat), wonderskoon, blomskoon
  • skoon (helder) – kristalskoon,
  • skoon (higiëne) – silwerskoon, kraakskoon, blinkskoon, skitterskoon, sprankelskoon, glansskoon
  • skraal – rietskraal, geraamteskraal
  • skrik – doodskrik
  • skrum – doodskrum
  • sku – skilpadsku
  • skurf – rasperskurf
  • slank – soepelslank
  • slap – papslap
  • sleg – doodsleg, papsleg, daggasleg, vreksleg, vrotsleg, hondsleg, kaksleg (obseen)
  • slim – vrekslim
  • slinks – jakkalsslinks
  • snaaks – skreeusnaaks, skreesnaaks, rasend snaaks, doodsnaaks
  • snel – blitssnel, bliksemsnel, koeëlsnel, pylsnel, rasendsnel, orkaansnel, windsnel, stralersnel
  • soet – suikersoet, stroopsoet, heuningsoet, engelsoet
  • sout – pekelsout
  • stadig – doodstadig, skilpadstadig, slakstadig
  • sterk – ystersterk, beersterk, wondersterk, reusesterk, stormsterk (wind), oersterk, beessterk, draadsterk, gifsterk (koffie/tabak), klipsterk
  • stil – doodstil, tjoepstil, bladstil, botstil, botdoodstil, stokstil, muisstil, grafstil, kerkstil, kerkhofstil, klipstil, stofstil, witstil, nagstil, grotstil, tonnelstil, kiepstil (nie algemeen)
  • styf – stokstyf, boomstyf (argaïes saam met liggaamsdele/ledemate gebruik; ook boomvas), snaarstyf (draad, senuwees, spanning, situasie), kraanstyf, kraakstyf, klipstyf
  • suinig – vreksuinig, stiksuinig
  • suiwer – kristalsuiwer, glassuiwer
  • sukkel – doodsukkel
  • suur – asynsuur, brandsuur, doodsuur
  • swaar – loodswaar, klipswaar, stormswaar (gesigte), kraakswaar, kreunswaar, hamerswaar (hou, slag)
  • swak – kuikenswak, doodswak, hoenderswak
  • swart – pikswart, gitswart, pikgitswart, nagswart, roetswart, koolswart, (pik)gietswart, raafswart, steenkoolswart, skemerswart, blinkswart, inkswart
  • swoeg – doodswoeg
  • taai (buigsaam, maar moeilik breekbaar) – seningtaai, biltongtaai, rubbertaai
  • taai (gehard, ook moeilik) – rateltaai, toffietaai (wedstryd), hondstaai, karootaai (plant)
  • taai (klewerig) – heuningtaai, toffietaai
  • tevrede – doodtevrede, oertevrede
  • tjank– doodtjank
  • toe – bottoe, pottoe, digtoe
  • treur – doodtreur
  • trou – hond(e)trou (byvoorbeeld: hondetroue oë)
  • vaak – doodvaak
  • vaal – asvaal, muisvaal, roetvaal, doringvaal, loodvaal
  • vars – neutvars, oondvars, kraakvars, kersvers (of kersvars), douvars, kekkelvars (informeel), tuinvars, reënvars (grond, lug, groente ens.), seevars, stoomvars (gebak), lentevars (blomme, huis, voorkoms), plaasvars, bloedvars, blinkvars, blomvars, parfuumvars
  • vas – rotsvas, doodvas, bankvas, paalvas (blik, kyk, uitdrukking; houding; feit of stelling), klipvas, ystervas, neetvas (sit/kleef)
  • veel – dolveel
  • veilig – doodveilig
  • verbaas – stomverbaas, doodverbaas
  • ver – doodver
  • vererg – doodvererg
  • verkluim – doodverkluim
  • verlate – doodverlate
  • verlief – smoorverlief, doodverlief, dolverlief, malverlief
  • verleë – doodverleë
  • verlig – helderverlig
  • vermoeid – doodvermoeid
  • verskrik – doodverskrik
  • verskriklik – allerverskriklik
  • verslae – doodverslae
  • verslete - doodverslete
  • verveel – doodverveel
  • verveeld – doodverveeld, siekverveeld
  • vervelend – stomvervelend, doodvervelend
  • vervelig – doodvervelig, vaalvervelig, oervervelig
  • verwonderd – doodverwonderd, stomverwonderd
  • vet – blinkvet, spekvet, moddervet, varkvet, rondvet, appelvet
  • vies – doodvies
  • vinnig – blitsvinnig, bliksemvinnig, helvinnig, kwikvinnig, slang-vinnig
  • vol – stampvol, propvol, barstensvol, tjokvol, tjok-en-blok vol (informeel), boordensvol (ongewoon), skepvol, windvol, stikvol, emmersvol, randvol (glas water), kreunvol
  • voos – grysvoos
  • vreemd – wildvreemd, wondervreemd
  • vriendelik – katvriendelik, doodvriendelik
  • vrolik – dolvrolik, vonkelvrolik
  • vrot – papvrot
  • vry – voëlvry, skotvry,, doodvry tolvry
  • vuil – kaiingvuil, moddervuil
  • wakker – wawyd wakker, nugter wakker, haaswakker, helder wakker
  • warm – vuurwarm, gloeiwarm, kokendwarm, kookwaterwarm, rooiwarm, skroeiwarm, smoorwarm, snikwarm, stikwarm, witwarm, hondwarm, smeltwarm, smeulwarm, wreedwarm, helwarm, oondwarm, bakoondwarm, brandwarm, bloedwarm, goudwarm, swoelwarm, bliknerswarm, siswarm, kraaiwarm, helwitwarm
  • waterpas – doodwaterpas
  • weemoedig – oerweemoedig
  • weg – witweg, skoonveldweg
  • weinig – bloedweinig, broodweinig
  • werk – doodwerk
  • wit – spierwit, poeierwit, raapwit, melkwit, krytwit, papierwit, sneeuwit, wolkwit, lykwit, haelwit, meelwit, lakenwit, wolwit, skitterwit, droomwit, sonwit, kalkwit, spookwit, siekwit, beenwit, styselwit, ryswit, vuurwit, kraakwit (klere en linne), waswit, marmerwit
  • woes – dolwoes
  • wyd – wawyd, wêreldwyd, hemelwyd, horingwyd, hekwyk/hartwyd, wawielwyd

