Gereformeerde Kerk Randfontein

Die Gereformeerde kerk Randfontein was die oudste gemeente van die GKSA op die Wes-Randse dorp Randfontein.

Gereformeerde Kerk Randfontein
Die ou gemeente Randfontein se kerkgebou is ook die verenigde gemeente Wesrand s'n.
Gereformeerde Kerk Randfontein
Ds. I.J. van der Walt, leraar van 1955 tot 1969.

Die Gereformeerde kerk Randfontein het op 4 Junie 1950 van die Gereformeerde kerk Krugersdorp afgestig en aan die begin eredienste in die saal van die Laerskool Randfontein gehou. Vir Nagmaal het die lidmate in die plaaslike NG kerk byeengekom.

’n Kerkerf is van die stadsraad bekom, maar die kerkraad was ontevrede met die ligging daarvan en het dit vir twee beter erwe verruil. Die erf langsaan is ook gekoop. Beyers Hartman het die planne vir die nuwe kerk opgestel. Ou Mutual was bereid om ’n lening toe te staan en ’n lidmaat het ’n lening van Germiston-begrafnisondernemings bekom. Binne vier jaar van die gemeente se bestaan is die kerk opgerig en op 6 Maart 1954 het ds. C.J. van Vuuren die hoeksteen gelê. Dié gebou, in die destyds so gewilde tentstyl, is op 13 Maart 1954 ingewy.

Die binnemure is met houtpanele bedek. Maar alles het nie glad verloop nie, want die galery se eerste ry sitplekke was so laag dat lidmate wat daar gesit het, in die reling vasgekyk het. Eers ’n paar jaar later is die vloer gelig sodat die kerkgangers wat daar wou sit, oor die reling kon sien.

Op 7 Augustus 1983 het die gemeentes se noordelike wyke as die Gereformeerde kerk Randfontein-Noord afgestig en mettertyd ’n eie kerkgebou opgerig by Robinaweg 16, Greenhills. In 2005 het dié gemeente ontbind en met die Gereformeerde kerk Randfontein herenig onder die nuwe naam Wesrand. Die oorspronklike gebou dien as die verenigde gemeente se kerk.

In 1960 het Randfontein 435 en belydende en 447 dooplidmate gehad, in 1997 het die twee gemeentes se belydende lidmate saam 484 getel en die dooplidmate 171 en einde 2015 was daar 209 belydende en 36 dooplidmate in die gemeente Wesrand, vergeleke met 290 en 63 vyf jaar vantevore.

Predikante

  1. Janse Van Vuuren, Cornelius Marthinus, 1952 – 1954
  2. Van der Walt, Izak Jacobus, 1955 – 1969 (aanvaar sy emeritaat)
  3. Mulder, Arnoldus Henderikus, 1969 – 1974
  4. Smit, dr. Cornelis Johannes, 1975 – 1979
  5. Venter, Jacobus Johannes, 1980 – 1982
  6. Coetzee, Louis Johannes Jacobus, 1981 – 2003 (in kombinasie met Magaliesburg; aanvaar sy emeritaat)

Bronne

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaRandfonteinWes-Rand

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Eerste WêreldoorlogIndo-Europese taleLys van veltoestandeInligtingKolorektale kankerSpinnekopVoedselverwerkingMenslike skeletAkkedisVingerseksAardkorsMotreënSamestellende afleidingNapoleon BonaparteWes-KaapLetterlike en figuurlike taalgebruikAkuutEkonomieHokkieNeurenberg-verhoreLys van bekende Suid-AfrikanersGeslagsgelykheidNasionale VrouedagMenstruasieTaalHoofpynBiodiversiteitFinale OplossingVraag en aanbodGrondwet van Suid-AfrikaSnaarinstrumentStadHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalLys van nedersettings in Suid-AfrikaSeilvaartAfleiding (taalkunde)Pieter PieterseRacheltjie de BeerDesmond TutuRugbywêreldbeker 2023Bruto binnelandse produkLeierNierversakingEllipstekenSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989Bayer 04 LeverkusenKoolstofdioksiedSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024SonpaneelCristiano RonaldoGalblaasKongo-krisisSuikersiekteAfghanistanSoortnaamEufemismeOrganisasie sonder winsoogmerkVervoerDemokratiese Republiek die KongoHomofoonProstaatkankerMagneetAfrikaanse woordelys en spelreëlsSekondêre sektor van die ekonomieGemeenskapNoord-KaapGeslagSeisoenVrymesselaryNatuurbewaringEnergieLys van kleureLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaBosluisMikro-ekonomieDikdermOplossing (chemie)🡆 More