Biljoen: 10 tot die mag 12

’n Biljoen is in Afrikaans en die meeste Europese lande tien tot die mag 12, dus 1 000 000 000 000 of 1012.

Dit is ’n miljoen tot die 2de mag, vandaar die naam (bi is twee in Latyn).

Biljoen: 10 tot die mag 12
’n Duitse banknoot van 5 biljoen mark uit 1923.

Die SI-voorvoegsel vir ’n biljoen is tera, afgekort as T. Voorbeeld: 1 TG = 1 teragreep (terabyte) = 1 biljoen grepe.

Die huidige Britse en Amerikaanse Engelse woord billion het ’n ander betekenis. Dit is wat in Afrikaans ’n miljard genoem word, dus 1 000 miljoen of 1 000 000 000 (109). ’n Biljoen is in Engels trillion (1 000 × 1 0003). Die rede vir die verskil in die name is omdat twee verskillende stelsels, die kort en die lang skaalverdeling, in verskillende dele van die wêreld gebruik word. In Afrikaans word die "lang skaal" gebruik en in Engels die "kort skaal". (Kyk by kort en lang skaalverdeling vir ’n verskil tussen die twee stelsels.) Die historiese definisie van die Britse Engelse woord billion het die lang skaalverdeling gebruik.

Die ontbinding van 1 biljoen in priemfaktore is: 1 000 000 000 000 = 212 × 512

Interessante feite

  • ’n Biljoen sekondes duur ongeveer 31 690 jaar.
  • ’n Biljoenêr is iemand met ’n betaalvermoë van minstens 1 biljoen munteenhede en ’n multibiljoenêr is iemand wat meer as 2 biljoen munteenhede besit.
  • Die Andromeda-sterrestelsel, die naaste spiraalsterrestelsel aan die Aarde, het sowat 1 biljoen sterre.

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

AfrikaansEuropaLatynMagsverheffing

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Anglo-BoereoorlogVersoeningsdagJode in Suid-AfrikaMenstruasieMotorvoertuigWoordGeskiedenis van die BoererepubliekeAnglisismeKrokodilEreksieWet op BevolkingsregistrasiePubiese hareHartSneeuNamibiëNicole StraussKindermishandelingKankerGedigAfrikanerweerstandsbewegingOorstromingGroot TrekPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaVlagterminologieLWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaWillie JoubertParasitiese siektesNederlandNatuurAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomePenisHerfsVoegwoordWaterPussy RiotSonkragAngina pectorisSeksueel oordraagbare infeksieJacques LootsFacebookGeldIngenieursweseWatersuiweringEugenetikaSharpeville-slagtingNapoleon BonaparteWithaaiSaartjie BaartmanDansPlae van EgipteBreinvliesontstekingHibernasieUKhahlamba-DrakensbergparkNarsistiese persoonlikheidsteuringAfkortingSelfkonsepHoenderHondeklipbaaiBlourokkeAardverwarmingLys van Suid-Afrikaanse musikanteInnes en Franna BenadéAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidGeboorteVryheidsdagSkuinsstreepNelson MandelaWêreld- Ekonomiese ForumInentingErosieNasionalismeDuitse maselsWet op Bantoe-onderwysWet op Naturellengrond🡆 More