Deens

  • bleg – dødbleg
  • blind – stekeblind
  • blødt – gennemblødt
  • blå – himmelblå
  • dristig – dumdristig
  • død – stokdød, stendød
  • døv – stokdøv
  • fattig – bundfattig, ludfattig
  • falden – himmelfalden
  • fast – klippefast
  • fin – hårfin
  • fuld – propfuld
  • gal – ravgal, splittergal
  • glad – kisteglad
  • god – ejegod, tossegod, hjertensgod
  • hård – stenhård
  • mager – radmager
  • mørk – bælgmørk
  • ny – splinterny
  • nøgen – splitternøgen
  • rig – stenrig
  • skarp – knivskarp
  • snar – lynsnar
  • sort – kulsort
  • stille – blikstille
  • sur – eddikesur
  • syg – dødssyg
  • ung – purung
  • våd – drivvåd, dyngvåd,
  • vågen – lysvågen

Duits

  • aktuell – brandaktuell, topaktuell
  • allein – mutterseelenallein
  • alt – steinalt, uralt
  • angst – himmelangst
  • anständig – grundanständig
  • arm – bettelarm, blutarm
  • besoffen – stockbesoffen, sturzbesoffen, stinkbesoffen
  • betrübt – tiefbetrübt
  • betrunken – stockbetrunken
  • billig – spottbillig
  • bitter – gallenbitter
  • blank – blitzblank, spiegelblank
  • blaß – leichenblass, totenblass
  • blau – knallblau, saphirblau
  • bleich – todbleich, totenbleich, schreckensbleich, kreidebleich
  • blöde – saublöde (plat), stinkblöde
  • böse – bitterböse
  • braun – britzebraun
  • brav – kreuzbrav
  • bunt – knallbunt, kunterbunt, grellbunt, prallbunt, regenbogenbunt
  • dicht – hageldicht
  • dick – faustdick, knüppeldick
  • dreckig – saudreckig
  • dreist – tolldreist
  • dumm – blitzdumm, kreuzdumm, saudumm (plat), stockdumm, strohdumm
  • dunkel – stockdunkel
  • dünn – hauchdünn, papierdünn, haardünn, holzsplitterdünn
  • dürr – knochendürr, rappeldürr, spindeldürr
  • duster – zappenduster, stockduster
  • egal – scheißegal (plat)
  • ehrlich – grundehrlich
  • eigen – ureigen
  • elend – hundeelend
  • entschlossen – wildentschlossen
  • ernst – bierernst, todernst
  • ewig – urewig
  • fahl – aschfahl
  • falsch – grundfalsch
  • faul – stinkfaul
  • fein – haarfein, hauchfein
  • fest – bombenfest, felsenfest
  • fidel – kreuzfidel, mopsfidel, quietschfidel
  • finster – stockfinster
  • fit – topfit
  • fleißig – ameisenfleißig, bienenfleißig
  • flink – wieselflink
  • forsch – nassforsch
  • frech – rotzfrech
  • fremd – wildfremd, stockfremd
  • freundlich – katzenfreundlich, scheißfreundlich (plat en ironies bedoel vir aangeplakte vriendelikheid)
  • frisch – taufrisch
  • fromm – lammfromm
  • gefährlich – brandgefährlich
  • geil – affengeil, oberaffengeil, saugeil (plat), schweinegeil (plat)
  • gelb – quittegelb, weizengelb
  • gelehrt – grundgelehrt
  • geliebt – heißgeliebt
  • gemein – hundsgemein
  • gemütlich – urgemütlich
  • genau – haargenau
  • gerade – bolzengerade, kerzengerade
  • gescheit – blitzgescheit, grundgescheit
  • gesund – kerngesund
  • gewandt – katzengewandt
  • glatt – aalglatt (glibberig), spiegelglatt (gelyke oppervlak)
  • glücklich – kreuzunglücklich
  • grau – aschgrau, unwettergrau, mausgrau
  • groß – riesengroß
  • grün – giftgrün, katzengrün(e Augen)
  • gut – herzensgut, saugut (plat)
  • gütig – grundgütig
  • hart – beinhart, eisenhart, knallhart, knochenhart, knüppelhart, stahlhart, steinhart
  • häßlich – grundhäßlich, potthässlich
  • heimlich – klammheimlich
  • heiser – stockheiser
  • heiß – brühheiß, bullenheiß, höllenheiß, knallheiß
  • hell – taghell, glockenhell
  • hoch – haushoch, himmelhoch, turmhoch
  • hübsch – wunderhübsch
  • hungrig – heißhungrig
  • jung – blutjung
  • kahl – ratzekahl
  • kalt – eiskalt, hundekalt, lausekalt, frostkalt
  • klar – glasklar, sonnenklar, wasserklar, kristallklar
  • klein – klitzeklein
  • komisch – urkomisch
  • krank – sterbenskrank, todkrank, todsterbenskrank
  • kühn – tollkühn
  • lang – baumlang
  • langweilig – kotzlangweilig (plat), scheißlangweilig (plat), sterbenslangweilig, todlangweilig, todsterbenslangweilig
  • lebendig – quicklebendig, springlebendig
  • leicht – babyleicht, federleicht, kinderleicht
  • matt – sterbensmatt, hundematt
  • miserabel – hundsmiserabel
  • modern – topmodern
  • müde – hundemüde, todmüde
  • munter – putzmunter
  • mutig – todesmutig
  • nackt – pudelnackt, splitternackt
  • nah – hautnah
  • närrisch – pudelnärrisch
  • nass – patschnass, pitschnass, pudelnass, tropfnass, klatschnass, klitschnaß
  • neu – brandneu, funkelnagelneu, nagelneu
  • normal – stinknormal
  • nüchtern – stocknüchtern
  • offen – sperrangelweit offen
  • reich – schwerreich, steinreich, stinkreich
  • rein – astrein, hasenrein, lupenrein
  • richtig – goldrichtig
  • rocken – brottrocken
  • rot – feuerrot, knallrot, krebsrot, puterrot, rosenrot, rubinrot, tomatenrot
  • rund – kreisrund, kugelrund
  • satt – knüppelsatt, pappsatt
  • sauber – blitzsauber
  • sauer – stinksauer, stocksauer
  • schade – jammerschade
  • scharf – haarscharf, messerscharf, rasiermesserscharf
  • schick – todschick
  • schief – windschief
  • schlank – gertenschlank
  • schlau – bauernschlau
  • schlecht – grottenschlecht
  • schnell – blitzschnell, windschnell
  • schön – bildschön, engelschön, wunderschön
  • schwarz – kohlrabenschwarz, kohlschwarz, nachtschwarz, pechrabenschwarz, pechschwarz, rabenschwarz, tiefschwarz
  • schwer – bleischwer, sauschwer (plat), zentnerschwer
  • sehnt – heißersehnt
  • sicher – bombensicher, todsicher
  • schnell – pfeilschnell
  • stark – bärenstark, baumstark, bullenstark, stierstark
  • steif – stocksteif
  • still – mäuschenstill, mucksmäuschenstill
  • süß – honigsüß, zuckersüß
  • taub – stocktaub
  • teuer – schweineteuer; sauteuer (plat)
  • tief – abgrundtief
  • tot – mausetot
  • traurig – tieftraurig, todtraurig
  • trocken – staubtrocken, knochentrocken
  • übel – speiübel, kotzübel (plat, letterlik kotsmislik)
  • umkämpft – heißumkämpft
  • umstritten – heißumstritten
  • unglücklich – todunglücklich
  • vergnügt – quietschvergnügt
  • verschieden – grundverschieden
  • voll – knallvoll, proppenvoll, randvoll, sternhagelvoll (dronk)
  • vornehm – scheißvornehm (plat), stinkvornehm
  • wach – hellwach
  • warm – brühwarm
  • weich – butterweich, samtweich, wachsweich, watteweich, windelweich, gummiweich
  • weiß – blütenweiß, kalkweiß, schneeweiß, schlohweiß, milchweiß, wolkenweiß -
  • weit – himmelweit, meilenweit, sperrangelweit
  • wenig – blutwenig
  • wild – fuchsteufelswild
  • wohl – pudelwohl
  • wütend – stinkwütend
  • zahm – handzahm
  • zart – babyzart, hauchzart, pfirsichzart

Engels

  • ahead - dead ahead
  • black - pitch black
  • broke - stone broke, stony-broke
  • cheap - dirt cheap
  • clear- crystal-clear
  • cold - ice cold, stone-cold
  • crazy - batshit crazy (plat)
  • dead - stone dead, dog-dead
  • deaf- stone-deaf
  • drunk - dead drunk, blind drunk
  • dry - bone dry, cotton-dry (mouth)
  • earnest - blood-earnest
  • full - chock full
  • hard - rock hard
  • hot - sizzling hot, melting hot
  • mad - stock raving mad, stark raving mad
  • naked - stark naked
  • new - brand new
  • poor - dirt poor
  • quiet - church quiet
  • red - blood red
  • serious - dead-serious
  • sharp – razor sharp
  • silent - dead silent
  • still - stock still
  • straight - ramrod straight
  • thin - razor thin, stick-thin, rake-thin
  • tired - dog-tired
  • upright - bolt upright
  • white - snow-white

Nederlands

Middelnederlands

Die onderstaande voorbeelde is geteleskopeerde vergelykings, bv. steendoot = so doot als een steen:

  • claer - silverclaer
  • doot - steendoot
  • graeu - ascgraeu
  • hart - iserhart
  • naeckt - moedernaect
  • root - bloetroot
  • sat - coesat
  • vast - erdvast, lantvast
  • wit - snewit

Moderne Nederlands

In Nederlands kan versterkte adjectieven ook vir verskillende beklemtonings in spesifieke kontekste gebruik word. So kan gortdroog gebruik word vir 'n vervelige (saai) boek en kurkdroog vir klimaat, of beeldschoon gesê geword van vroue en brandschoon van linnegoed of kleedkamers.

In 'n 2007-opname is 'n sekere aantal Nederlandse en Belgiese studente tussen 18 en 25 jaar oud gevra om die onderstaande byvoeglike naamwoorde (in vetdruk) in die spesifieke konteks van die voorbeeldsin te versterk. Die respondente is toegelaat om meer as een moontlikheid neer te pen:

  • alleen: moederziel alleen, zielsalleen, doodalleen.
  • arm: straatarm, doodarm, hondsarm, broodarm, superarm, keiarm.
  • bang: doodsbang, superbang, doodbang, hondsbang.
  • bekend: superbekend, alombekend, overbekend, wereldbekend, oerbekend, gigabekend, megabekend, welbekend.
  • bezopen: straalbezopen, strontbezopen, ladderzat, stomdronken, ladderbezopen.
  • bleek: lijkbleek, doodsbleek, lijkwit, witbleek.
  • blij: dolblij, superblij, reuzeblij, keiblij, zielsblij, doodblij, razendblij, doodsblij, hondsblij.
  • breed: kamerbreed, superbreed, megabreed, hemelsbreed, keibreed, duimbreed, stratenbreed, ultrabreed, oeverbreed, schouderbreed, gevelbreed, duimenbreed.
  • dom: oliedom, oerdom, keidom, megadom, steendom, ezelsdom, oerstom, oliekoekerdom, aartsdom.
  • donker: pikdonker, stikdonker, pikkedonker, aardedonker, aardsdonker, stekedonker, steendonker, aarddonker, aartsdonker, stikkedonker, oerdonker.
  • dood: morsdood, steendood.
  • dronken: stomdronken, ladderzat, steendronken, lamdronken, blauwdronken, straalbezopen.
  • dun: flinterdun, splinterdun, ultradun, extradun, superdun, filterdun, ragfijn, papierdun, vliesdun, draaddun
  • duur: peperduur, superduur, keiduur, pokkeduur, stikduur, strontduur, tyfusduur, steenduur.
  • eenvoudig: doodeenvoudig, poepeenvoudig, supereenvoudig, poepsimpel, simpeleenvoudig, doodsimpel, supersimpel.
  • ellendig: doodellendig, superellendig, doodsellendig, kei-ellendig, oerellendig, strontellendig, straatellendig, bere-ellendig, allerellendigst, zielsellendig, doodongelukkig, hondsellendig.
  • gek: stapelgek, knettergek, knotsgek, goedgek, supergek.
  • gelukkig: dolgelukkig, doodgelukkig, zielsgelukkig, overgelukkig, supergelukkig, reuzegelukkig, dolblij, ingelukkig.
  • gevaarlijk: levensgevaarlijk, supergevaarlijk, aartsgevaarlijk, doodsgevaarlijk, keigevaarlijk, reuzegevaarlijk, doodgevaarlijk, megagevaarlijk.
  • goed: beregoed, supergoed, steengoed, keigoed, megagoed, ingoed, reuzegoed, retegoed.
  • goedkoop: spotgoedkoop, supergoedkoop, megagoedkoop, ultragoedkoop.
  • groot: reuzegroot, supergroot, megagroot, levensgroot, beregroot, keigroot.
  • gruwelijk: doodgruwelijk, aartsgruwelijk, supergruwelijk, keigruwelijk, oergruwelijk, godsgruwelijk.
  • heet: bloedheet, superheet, snikheet, kokendheet, loeiheet, vuurheet, gloedheet, keiheet, pokkenheet, stikheet.
  • hoog: torenhoog, huizenhoog, superhoog, megahoog, metershoog, mijlenhoog, reuzehoog, hemelhoog, kilometershoog, wolkenhoog, knetterhoog.
  • jaloers: stikjaloers, superjaloers, doodjaloers, hondejaloers, strontjaloers, zielsjaloers, megajaloers, aartsjaloers, rotjaloers
  • jong: piepjong, superjong, berejong, kei-jong, megajong, bloedjong.
  • kalm: doodkalm, doodskalm, ijskalm.
  • lekker: superlekker, kiplekker, keilekker, berelekker, reuzelekker, megalekker, steenlekker, doodlekker, hemelslekker, ovenlekker, overheerlijk.
  • lief: poeslief, superlief, doodlief, keilief, hondslief, megalief.
  • lui: superlui, aartslui, aardslui, hondslui, keilui, oerlui, doodlui, vetlui, megalui, berelui.
  • mager: graatmager, doodmager, broodmager, keimager, supermager, latmager.
  • moe: doodmoe, hondsmoe, supermoe.
  • naakt: poedelnaakt, spiernaakt, piemelnaakt.
  • nat: kletsnat, doornat, kleddernat, zeiknat, drijfnat, strontnat, druipnat, zuipnat, kliedernat.
  • nieuw: gloednieuw, splinternieuw, spiksplinternieuw, nagelnieuw, gladnieuw, ultranieuw.
  • rijk: schatrijk, steenrijk, superrijk, poeprijk, smoorrijk, keirijk, stinkrijk, strontrijk.
  • saai: oersaai, doodsaai, keisaai, megasaai, beresaai, supersaai, bloedsaai, pokkesaai, apesaai, doodvervelend.
  • serieus: bloedserieus, doodserieus, doodernstig, stikserieus.
  • trots: ape(n)trots, beretrots, supertrots, megatrots, reuzetrots.
  • verbaasd: stomverbaasd, superverbaasd, keiverbaasd.
  • vers: dagvers, supervers, kakelvers, kersvers, levensvers, kraakvers, marktvers, slachtvers, visvers, vriesvers, poepvers, botervers, krakelvers, diepvriesvers.
  • vervelend: oervervelend, stomvervelend, doodvervelend, strontvervelend, supervervelend, rotvervelend, stiervervelend, stikvervelend, stinkvervelend.
  • vlug: vliegensvlug, supervlug, razendvlug, razendsnel, keivlug, kattenrap, vingervlug.
  • vreemd: supervreemd, keivreemd, knalvreemd, wereldvreemd.
  • ziek: doodziek, hondsziek, keiziek, megaziek, paardeziek, strontziek.
  • zoet: mierzoet, suikerzoet, superzoet, megazoet, honingzoet, overzoet, koekezoet, peperzoet, zeemzoet.
  • zot: stapelzot, apezot, stapelgek, superzot, stekezot, keizot, stikzot, toppezot, tokkezot, megazot, dolzot, oerzot, ladderzot, knetterzot, knettergek.

