Hindi: Indo-Ariese taal

Hindi (हिन्दी, Hindī, , luister (hulp·inligting)), of meer presies Moderne Standaard-Hindi (मानक हिन्दी Mānak Hindī), is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 592 miljoen mense in Indië en Pakistan gepraat word.

Die oorsprong lê beide in Sanskrit en in Perso-Arabies. Die grammatika stam veral uit Sanskrit en die woordeskat is gemeng.

Hindi
हिन्दी Hindī
मानक हिन्दी Mānak Hindī 
Uitspraak: [ˈɦin̪d̪iː]
Gepraat in: Vlag van Fidji Fidji
Vlag van Indië Indië
Vlag van Pakistan Pakistan
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 
Gebied: Suid-Asië
Totale sprekers: 322 miljoen (moedertaal)
270 miljoen (tweede taal) 
Rang: 3/4
Taalfamilie: Indo-Europees
 Indo-Irannees
  Indo-Aries
   Sentrale sone
    Westelike Hindi
     Hindoestani
      Hindi 
Skrifstelsel: Devanagari 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Indië Indië

Vlag van Fidji Fidji

Gereguleer deur: Central Hindi Directorate
Taalkodes
ISO 639-1: hi
ISO 639-2: hin
ISO 639-3: hin 
Verspreiding van Hindi
Hindi: Taledialekte, Sien ook, Verwysings
Die woord "Hindi" in Devanagari-skrif
Hindi: Taledialekte, Sien ook, Verwysings
Ligging van die "Hindi-gordel" in Suid-Asië
Hindi: Taledialekte, Sien ook, Verwysings
Indiese deelstate waar Hindi amptelike status geniet
Hindi: Taledialekte, Sien ook, Verwysings
Verspreiding van Hindi-dialekte/tale

Hindi word dikwels as 'n gestandaardiseerde en gesanskritiseerde register van Hindoestani beskou, en is veral op die Khariboli-dialek van Delhi en aangrensende gebiede in Noord-Indië gebaseer. Hindi, geskryf met Devanagari, is saam met Engels een van die twee ampstale van die Indiese regering. Daarbenewens dien dit in tien deelstate en drie uniegebiede as 'n amptelike taal. Hindi is een van die 22 geskeduleerde tale vir amptelike gebruik in die Republiek Indië.

Hindi is die lingua franca van die "Hindi-gordel" en in 'n minder mate in ander dele van Indië (gewoonlik in 'n vereenvoudigde of pidginiseerde variëteit soos Bazaar Hindustani of Haflong Hindi). Buite Indië word 'n aantal ander tale amptelik as "Hindi" erken, maar dit verwys nie na die gestandaardiseerde Hindi van Indië nie, en hierdie tale is van ander dialekte, soos Awadhi en Bhojpuri, afkomstig. Van hierdie tale sluit in Fidjiaanse Hindi, een van Fidji se amptelike tale, en Karibiese Hindi wat in Trinidad en Tobago, Guyana en Suriname gebesig word. Onafhanklik van die skrif en formele woordeskat is die gestandaardiseerde Hindi onderling verstaanbaar met die gestandaardiseerde Oerdoe, 'n ander erkende register van Hindoestani, aangesien albei tale 'n gemeensame oorsprong het. In die destydse Brits-Indië het Hindoestani as ampstaal gedien, maar met die Verdeling van Indië word meer en meer 'n verskil tussen Hindi en Oerdoe beklemtoon, veral uit politieke redes.

As 'n taalkundige eenheid is Hindi die vierde mees gebroke taal wêreldwyd, ná Mandaryns, Spaans en Engels. Indien Hindi saam met Oerdoe as Hindoestani gegroepeer word, is dit die derde mees gebruikte taal wêreldwyd, ná Mandaryns en Engels.

Tale/dialekte

As daar binne die dialektologie van Hindi 'n konsensus bereik kan word, kan dit in twee dialekte/tale verdeel word: Westelike en Oostelike Hindi. Westelike Hindi het uit die Apabhramsa-vorm van Shauraseni-Prakrit ontwikkel en Oostelike Hindi uit Ardhamagadhi.

Hierdie lys sluit variëteite, soos Bihari, Rajasthani en Pahari, uit wat soms, veral vir kulturele redes as deel van Hindi beskou word. Bhojpuri word as 'n Bihari-taal beskou, alhoewel dit voorheen as 'n Hindi-taal beskou is.

Romani, Domari, Lomavren en Seb Seliyer of (hul voorsate) is glo verwant aan Hindi en hul sprekers het tydens drie migrasiegolwe in ca. 500–1000 n.C. na die Middel-Ooste en Europa migreer. Parya is 'n Hindi-taal wat in Sentraal-Asië gebesig word.

Ethnologue klassifiseer ook Sansi, Bagheli, Chamari ('n onware taal), Bhaya, Gowli (nie 'n aparte taal nie) en Ghera as Westelike Hindi-tale.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Hindi: Taledialekte, Sien ook, Verwysings 
Wiki
Sien gerus Wiki se uitgawe in Hindi

Tags:

Hindi TaledialekteHindi Sien ookHindi VerwysingsHindi Eksterne skakelsHindiArabiesGrammatikaHi-Hindi.oggIndiëIndo-Ariese taleLêer:Hi-Hindi.oggPakistanPersiesSanskritWikipedia:Mediahulp

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EjakulasieKolonialismeHandbalWerkwoordHokkieBraaiDemokrasieFrederik Willem de KlerkWikimedia-stigtingMensKindermishandelingGas3D-rolprentMenslike seksuele gedragMeettegniekVryheidsdagLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)WaterpokkiesGeografie van Suid-AfrikaTelevisieBernice WestSeksuele opwekkingEienaamSout (chemiese stof)ViëtnamSwawelKoolstofdioksiedFaf de KlerkPikkewynFotosinteseReg tot ‘n gesonde omgewingBoor (element)Paulus van TarsusBek-en-klouseerVolstruisLeierMagnetismeMikro-ekonomieRobert SobukweEskomDemokratiese Republiek die KongoOopbroninhoudDataverwerkingSkaakEkonomiese sektorSpreeuVerkragtingRoofvoëlEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaJansenvilleAfleiding (taalkunde)KinkhoesGlasKontinentSkerpioenHolocaustSwart nasionalismeAfrikaanse woordelys en spelreëlsFinale OplossingSekondêre sektor van die ekonomieNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaMenslike skeletJo BlackChemiese reaksieMark (ekonomie)KompasThabo MbekiWaterkringloopPropagandaBurgerregteWikiquoteMuishond🡆 More