Danie Du Toit: Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer

Daniël Stephanus Rudolph du Toit, alias Reënwolf, gebore 5 Oktober 1992, is 'n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer en deel van die groep Spoegwolf.

Hy is ook mede-eienaar van die restaurant Drum in Stellenbosch, waaruit die produk Drum Loud Coffee en ander projekte ook spruit. Du Toit is mede-kurator en mede-stigter van die aanlynplatform, Die River, waar Suid-Afrikaanse kunstenaars inspirasie kan put en samewerking bewerkstellig. Hy is die regisseur en vervaardiger van die aanlynprogram Middernag met Marguerite. Behalwe vir musiek en skryfkuns, is Du Toit ook 'n entrepreneur wat help met die vervaardiging en verspreiding van die restaurant se unieke produkte, Drumfood Holdings (Edms.) Bpk., en stigter van die maatskappy The Astronomy Wine Company waar unieke wyne gebottel word en plaaslik en internasionaal versprei word.

Danie du Toit
GeboortenaamDaniël Stephanus Rudolph du Toit
Gebore5 Oktober 1992 (1992-10-05) (31 jaar oud)
Beroep(e)Sanger, digter
Instrumentekitaar, klavier
Jare aktief~2007 - nou
AssosiasiesDrum Restaurant
Webwerfwww.spoegwolf.com

Opleiding

Nadat Du Toit matrikuleer het aan Hoër Jongenskool Paarl in 2010 het hy sy tersiêre studies voortgesit aan die Universiteit Stellenbosch. In 2013 behaal hy 'n BA-graad in Taal en Kultuur en die daaropvolgende jaar sy honneursgraad (cum laude) in Geskiedenis met sy skripsie wat die rol van vroue in Suid-Afrika beskryf en die misplaasde posisie van plaaswerkers in die Suid-Afrikaanse wynbedryf - in 2016 verwerf hy sy meestersgraad. Tydens sy studies het hy ook deeltyds gehelp om onder andere opstelle te merk vir Geskiedenis, as studiementor aan tweedejaarstudente akademiese leiding te gee en in 2016 en 2017 was hy ook 'n deeltydse dosent aan die Universiteit Stellenbosch. Du Toit het tydens sy studies verskeie beurse ontvang, onder andere: die HB Thom-beurs (2015), die Merietebeurs (2015), die Claude Harris Leon Stigtingsbeurs (2014) en was op die kortlys vir die Rhodesbeurs (2016). In 2014 word hy as spreker genooi na die La Rochelle Meisieshoërskool om die gehoor oor leierskap en sosiale interaksie toe te spreek.

Musiek

In 2015 doen hy 'n aanbieding by ATKV se Crescendo Liedjieslypskool en van 2015 tot 2016 was Du Toit die aanbieder van die liedjieskryfwerkswinkels in Mitchells Plain, Kimberley en Potchefstroom. In 2016 spreek Du Toit skole in Worcester toe, onder die vaandel van ATKV, asook by Hoër Jongenskool Paarl, beide geleenthede oor die onderwerp: leierskap. Sedert 2012 tot 2015 was Du Toit betrokke by die Universiteit van Stellenbosch se jaarlikse studentesangkompetisie (sêr), waar hy baie van die liedjies self geskryf het en die voorsang hanteer het. Du Toit is ook medestigter, liedjieskrywer, sanger en kitaarspeler van die groep, Ysterkoei, wat die Suid-Afrikaanse battle of the bands (Rockspaaider) in 2007 gewen het. Du Toit het die musiek vir die film Liewe Lisa geskryf asook die temalied vir die film Stroomop. Du Toit is ook medestigter van die maatskappy, Spoegwolf Recording Studios en het die temalied vir die televisiereeks Sterlopers gekomponeer. Sedert 2005 tot vandag is hy deel van Strooidak, 'n kerkmusiekgroep. Du Toit se liedjie, Lenie Blou, het tweede plek behaal op die MK Top Tien. Dié liedjie het teen Junie 2020 meer as 113 000 kyke op YouTube gehad. In 2016 het die groep saam met ander gewilde muskiekgroepe op die televisieprogram op SABC3 se Jam Sandwich verskyn. Du Toit het saam met Niel van Deventer aan die vervaardiging, skryf en regie van die televisiereeks, Moskou se Kombuis, gewerk wat op die Via-kanaal uitgesaai is - Moskou is Du Toit se broer wat die sjef in die Drum-restaurant se kombuis is en ook een van die lede van Spoegwolf. Vir 'n volgende televisieprogram, Spoegwolf Soek Nuwe Bloed, het Du Toit weer saam met Neil van Deventer gewerk waar die musiekgroep deur Suid-Afrika getoer het opsoek na 'n nuwe talentvolle kunstenaar om by die groep aan te sluit.