Hierdie opname strook ook met die bevinding van die Nederlandse taalkundige en skrywer René Appel, in die radiotaalprogram, De Taalstaat. Intensiverende voorvoegsels soos "super-" (bv. superspannend, superleuk...) is "enorm populaire" in Nederlands. Ander voorvoegsels wat ook aan die beurt kom is bereleuk, retegoed, keihard, keileuk, knetterleuk, knettergoed en selfs foeilekker.

Ander voorbeelde:

  • blank: roomblank
  • bleek: kurkbleek
  • druk: knetterdruk
  • dun - palingdun
  • dwaas: doldwaas
  • eerlijk: doodeerlijk, goudeerlijk
  • eigenwijs: stronteigenwijs
  • eng: doodeng
  • enthousiast: dolenthousiast
  • fijn: naaldfijn
  • gaaf: puntgaaf
  • geel: goudgeel
  • gezond: kerngezond
  • glad: spekglad
  • groen: gifgroen, bronsgroen, knalgroen, biljartgroen
  • grijs: muisgrijs
  • hard: bikkelhard, glashard, keihard, knalhard, knoerhard, oerendhard
  • helder: kraakhelder, glashelder
  • klaar: zonneklaar
  • klein: popklein, appelklein, piepklein
  • koud: stervenskoud
  • lang: levenslang, ellenlang
  • lelijk: spuuglelijk
  • licht: vlinderlicht
  • misselijk: hondsmisselijk
  • mooi: bloedmooi
  • nieuw: fonkelnieuw
  • recht: kaarsrecht
  • rond: radijsrond, kogelrond
  • rood: bloedrood, vuurrood granaatrood
  • scherp: messcherp, haarscherp, vlijmscherp
  • stijf: beeldstijf, stokstijf
  • stil: doodstil
  • toevallig: stomtoevallig
  • verdiend: dikverdiend
  • verliefd: stapelverliefd
  • vet: moddervet
  • vol: stampvol, bomvol, tjokvol, overvol
  • wakker: klaarwakker
  • wit: sneeuwwit, spierwit, melkwit, hagelwit, waswit
  • wel: wonderwel
  • zenuwachtig: doodzenuwachtig
  • zwaar: loodzwaar
  • zwart: grijmselzwart, pikzwart
  • sien ook

