Durbanville

Durbanville is 'n voorstad (of dorp) geleë in die Wes-Kaap en grens aan Bellville.

Durbanville
NG Kerk Durbanville
NG Kerk Durbanville
Durbanville is in Wes-Kaap
Durbanville
Durbanville
Durbanville Durbanville se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 33°49′57″S 18°38′51″O / 33.83250°S 18.64750°O / -33.83250; 18.64750 18°38′51″O / 33.83250°S 18.64750°O / -33.83250; 18.64750
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
MunisipaliteitStad Kaapstad
Stigting1825
Oppervlak
 • Totaal27,41 km2 (10,58 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal54 286
 • Digtheid1 981/km2 (5 130/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense82.2%
 • Indiërs/Asiërs1.0%
 • Bruin mense10.1%
 • Swart mense5.5%
 • Ander1.2%
Taal (2011)
 • Afrikaans 58.9%
 • Engels 37.2%
 • Ander 3.8%
Poskode (strate)
7550
Skakelkode021

Durbanville was met sy natuurlike varswaterfontein en baie koeltebome 'n oornagplek vir reisigers van Kaapstad na die noorde. Hul afklimplek was by Pampoenkraal (soos die plaas aanvanklik bekend was).

Geskiedenis

Durbanville 
Die NG gemeente Durbanville se kerkgebou in 1917.

Die VOC het in 1683 'n veepos by Vissershok (genoem na ene Hendrik Visser) aangelê. Hy het dit ontwikkel tot 'n belangrike veeplaas wat koring, vee en pluimvee aan die goewerneur voorsien het. Daardie tyd het plase soos Diemersdal, Fisantekraal, Eversdal en Mosselbank ook ontwikkel.

Op 23 September 1824 het elf boere van die Tygerbergstreek met die hulp van die landdros van die Kaapse distrik, J.W. Stoll, ’n versoekskrif gerig aan goewerneur lord Charles Somerset om hul eie kerk te bou. Dit is toegestaan en die kerk is op 6 Augustus 1826 ingewy. Tussen die kerkgebou (bedehuis) en die fontein het die Pampoenkraalnedersetting ontwikkel. Die gemeente was bekend as die “Tijgerbergse gemeente.”

Op die kerkraadsvergadering van 26 Januarie 1836 het ds J.J. Beck daarop gewys dat die ontwikkelende dorpie ’n naam gegee moet word. Die kerkraad besluit toe om na afloop van die eerskomende Sondag se erediens op 31 Januarie 1836 ’n beraad daaroor te hou. Daardie vergadering het toe op die naam D’Urban besluit, genoem na Sir Benjamin D'Urban, wat van 1834 tot 1838 die Kaapse Goewerneur was.

Sir Benjamin het die versoek toegestaan en vanaf 2 September 1836 het die bekend gestaan as D’Urban. Kort daarna is daar ook na die gemeente verwys as die Gemeente D’Urban. Ten einde die verwarring met Durban in Natal uit te skakel, het die Kaapse Sinode van 1886 besluit dat die gemeente voortaan as Durbanville bekend sou staan, en gevolglik het die dorp ook Durbanville geword.

Op die hoek van Voortrekker- en Durbanweg in Bellville is 'n mylklip met die Romeinse syfer 12 wat herinner dat Bellville (eers genoem Durbanweg-stasie) die wegdraaiplek was vanaf die hoofspoorlyn tussen Kaapstad en Somerset-Strand na Durbanville.

