Deon Groot: Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer

Deon Groot, alias Deon Laubscher, gebore in Omaruru, Namibië, is 'n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer.

Hy is veral bekend vir sy Afrikaanse liedjies wat in 2016 deur die platemaatskappy Sony Musiek uitgereik is. Gee my oor, Bietjie, Lepellê, As ek net jou man kon wees en Is die koeël deur die kerk was onder andere landswye treffers. Verdere treffers met die Universal Musiekgroep in 2019 was met liedjies soos “Wyn", "Hemelpoorte", "toonstoot", "Los", "Ek Sweer” en “Prikkel”. In 2023 sluit Deon aan by die Vonk Musiek Groep en bring uit die die treffers "die Een" en "o'lyfie".

Deon Groot
GeboortenaamDeon Laubscher
GeboreOmaruru, Namibië
GenresAfrikaans
Beroep(e)Sanger, Liedjieskrywer
Jare aktief2007 - nou

Biografie

In 1994 het sy ouers na Alexanderbaai, Noord-Kaap, verhuis waar Deon ook gematrikuleer het. Na sy studies in Kaapstad by die Kaapse Technikon, het Deon as 'n diamanthanteerder gewerk op die Alexkor Diamantmyn en later na Pretoria verhuis vir 'n beter werksgeleentheid waar hy onder meer vir die Protea Coin Sekerheidsgroep, Denel Land Systems, DHL en Imperial Logistics as risikobestuurder gewerk het.  

Loopbaan

In 2007 het Deon se musiekloopbaan begin toe hy 'n karaokekompetisie gewen het in Centurion, Gauteng, waar hy steeds tot hede woon. Sedertdien het hy aan talle geleenthede deelgeneem om homself as kunstenaar te vestig in die musiekbedryf. In 2014 het Deon sy eerste twee opnames gedoen, Muskeljaatkat en Rooikappie. Met 'n terugslag in 'n persoonlike verhouding gebruik Deon sy musiek om 'n boodskap van hoop oor te bring na sy gehore en wil die boodskap tuisbring dat mens altyd weer moet opstaan en weer 'n uitdaging moet aanpak. Die lied, 400 voet van oor begin, is geskryf om boere in droogte hoop te gee, in samewerking met Adam Tas en is vrygestel op die album: Manna vir die Boere.

In 2017 stel Deon 'n album vry in samewerking met Sony Musiek Suid-Afrika en die daaropvolgende jaar het hy aan sy eerste groot optrede, Krone 4, deelgeneem asook ander nasionale kunstefeeste onder andere: Klein Karoo Nasionale Kunstefees, Innibos fees en die Luister fm fees.

In 2019 het hy in samewerking met Universal Musiek die album, Deon Groot, vrygestel wat meer aan sy identiteit en missie gekoppel is om luisteraars te inspireer. Die album was vir 'n Bokkie-toekenning benoem en Deon het ook tydens hierdie geleentheid opgetree.

Groot se lirieke is geskoei op moderne country met 'n Namakwalandse ondertoon wat hy met 'n popmusiek klank kombineer. Groot het al verskeie televisie optredes onderneem, onder andere: Emo Adams se televisieprogram, Jou Show, kykNET se musiekprogram, Juke Box, die ontbytprogram op SABC, Exspresso, die geselsprogram op SABC 2, Pasella, die geselsprogram op kykNET, Toks en Tjops, SABC se program, Kliphard en Klink soos Naweek op die Via-kanaal. In 2018 het Deon 'n kontrak geteken om saam met Universal Musiek Suid-Afrika te werk en het ook die treffer, Wyn, onder hierdie platemaatskappy in 2019 vrygestel.  

Bronnelys

Tags:

2016NamibiëOmaruru

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TuisbladSeksualiteitToringBynierKrygkorSkaakLys van Suider-Afrikaanse soogdiereKarooMark (ekonomie)Migrasie van voëlsMaatskaplike verantwoordelikheidKorrupsieDiarreeMaselsVrymesselaryBank (finansiële instelling)MetafoorTandbederfKolonoskopieMenseregteAntisemitismeDokterSeegolfGeestesteuringWaterkringloopGreen PornoAfrikaanse woordelys en spelreëlsKasteel die Goeie HoopKoperSkildklierSteve BikoWaatlemoenKappie (skryfteken)BlourokkeSoogdierTydMeningsverskil oor aardverwarmingDriedimensioneelVars waterMosambiekImpakte van toerismeDuitse maselsTaalPad na jou hartKatoenDruiweNatuurbewaringGrondwetSnaarinstrumentDiepaartrombosePerdebyeNamakwalandEkotoerismeLeeuFiksieSeksuele penetrasieMielieSosiale mediaBaälHeks van HexrivierBywoordWaterpokkiesKaliumEuropaHondeklipbaaiMuishondVerenigde KoninkrykSonkragMuskietSportMotorvoertuigHondChristendomMaagsweerLys van chemiese elemente volgens atoomgetalFotosinteseNarsisme🡆 More