Matt Damon

Matt Damon (* 8 Oktober 1970-) is 'n Amerikaanse akteur, skrywer en filantroop wie se loopbaan afgeskop het met die sukses van die rolprent Good Will Hunting, van 'n draaiboek wat hy saam met sy vriend Ben Affleck geskryf het.

Vir hierdie werk het die paar die Academy-prys vir die skryf van 'n oorspronklike draaiboek en die Golden Globe-prys vir die beste draaiboek ontvang. Damon het ook talle nominasies vir beste akteur vir sy hoofvertolking vir hierdie rolprent ingehark.

Matt Damon
'n Promosiefoto van Matt Damon.
Damon op promosie vir The Bourne Ultimatum. September 2007.

Geboortenaam Matthew Paige Damon
Geboorte 8 Oktober 1970 (1970-10-08) (53 jaar oud)
Cambridge, MA (VSA)
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Akteur, draaiboekskrywer, vervaardiger
Rolprente Saving Private Ryan, The Bourne Identity
Toekennings Oscar & Golden Globe vir Good Will Hunting
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Damon het voortgegaan om in rolprente soos Saving Private Ryan, The Talented Mr. Ripley, die Ocean's-trilogie, die Bourne-reeks, Syriana, The Good Shepherd en The Departed te speel. Hy het verskeie toekenningsnominasies vir sy rolprentverskynings ontvang en is in 2007 met 'n ster op die Hollywood Walk of Fame vereer. Damon is een van die top vyf-en-dertig hoogs besoldigde akteurs in die aangetekende menslike geskiedenis. Hy is in 2007 deur People-tydskrif die titel Sexiest Man Alive (Afrikaans: aantreklikste lewendie man) toegeken.

Damon is aktief betrokke by liefdadigheidsorganisasies, insluitende by die ONE-veldtog en die H2O Afrika-stigting. Damon het twee dogters, Isabella en Gia, by sy vrou Luciana Bozán Barroso, asook 'n stiefdogter, Alexia, van Barroso se vorige huwelik.

Vroeër lewe

Matt Damon 
Matt Damon in 2015.

Matthew Paige Damon is op 8 Oktober 1970 in Cambridge in Massachusetts gebore. Hy is die seun van Kent Telfer Damon, 'n aandelemakelaar en Nancy Carlsson-Paige, 'n professor aan die Universiteit van Lesley. Sy vader is van Skotse en Engelse afkoms, terwyl sy moeder van Finse en Sweedse voorvaders is. Sy broer, Kyle, is 'n begaafde beeldhouer en kunstenaar in eie reg. Hy en sy gesin het na Newton getrek en vir twee jaar daar gewoon. Nadat sy ouers geskei is, het Damon en sy broer saam met hul ma na Cambridge teruggekeer, waar hulle 'n huis met ses gesinne gedeel het. Damon het naby die akteur Ben Affleck opgegroei, met wie hy sedert sy kinderjare bevriend is.

Keur van filmografie

  • 1996: Courage Under Fire
  • 1997: The Rainmaker
  • 1997: Good Will Hunting
  • 1998: Saving Private Ryan
  • 1999: The Talented Mr. Ripley
  • 2001: Ocean's Eleven
  • 2002: The Bourne Identity
  • 2004: The Bourne Supremacy
  • 2004: Ocean's Twelve
  • 2005: Syriana
  • 2005: The Brothers Grimm
  • 2006: The Departed
  • 2007: The Bourne Ultimatum
  • 2007: Ocean's Thirteen
  • 2009: Invictus
  • 2009: The Informant!
  • 2010: True Grit
  • 2010: Hereafter
  • 2011: The Adjustment Bureau
  • 2011: Contagion
  • 2011: We Bought a Zoo
  • 2013: Behind the Candelabra
  • 2013: Elysium
  • 2014: Interstellar
  • 2015: The Martian
  • 2016: Jason Bourne
  • 2019: Ford v. Ferrari

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Matt Damon Vroeër leweMatt Damon Keur van filmografieMatt Damon VerwysingsMatt Damon Eksterne skakelsMatt Damon19708 OktoberAcademy AwardAkteurAmerikaanseBen AffleckFilantroopGolden GlobeSkrywer

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MetaalDiarreePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaBipolêre gemoedsteuringAdolf HitlerLeeudoringstad-spoorwegrampWeervoorspellingStadMigrasie van voëlsDermpoliepLetterkundeAlliterasie7de LaanFacebookSeisoenTafelbergKrokodilDomkragJodeWelwitschiaGroepsdrukPerdBywoordVersoeningsdagRacheltjie de BeerSatellietfotoOntbossingUnited Democratic FrontNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyVerbondsarkMielieVoëlDuitse maselsInvloed van vigs op die ekonomieAardbewingRomanGrondsoorteMenseregteSomerTamatieAngssteuringRenosterSelSenuweestelselDonkieGrondwetKimberleyHulpwerkwoordAsemhalingLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaIngenieursweseKaapstadNapoleon BonaparteWitbloedselJo BlackHartaanvalCristiano RonaldoNetbalVolhoubare ontwikkelingMenseregtedagSwart menseRepubliek die KongoRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Nelson MandelaSeksOmgewingsbeheerKlein-KarooJeanette FerreiraElon MuskBlourokkeDokterWaterbesoedelingKoorsblaarToerismeJeuksiekte🡆 More