Google Translate: Kunsmatige intelligent vertaler

Google Translate is ’n gratis aanlynvertaaldiens van Google Inc.

Google Translate
(Google Vertaal)
Google Translate: Kunsmatige intelligent vertaler
Tipe webblad Masjienvertaling
Taal(e) Veeltalig
Registrasie Nee
Eienaar Google
Outeur Google
Huidige status Aktief
URL translate.google.com

Dit bied outomatiese vertaling aan tussen ’n groot aantal volkstale. Die diens verskaf ook omskakelings van spraak in teks, beelde uit teks, webwerwe, asook spraak in spraak vir sekere tale. Die diens word aangebied deur ’n koppelvlak op die Web wat deur middel van persoonlike rekenaars of slimfone (Android en iOS) benut kan word. ’n API is ook beskikbaar wat ontwikkelaars in staat stel om blaaieruitbreidings en toepassings te bou. Google Translate ondersteun meer as 100 tale. Teen Mei 2013 is meer as 200 miljoen gebruikers per dag gerapporteer.

Die gehalte van die vertalings wissel, inherent aan rekenaarvertalings oor die algemeen, aangesien die betekenis van woorde afhanklik is van die konteks waarin hulle gebruik word. Deur die interaktiewe karakter van die diens, waaronder die verkryging van terugvoer van gebruikers, kan die gehalte van die diens mettertyd verbeter word. Logieserwys sal vertalings tussen veelgebruikertale hierdeur beter en begrypliker wees as minder gebruikte tale. Die diens kan ook in en uit Afrikaans vertaal.

In November 2016 het Google aangekondig dat Google Translate voortaan gebruik gaan maak van ’n neurale masjienvertaalenjin – Google Neural Machine Translation (GNMT) – wat volledige sinne in een prosedure, eerder as stuk vir stuk, vertaal. Neurale masjienvertaling is aanvanklik op agt taalpare toegepas: uit en in Engels en Chinees, Frans, Duits, Japannees, Koreaans, Portugees, Spaans en Turks.

Google Translate Community

Google "Translate Community" ("Vertaalgemeenskap") is ’n platform wat bedoel is om die Google Translate-diens te verbeter. Vrywilligers, d.w.s. enige persoon met ’n Google-rekening, kan tot vyf tale kies waarby hulle kan help om die vertalings te verbeter. Gebruikers kan frases vertaal en ook frases wat deur ander vertaal is verifieer en nagaan. In Augustus 2016 is die “Google Crowdsource”-toepassing vrygestel wat vertaaltake aan die gebruiker voorstel.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Google Inc.Outomatiese vertaling

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AppendiksAdolf HitlerOntkiemingPaulus van TarsusChristendomBrasiliaanse nasionale rugbyspanBoet TroskieMarita NapierGebande muishondAntieke EgipteZack du PlessisErnst Otto FischerDemi Lee MooreGawes van die Heilige GeesAfghanistanKrieketMusieksimboleLys van Suider-Afrikaanse soogdiereSuurstofVolumeSteve HofmeyrMenslike skeletVarkMuskeljaatkatLys van Suid-Afrikaanse skrywersAfkortingGeelsugWikipediaLibiëMaroela MediaPornografiese subgenresWillie EsterhuizenGewone luislangKoningPiet ByleveldSkaakKinkhoesKoöperasiestoriesMondMenslike seksuele gedragMediaWikiInternetPerdPieter BiewengaDulcie van den BerghDaggaErnstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2Suid-Afrikaanse etniese groepe en kultureOpgestopte speelgoedPG du PlessisNuwe TestamentBorskankerPapegaaieKinderregteSkildklierIntensiewe vormJoodse kalenderDuitsLys van chemiese elemente volgens atoomgetalAntoniemE-regeringWeeluisHadjWiki CommonsKoedoeKolonoskopieKwaZulu-NatalLys van Griekse mitologiese figureHoofstadGalblaasHeupHartversakingSigaretRente🡆 More