Europese Unie: Internasionale organisasie van 27 Europese lande

Die Europese Unie (EU) is 'n internasionale organisasie van 27 Europese lande met politiese, ekonomiese en geregtelike samewerkingsooreenkomste.

Die EU is in 1992 gestig deur die Verdrag van die Europese Unie (ook bekend as die Verdrag van Maastricht) en is die de facto opvolger van die ses-ledige Europese Ekonomiese Gemeenskap wat in 1957 gestig is.

Europese Unie
Vlag van Europa Kenteken van Europa
Vlag Kenteken
Nasionale leuse: Unita in Diversitate
(Latyn vir: "In verskeidenheid verenig")
Volkslied: Europese volkslied
(Afrikaans: "Lofsang aan die vreugde")
Ligging van Europa
Hoofstad Vlag van België Brussel (de facto)

50°51′N 4°21′O / 50.850°N 4.350°O / 50.850; 4.350

Grootste stad Vlag van Frankryk Parys
Amptelike tale Bulgaars, Deens, Duits,
Engels, Estnies, Fins,
Frans, Grieks, Hongaars,
Italiaans, Iers, Kroaties,
Lets, Litaus, Maltees,
Nederlands, Pools, Portugees,
Roemeens, Slowaaks, Sloweens,
Spaans, Sweeds, Tsjeggies
Regering
• Europese Kommissie-president
• Europese Raad-president
Polities-ekonomiese unie
Ursula von der Leyen
Charles Michel
Onafhanklikheid
Vorming
• Verdrag van Rome
Verdrag van Maastricht


1 Januarie 1958
1 November 1993
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
4 479 968 km2  (7de(a))
1 729 725 myl2
3,08
Bevolking
 - 2017-skatting
 - Digtheid
 
510 284 430 (3de(a))
113,9 / km2 (-)
295 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$20 745 miljard (2de(a))
$40 610 (18de(a))

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$16 970 miljard (2de(a))
$32 348 (15de(a))

MOI (2017) Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande 0,874 (13de/29ste(a))  –  baie hoog
Gini (2015) 31(16de(a)) –  medium
Geldeenheid Euro (€); 9 ander (EUR; Eurosone)
Tydsone
 - Somertyd
WET, MET, OET(b) (UTC±0, +1, +2)
WEST, MEST, OEST (UTC+1, +2, +3)
Internet-TLD .eu(c)
Skakelkode +
(a) Indien beskou as 'n enkele entiteit.
(b) Uitsluitend oorsese gebiede.
(c) .eu verteenwoordig die hele EU; lidlande het ook hul eie TLDs.
Portaal Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande Europa
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande
Spesiale gebiede van die lidlande van die Europese Unie:

   Europese Unie

   Afhanklike gebiede

   Oorsese gebiede

Die EU is die grootste ekonomiese eenheid en een van die grootste politieke eenhede in die wêreld met 510 miljoen inwoners en 'n nominale BBP (Bruto binnelandse produk) van €14,9 ($17,0) biljoen in 2017. Die Unie is ook 'n enkelmark met 'n gemeenskaplike handelsooreenkoms, 'n gemeenskaplike landboukundige en vissery-ooreenkoms en 'n streeksooreenkoms om armoedige streke by te staan. Die EU het ook die Euro as gemeenskaplike geldeenheid voorgestel, wat deur 20 lede aanvaar is.

Burgers van EU-lidmaatlande is ook burgers van die Europese Unie. Dit beteken dat hulle in ander lidlande kan werk, woon, reis en belê, alhoewel daar sommige beperkings is rakende nuwe lede. Paspoortbeheer by die grense van die meeste lidlande is deur die Schengen-ooreenkoms afgeskaf. Die Verenigde Koninkryk het op 31 Januarie 2020 die eerste lidstaat geword wat die EU verlaat.

Die hoofstede van die Europese Unie is Brussel in België, Luxemburg (stad) in Luxemburg en Straatsburg in Frankryk. Die Europese Unie het tans 24 amptelike tale.

Geskiedenis

Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande 
Ratifikasie van die Grondwet vir Europa:

   Ja – Deel van die toetreding onderhandel

   Ja – Parlement

   Ja – Referendum

   Nee – Referendum

   Referendum gekanselleer

   Parlement gekanselleer

Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande 
Ratifikasie vooruitgang van die Verdrag van Lissabon in die Europese Unie.

Die idee het reeds tydens die Tweede Wêreldoorlog pos gevat dat Europese integrasie die enigste manier was om af te reken met die vergaande nasionalisme wat die kontinent tot dan toe geteister het. In 1943 het die regerings van Nederland, België en Luxemburg in ballingskap in Londen die Benelux gestig. Frankryk wou aanvanklik ook aansluit maar die Franse regering het die voorwaarde gestel dat die Verenigde Koninkryk ook lid sou word, maar hulle het geweier.

Verdrag van Parys: die EGKS

Ná die oorlog het die geallieerde lande Duitsland se vervaardiging van kole en staal aanvanklik beperk omdat hulle 'n nuwe Duitse bewapening as 'n gevaar gesien het. Dit het nogtans ook die ekonomiese herstel van die kontinent verhinder. In Frankryk het mense soos Jean Monnet en Robert Schuman Europese integrasie as 'n oplossing van hierdie probleem gesien. In Duitsland het hulle van Konrad Adenauer steun gekry en in Italië van Alcide De Gasperi. Robert Schuman het in 'n toespraak in 1950 die sogenaamde Schumanplan aangebied, waarin die mag oor vervaardiging van kole en staal aan 'n supranasionale outoriteit bo die nasionale owerhede afgegee sou word. 'n Jaar later is die Europese Gemeenskap vir Kole en Staal (EGKS) opgerig deur ondertekening van die Verdrag van Parys deur België, Frankryk, Italië, Luxemburg, Nederland en Wes-Duitsland.

Verdrag van Rome: die EEG

Die EGKS het so suksesvol geblyk dat in 1957 tot verdere integrasie besluit is. Die Verdrag van Rome, ondergeteken deur dieselfde ses lande, het die Euratom en die Europese Ekonomiese Gemeenskap opgerig. In 1967 is die drie organisasies deur ondertekening van die Fusieverdrag saamgevoeg, waarna hulle verder gewerk het onder die naam Europese Gemeenskappe (EG). Dit het gelei tot die oprigting van die Europese Kommissie, die Europese Raad en die Europese Parlement. Die EEG was baie suksesvol en die ekonomie van die ses het gegroei. Ander lande is in 1957 genooi om ook deel te neem, maar die Verenigde Koninkryk het opnuut geweier en het in 1960 as alternatief 'n eie organisasie opgerig, die EFTA, wat net op vryhandel gebaseer was en geen politieke integrasie nagestreef het nie. Die EFTA kon nogtans nie verhinder dat die Britse ekonomie, veral deur die dekolonisasie, in die 1960's groot probleme kry nie.

De Gaulle

Die Franse president Charles de Gaulle het die ideeë van Schuman en Monnet oor supranasionalisme verwerp en het Frankryk enige tyd uit die EEG teruggetrek. Die ander vyf het nogtans nie opgegee nie. Frankryk keer terug omdat die Franse ekonomie dit nodig het, maar die planne vir meer supranasionalisme word bevries (die kompromis van Luxemburg). Die Verenigde Koninkryk verander ook sy planne en wou toetree. Aanvanklik blokkeer De Gaulle dit.

Eerste uitbreiding

In 1973 het Denemarke, Ierland en die Verenigde Koninkryk lid geword van die EG. Die Noorse regering onderhandel ook met sukses, maar die lidmaatskap word in 'n referendum deur die bevolking afgewys. Griekeland het lid geword in 1981, Spanje en Portugal het ná hulle demokraties geword het in 1986 gevolg.

Verdrag van Maastricht: die EU

In hierdie tydperk het 'n verwarrende verskeidenheid aan (intergoewermentele) Europese organisasies bestaan. Altiero Spinelli het met sy Krokodilklub – met gedeeltelike sukses – geprobeer om verder integrasie 'n hupstoot te gee. Hy oortuig die Franse president François Mitterrand om die Franse non teen verder integrasie en meer supransionalisme op te gee. In 1987 word die besluitneming versoepel en die Verdrag van Maastricht, onderteken in 1992, het die oprigting van die Europese Unie beteken. Dit het die basis gelê vir verdere vorme van samewerking op die vlak van buitelandse- en veiligheidsbeleid, op die interne en geregsvlak, en in die vorming van die Ekonomiese en Monetêre Unie.