Skryf

As gevolg van die feit dat skryf 'n integrale deel vorm van geskiedenis en sy liefde vir musiek, het Du Toit se skryftalent oorgevloei na liedjieskryf, kortverhale en gedigte. Sy skryftalent het hy reeds op hoërskool ontgin toe hy redakteur van sy skoolkoerant was. Op universiteitsvlak het hy vertalingswerk vir die Geskiedenisfakulteit gedoen en in 2016 is een van sy gedigte, Ster-kyker deur LAPA Uitgewers in 'n digbundel gepubliseer. 'n Artikel van hom is in 2014 in die Franschhoek Style tydskrif gepubliseer: Die impak van vroue in die Suid-Afrikaanse wynbedryf. In 2020 is sy digbundel Warmer Voor die Tuimeldroër gepubliseer.

Toekennings

  • Wenners (Spoegwolf) van die MK MVP (Musiekvideo Projek) waar R50 000 aan die groep toegeken is om 'n musiekvideo te maak. Op dié manier het die groep die liedjie Somersetwes verfilm, wat vandag steeds op televisie verskyn.
  • Die groep, Spoegwolf, is genomineer vir Beste Nuweling by die MK-Toekennings. (2013)
  • Ghoema-musiektoekenning: Beste Alternatiewe Album, met die album Somer (2016).

Persoonlike lewe

Du Toit was in April 2018 aan die aktrise Marguerite van Eeden verloof.

Hy het in April 2022 getrou met Melissa Bradshaw in die Paarl.

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Tags:

Danie Du Toit OpleidingDanie Du Toit MusiekDanie Du Toit SkryfDanie Du Toit ToekenningsDanie Du Toit Persoonlike leweDanie Du Toit VerwysingsDanie Du Toit BronnelysDanie Du Toit Eksterne skakelsDanie Du Toit19925 OktoberSpoegwolfStellenbosch

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wiskundige terminologieKoppeltekenBayer 04 LeverkusenMenstruasieTrappe van vergelykingKommunismeNasionale PartyPakistanJaco JacobsJan van TonderVoegwoordKraaiWes-Germaanse taleSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994JeuksiekteVlekvrye staalKapitalismeCyril RamaphosaOrthopteraAarverkalkingHarry Herbert CrosbyWolkVerstedelikingMenslike seksuele gedragChemiese elementOnse VaderYouTubeIslamLys van medisinale kruieOnderwerp (taalkunde)WortelGrondwetNieu-SeelandJapanAfrikaanse taalleerKaapse florarykGrondwaterFibonacci-reeksLys van Suid-Afrikaanse opposisieleiersAnrich HerbstMadison IvyBateKarpaletonnelsindroomKontrasLyfstraf in skoleKultuurAfrikaanse WikipediaOlimpiese Somerspele 2024SteenkoolProteaKoerantAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidDemokratiese Republiek die KongoSuider-AfrikaSuikersiektePornografiese akteurErfenisPolitieke partyTarentaleKongo-krisisToerismeSelfbeeldBaardskeerder-spinnekopKorrupsieKatIndustriële RevolusieLys van elemente volgens simboolAkuutKlimaatveranderingVaginale kankerAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeKoringGoogleSnaarinstrument🡆 More