Eufemisme

'n Eufemisme of versagting is 'n woord, sinsdeel of soms 'n hele sin waarmee iets mooier of vriendeliker voorgestel word as wat dit werklik is.

Die felheid daarvan word dus met versagtende woorde of uitdrukkings verbloem.

Eufemismes word gebruik om die negatiewe gevoel wat bedoel word te verdoesel. Woorde of woordgroepe wat as taboe gesien word, word dan vervang met iets wat meer aanvaarbaar sal wees. Met ander woorde: die gebruik van eufemismes word sterk bepaald deur die gevoelswaarde of konnotasie van ander woorde. Dit word dikwels gebruik om die volgende taboes te beskryf: die Opperwese, die duiwel, sondige aktiwiteite, die dood, terminale siektes, fisiese en geestelike afwykings, seks, die skaamdele en uitskeidingsfunksies van die liggaam.

Etimologie

Die woord "eufemisme" is afgelei vanaf Griekse ευφημειν (euphemein), wat beteken "met mooi woorde praat".

Daaglikse gebruik

Eufemismes word gebruik om onaangename sake met woorde wat nie aanstoot gee nie te beskryf. Dit word algemeen in politiek en openbare verhoudinge ingespan.

Voorbeelde:

  • Besuiniging, beteken besnoeiings weens ekonomiese toestande, ipv om te sê besparings.
  • Om oor die blommetjies en bytjies te gesels, om die eerste keer vir 'n kind van geslagsomgang te vertel.
  • E-posbemarking, beteken gewoonlik die grootskaalse verspreiding van SPAM.
  • Etniese suiwering, in plaas van die grootskaalse uitmoor van 'n bevolkingsgroep (volksmoord).
  • Gehoorgestoord, as doof bedoel word.
  • Hardhandige ondervraging, as marteling bedoel word.
  • Heengaan, as bedoel word dat die persoon dood is.
  • Herorganisasie, wanneer daar van massa afleggings sprake is.
  • Die houtjas aantrek, sterwe.
  • Huispersoneel of algemene assistent gebruik vir 'n huishulp of die ouer "bediende".
  • Lang vingers, as na steel verwys word.
  • Ongewenste besoek, wanneer inbraak bedoel word.
  • Prysaanpassing, beteken meestal dat die prys styg, dus prysverhoging.
  • Regstellende aksie, as rasvoorkeur of diskriminasie bedoel word.
  • Ruskamer, eerder as om van 'n toilet te praat.
  • Sekswerker, vir 'n prostituut of hoer.
  • Stille diplomasie, as goedkeuring en ratifikasie van ongewensde beleid bedoel word.
  • Straatkuns in stede van graffiti.
  • Tussen betrekkings klink beter as werkloos.
  • Transformasie, as rewolusie of omverwerping van die huidige bestel bedoel word.
  • Uitsit klink beter as om 'n dier van kant te maak.
  • Visueel gestrem, as blind bedoel word.
  • Woefkardoes of brakkiesakkie, om van oorskietkos te praat na 'n ete.

Sien ook

  • Disfemisme, as iets doelbewus kras gestel word.
  • Geringstelling, wanneer iets om ironiese redes sagter gestel word as wat dit werklik is.

Tags:

Woord

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HartaanvalE-posLys van kinderspeletjiesAnale seksKoorsPersoonlikheidWiki CommonsDrie SusterskerkeMuishondPublieke domeinOntkiemingSenuweestelselHeilige SaterdagTropiese sikloonWaarheid-en-versoeningskommissieOnderwysMediaWikiSamestellende afleidingDroomLeeuGNU-lisensie vir vrye dokumentasieGeografie van Suid-AfrikaSuider-AfrikaHekseryLys van Suider-Afrikaanse soogdiereDemensieYouTubeInternetTurksvyDeon MeyerLys van Afrikaanse televisiereekseAardeBorsbeenSuid-Afrikaanse InkomstediensFritz HaberSemenEerste WêreldoorlogHoofpynTobie CronjéPtolemeusKameelperdJannie du ToitCristiano RonaldoBloutongsiekteMoslemAppel (sanger)SwartbewussynsbewegingWoordeboek van die Afrikaanse TaalIdioomLuiperdVoorsetselVier temperamenteKnopiespinnekopDigvormBosluisbytkoorsHadjSesnasies-toernooiAdolf HitlerSkrikkeljaarLys van nedersettings in Suid-AfrikaOrganometaalchemieWeeluisAsmaKlankverskynselsOraniaSelfie🡆 More