Rust-en-Vrede is 'n historiese baken in Durbanville. Dit dateer uit 1840–50 en is aanvanklik gebou as polisiekantoor en tronk. In 1856 is dit na landdroskantore verander en later verkoop en in wooneenhede omskep voor die munisipaliteit dit in die vroeë tagtigs teruggekoop het. In 1984 is dit tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

Kultuur

Woongebiede

  • Alphen Rise (Woongebied)
  • Amanda Glen (Woongebied)
  • Aurora (Woongebied)
  • Aurora Estate (Woongebied)
  • Avalon Estate (Woongebied)
  • Avenue Heights (Woongebied)
  • Bergsig (Woongebied)
  • Brentwood Park (Woongebied)
  • Durban Villas (Woongebied)
  • D'urbanvale (Woongebied)
  • Durbanville Country Estate (Woongebied)
  • Durbanville Hills (Woongebied)
  • Durbanville Industria (Industrieel)
  • Durbanville Meadows (Woongebied)
  • Durbell (Woongebied)
  • Durmonte (Woongebied)
  • East Rock (Woongebied)
  • Everglen (Woongebied)
  • Eversdal Heights (Woongebied)
  • Fairtrees (Woongebied)
  • Fisantekraal (Woongebied)
  • Goedemoed (Woongebied)
  • Graanendal (Woongebied)
  • Langeberg Hills (Woongebied)
  • Langeberg Village (Woongebied)
  • Morgenster (Woongebied)
  • Nerina (Woongebied)
  • O'kennedyville (Woongebied)
  • Onze Molen (Woongebied)
  • Parkview village (Woongebied)
  • Pinehurst (Woongebied)
  • Proteaville East (Woongebied)
  • Protea Heights (Woongebied)
  • Schoongezicht (Woongebied)
  • Sonsig (Woongebied)
  • Sonstraal (Woongebied)
  • Sonstraal Heights (Woongebied)
  • Tara (Woongebied)
  • The Crest (Woongebied)
  • Uitzicht (Woongebied)
  • Valmary Park (Woongebied)
  • Vergesig (Woongebied)
  • Vierlanden (Woongebied)
  • Vygeboom (Woongebied)
  • Welgevonden Estate (Woongebied)

Wapen

Durbanville se munisipale raad het in 1948 'n wapen aangeneem. Dit is in 1981 by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In goud, 'n swart keper belaai met drie goue gerwe, vergesel in die skildhoof van twee swart sespuntige sterre en in die skildvoet van 'n druiwetros van natuurlike kleur. Die helmteken was 'n rooi sfinks belaai met drie goue ringe, en die wapenspreuk "Sit nomine digna". Ivan Mitford-Barberton en H. Ellis Tomlinson het die wapen ontwerp. Dit is op sir Benjamin D'Urban s'n gebaseer.

Sien ook

Verwysings


Durbanville 

Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Tuinroete | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Tuinroete | Weskus | Witzenberg

Tags:

Durbanville GeskiedenisDurbanville KultuurDurbanville WoongebiedeDurbanville WapenDurbanville Sien ookDurbanville VerwysingsDurbanvilleBellvilleDorpVoorstadWes-Kaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KarakteriseringApostelVaalrivierAtlantiese OseaanGlasLys van Afrikaanse skrywersWinterDie GelofteAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeWerkwoordPlae van EgipteNeurenberg-verhoreGodRobert SobukweErosietipesVarkMeervoudOnse VaderGeografie van Suid-AfrikaNommertekenKonsentrasiekampNaboomKewerAfrikaanse WikipediaSelfoonAt BothaTsoenamiHoofstadNederlandsMarkenAluminiumKommunikasieGriekse mitologieTussenwerpselMondWortelSaartjie BaartmanOrthopteraRugby, WarwickshireSwemRandall WicombWayback MachineVerdampingNylrivier (Suid-Afrika)Geskiedenis van die Verenigde State van AmerikaAkroniemHartHemelvaartVerenigde State van AmerikaLeierTekstielDonderstormCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaOligopolieBraaiGeslagsregister vanaf Adam tot JesusJan de WetKriekVreesVerfSeekoeiEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaNicola HanekomHeupKongo-krisisPrimêre sektor van die ekonomieSias ReineckeEmfiseemKlein-KarooAppel (sanger)DieregeluideVerkoueAppelAssonansieBeeldspraakHeuningGalileo Galilei🡆 More