Noors

  • blid - smørblid ("botterbly")
  • blind - steinblind ("steenblind")
  • blå - knallblå ("knalblou")
  • bra - dritbra ("strontgoed")
  • daud - steindaud ("steendood")
  • dauv - steindauv ("steendoof")
  • dyr - svindyr ("swynduur")
  • ekte - rotekte ("wortel-eg")
  • falsk - botnfalsk ("bodemvals")
  • feit - smellfeit ("knalvet")
  • fersk - blodfersk ("bloedvars")
  • fin - brillefin ("brilfyn"), smellfin ("knalfyn")
  • flat - paddeflat ("paddaplat")
  • flink - dritflink ("strontslim")
  • full - breddfull ("randvol")
  • galen - steingalen ("steengek")
  • gamal - eldgamal ("eeue-oud"), hundgamal ("hondoud"), steingamal ("steenoud")
  • glad - hjarteglad ("hartebly"), kisteglad ("kisbly"), sjeleglad ("sielsbly")
  • god - hjartegod ("hartegoed"), kjempegod ("reusegoed"), knallgod ("knalgoed"), krutgod ("kruitgoed"), naudgod ("noodgoed")
  • gul - knallgul ("knalgeel")
  • hard - knallhard ("knalhard"), knivhard ("meshard")
  • heldig - griseheldig ("otjie-gelukkig", "varkiegelukkig"), svineheldig ("swyngelukkig")
  • kald - bikkjekald ("hondkoud"), smellkald ("knalkoud"), steinkald ("steenkoud"), svinekald ("swynkoud")
  • kjedeleg - dødskjedeleg ("doodvervelig")
  • klar - klokkeklar ("klokhelder"), krystallklar ("kristalhelder"), soleklar ("sonhelder")
  • kvit - kritkvit ("krytwit")
  • lei - dritlei ("strontkeelvol"; vergelyk Nederlands: "strontvervelend"), skitlei ("skytkeelvol")
  • mørk - belgmørk ("peuldonker")
  • nydeleg - dritnydeleg ("strontlieflik")
  • pen - dritpen ("strontmooi")
  • rask - lynrask ("bliksemsnel", "blitssnel")
  • raud - knallraud ("knalrooi")
  • redd - dødsredd ("doodsbang"), livredd ("lewensbang")
  • rein - gullrein ("goudrein"), klokkerein ("klokrein"), krystallrein ("kristalrein")
  • rik - steinrik ("steenryk")
  • rosa - sjokkrosa ("skokpienk")
  • sikker - bombesikker ("bomseker")
  • skjønn - dritskjønn ("strontskoon/-mooi")
  • snar - eldsnar ("vuurvinnig"), lynsnar ("blitsvinnig")
  • snill - kjempesnill ("reusegaaf")
  • stilig - dritstilig ("strontstylvol", "-cool")
  • stille - blikkstille ("blikstil" - vergelyk Sweeds "blickstilla", aanvanklik die spieëlgladde weerkaatsing op die water, wat later 'n betekenisverruiming ondergaan het vir enigiets wat stilstaan), dødsstille ("doodstil"), musestille ("muisstil")
  • svolten - naudsvolten ("noodshonger")
  • søt - dritsøt ("strontsoet", "-oulik"), kjempesøt ("reusesoet", "-oulik")
  • tynn - syltynn ("palingdun")
  • tørr - knusktørr ("tonteldroog")
  • vakker - smellvakker ("knalmooi")

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Intensiewe Vorm AfrikaansIntensiewe Vorm DeensIntensiewe Vorm DuitsIntensiewe Vorm EngelsIntensiewe Vorm NederlandsIntensiewe Vorm NoorsIntensiewe Vorm VerwysingsIntensiewe Vorm Sien ookIntensiewe Vorm Eksterne skakelsIntensiewe VormAfrikaansByvoeglike naamwoord

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Galileo GalileiKasteel die Goeie HoopKaapstadse waterkrisis 2015-2018VervoerNedersettingAfrikaanse WikipediaFilistyneJo BlackVioolApostoliese GeloofsbelydenisBateSeksuele penetrasieTamatieKnieNasiebouLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaPerdebyeBysteekDikdermVerstedelikingGalblaasEk is 'n Afrikaan (toespraak)DemokrasieSelfoonBlomTelwoordVoëlSeptimius AwardsReënspinnekopPoesHondJudaïsmeLabia (geslagsdele)ErosieMantisJavaScriptCounter-Strike 2The CranberriesBeurtkragIntensiewe vormFinansiële staatHeks van HexrivierFabelProteaVoorvoegselKatSonkragBlaarLeah van NiekerkMeningsverskil oor aardverwarmingAarverkalkingHoofpynSpringbokkeBybelGeslagsgelykheidEkonomieHerfsMarsRosa ParksStadSuikersiekteVarkMonoloogKasterolieBreinDuitse maselsOrale seksSeekatKunsmatige intelligensieLys van Afrikaanse rolprenteByvoeglike naamwoordByTweede WêreldoorlogRelatiwiteitsteorie🡆 More