Geel: Kleur

Geel is die kleur wat opgewek word deur lig wat beide die L en M (lang- en medium-golflengte) keëlselle van die retina omtrent ewe veel stimuleer, maar die S (kort-golflengte) keëlselle nie beduidend stimuleer nie.

#ffff00

Dit wil sê, lig wat baie rooi en groen bevat, maar nie veel blou nie. Lig met 'n golflengte van 570–580 nanometer is geel aangesien die lig die regte mengsel van effens langer en korter golflengtes bevat. Geel se komplementêre kleur in terme van kleurvermenging (deur die gebruik van lig) is blou.

Geel: Kleurkoördinate, Variasies van geel, Komplemente van geel
Geel seilvindoktersvis (Zebrasoma flavescens)
Geel: Kleurkoördinate, Variasies van geel, Komplemente van geel
Sonneblomme (Helianthus-spesies)

Kleurkoördinate

Volgens verskeie kleurskemas word geel as volg voorgestel:

Model Koördinate
Heksadesimale kode #FFFF00
RGB-kleurmodel (255, 255, 0)
CMYK (0, 0, 100, 0)
HSV (60°, 100%, 100%)

Bron: HTML/CSS

Variasies van geel

Elektriese geel

Geel: Kleurkoördinate, Variasies van geel, Komplemente van geel 
Reflektansie spektra van geel pigmente, as 'n persentasie van wit (Abney 1891)
Geel: Kleurkoördinate, Variasies van geel, Komplemente van geel 
Die groen lyne wys verskeie moontlike pare komplementêre kleure met betrekking tot verskillende swartliggaam kleurtemperatuur neutrale. Drie voorbeelde word vertoon: 'n 580 nm geel word gekomplementeer deur 'n 435 nm indigo met betrekking tot 'n 2800 K wit; 'n 580 nm geel is komplementêr tot 'n 480 nm blou met betrekking tot 'n 5000 K wit; en 'n 475 nm geel is komplementêr tot 'n uiterste violet met betrekking tot 'n 3600 K wit.

Die kleurraampie regs-bo wys een van die mees intense geel wat in die 8-bis RGB-kleurmodel verteenwoordig kan word; geel is 'n sekondêre kleur in 'n toevoegende RGB-ruimte.

Die gemete ligspektrum van geel pieksels op 'n tipiese rekenaarskerm is kompleks, en baie anders as die reflektansiespektrum van 'n geel voorwerp soos 'n piesang.

Prosesgeel

Prosesgeel (ook bekend as pigmentgeel, drukkersgeel of kanariegeel) is een van die drie aftrekkende kleure, tesame met magenta en siaan. Die CMYK stelsel vir kleurdruk is gegrond op die gebruik van vier soorte ink, waarvan geel een kleur is. Dit is nie op sigself 'n standaardkleur nie, hoewel 'n redelik nou band geel inkte of pigmente gebruik word. Prosesgeel is gegrond op 'n kleursel wat die meeste rooi en groen lig weerkaats, en meeste blou lig absorbeer, soos gewys word in die reflektansie spektra wat in die figuur na regs vertoon word.

Omdat die eienskappe van verfpigmente verskil van die gebruiklike kleurwiele, beskou skilders tradisioneel indigo (of dan blou-violet) as die komplement van geel.

Prosesgeel is nie 'n RGB-kleur nie, daarom is daar geen vaste omskakeling van CMYK primêre kleure na RGB nie. Verskillende mengsels word gebruik vir drukkersink en daar kan dus variasies wees in die suiwer geel kleur van drukwerk.

Komplemente van geel

Hunt definieer dat "twee kleure is komplementêr as dit moontlik is om die tristimulus waardes van 'n gespesifiseerde achromatiese stimulus te reproduseer deur 'n additiewe mengsel van twee stimuli." Dit is, as twee kleure lig gemeng kan word om 'n spesifieke wit (achromatiese, nie-gekleurde) lig te produseer, is die kleure van die twee ligte komplementêr. Die definisie beperk egter nie watter weergawe wit gespesifiseer sal word nie. In die 19de eeu het die wetenskaplikes Grassmann en Helmholtz eksperimente uitgevoer waarin hulle tot die gevolgtrekking kom dit moeilik is om 'n goeie komplement vir spektrale geel te vind, maar dat die resultaat indigo was, dit wil sê, 'n golflengte wat vandag se kleurwetenskaplikes violet sou noem. Helmholtz sê "Geel en indigo-blou" is komplemente. Grassman rekonstrueer Newton se kategorie grens in terme van golflengtes en sê "Hierdie indigo val dus binne die perke van kleur waartussen, volgens Helmholtz, die komplementêre kleur van geel lê." Newton se eie kleursirkel het geel direk oorkant die grens tussen indigo en violet geplaas. Hierdie resultate, dat die komplement van geel 'n golflengte korter as 450 nm is, kan afgelei word van die moderne CIE 1931 stelsel van colorimetry as daar aangeneem word dat geel omtrent 580 nm of korter golflengte, en die gespesifiseerde wit is die kleur van 'n swartliggaamuitstraler met temperatuur 2800 K of laer is (dit is, die wit van 'n gewone gloeilamp). Meer tipies, met 'n daglig-gekleurde wit van omtrent 5000 tot 6000 K, sal die komplement van geel in die blou golflengte bereik wees, wat die standaard moderne antwoord vir die komplement van geel is.

Van geel na swart (groter afbeelding):
Geel: Kleurkoördinate, Variasies van geel, Komplemente van geel 

FFFF00
 
EEEE00
 
DDDD00
 
CCCC00
 
BBBB00
 
AAAA00
 
999900
 
888800
 
777700
 
666600
 
555500
 
444400
 
333300
 
222200
 
111100
 
000000
 

Van geel na wit (groter afbeelding):
Geel: Kleurkoördinate, Variasies van geel, Komplemente van geel 

FFFF00
 
FFFF11
 
FFFF22
 
FFFF33
 
FFFF44
 
FFFF55
 
FFFF66
 
FFFF77
 
FFFF88
 
FFFF99
 
FFFFAA
 
FFFFBB
 
FFFFCC
 
FFFFDD
 
FFFFEE
 
FFFFFF
 

Sien ook

Verwysings

Tags:

Geel KleurkoördinateGeel Variasies van geelGeel Komplemente van geelGeel Sien ookGeel VerwysingsGeelBlouGroenKleurLigNanometerOogRooi

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kasteel die Goeie HoopRina HugoCyril RamaphosaAntieke EgipteDigvormRefentse MorakeDaggaSlukdermKoöperasiestoriesAardbewingInstagramPornhubGoeie VrydagTonnels van Củ Chi21 v.C.Zack du Plessis26 MaartAkira ToriyamaByeboerderyVulkaanTropiese huisgeitjieTweede WêreldoorlogBoeberTierboskatLetterlike en figuurlike taalgebruikGoogleTurksvyAspergersindroomBoet TroskieKolonoskopieKriekKrieketIndiëVerkoueOntkiemingReënspinnekopSarah Rose KarrLys van ingelyfde NG gemeentesCobus RossouwEucalyptusSkoonma-se-tongYstervarkDagroofvoëlsAnglo-BoereoorlogToorbergPieter BiewengaJan BloukaasIdioomPoësieTikTokTolla van der MerwePlantTweede VryheidsoorlogLys van Suid-Afrikaanse skrywersSwangerskapDramaSuid-Afrikaanse InkomstediensMasturbasieApostoliese GeloofsendingAfrikaanse woordelys en spelreëlsVarkgriepZuid-Afrikaansche RepubliekBloedvergiftigingHondsdolheidTropiese sikloon🡆 More