Tweede uitbreiding

Die einde van die Koue Oorlog bring groot veranderings. In 1990 is die Duitse Demokratiese Republiek opgehef en word hierdie gebied wat op papier altyd lid gewees het geïntegreer in die EU. Dit verloop nie sonder probleme nie. Die koppeling tussen die munte, die ERM, word onhoudbaar en die VK verlaat die ERM. In 1995 word Oostenryk, Finland en Swede lede van die EU. Aldrie was neutraal in die Koue Oorlog. Die Euro is in 2002 ingevoer, maar sommige lande het hul eie geldeenhede behou.

Derde uitbreiding

Tien nuwe lande het op 1 Mei 2004 lede geword van die EU: Estland, Hongarye, Letland, Litaue, Malta, Pole, Siprus, Slowenië, Slowakye en Tsjeggië. Op 1 Januarie 2007 het Bulgarye en Roemenië nog bygekom. Om te verseker dat die Unie na hierdie uitbreiding steeds goed bestuurbaar bly, is die Verdrag van Lissabon in 2007 onderteken. In 2012 het die Europese Unie die Nobelprys vir Vrede vir "60 jare Vrede in Europa" ontvang. Op 1 Julie 2013 het Kroasië by die EU aangesluit, sodat die EU nou in totaal uit 28 lidlande bestaan. Op 1 Januarie 2014 het die Franse oorsese gebied Mayotte deel van die EU-gebied geword.

Tydlyn

Tydlyn met die evolusie van die struktuur van die Europese Unie.

Onderteken
In werking
Dokument
1948
1948
Brussel
1951
1952
Paris
1954
1955
Modified Brussel
1957
1958
Rome
1965
1967
Samesmelting Verdrag
1975
N/A
Europese Raad
1986
1987
Europese Akte
1992
1993
Maastricht
1997
1999
Amsterdam
2001
2003
Nice
2007
2009
Lissabon
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande 
                       
Pylerstruktuur van die Europese Unie:  
Europese Gemeenskap (EG):  
Europese Atoomenergie Gemeenskap (EAG)
Europese Gemeenskap vir Kole en Staal (EGKS) Verdrag 2002 beëindig Europese Unie (EU)
    Europese Ekonomiese Gemeenskap (EEG) Europese Gemeenskap (EG)
    TREVI Justisie en Binnelandse Sake (JBS)  
  Polisiële en justisiële samewerking in strafsake (PJSS)
  Europese politieke samewerking (EPS) Gemeenskaplik buitelands en veiligheidsbeleid (GBVB)
Ongekonsolideerde liggame Wes-Europese Unie (WEU)    
Verdrag 2010 beëindig  
                   

Lidlande

Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande 
Lidlande volgens jare
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande 
Kandidaatlande van die Europese Unie:

   Lidlande

   Kandidaatlande

   Aansoek om lidmaatskap

   Toetreding in 'n referendum verwerp (en Brexit)

   Aansoek gevries

   Aansoek deur EG verwerp

Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande 
Lidlande van die Schengen-ooreenkoms:

   Schengen-lidlande van die Europese Unie

   Ander Europese Schengen-lidlande

   Kandidaatlande van die Schengen-ooreenkoms

   Vennootlande

Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande 
Oostelike vennootlande van die Europese Unie:

   Europese Unie

   Vennootlande

Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande 
Lidlande van die Unie van die Middellandse See:

   Lidlande van die Europese Unie

   Ander lidlande

Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande 
Europese lande volgens lidmaatskap:

   Lidland van slegs die Europese Unie

   Lidland van slegs die NAVO

   Lidland van albei organisasies

Datum Geskiedenis van die lidmaatskap van die EU No.
1 Januarie 1957 Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  België, Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Wes-Duitslanda, Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Frankryk, Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Italië, Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Luxemburg, Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Nederland 6
1 Januarie 1973 Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Denemarkeb, Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Ierland, Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Verenigde Koninkryk 9
1 Januarie 1981 Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Griekeland 10
1 Januarie 1986 Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Portugal en Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Spanje 12
1 Januarie 1995 Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Finland, Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Oostenryk, Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Swede 15
1 Mei 2004 Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Estland, Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Hongarye, Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Letland, Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Litaue, Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Malta, Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Pole, Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Siprusc, Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Slowakye, Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Slowenië, Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Tsjeggië 25
1 Januarie 2007 Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Bulgarye en Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Roemenië 27
1 Julie 2013 Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Kroasië 28
31 Januarie 2020 Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Verenigde Koninkryk verlaat die EU 27

a Op 3 Oktober 1990, het die deelstate of Länder van die voormalige Duitse Demokratiese Republiek tot die voormalige Bondsrepubliek Duitsland toegetree en outomaties deel van die EU geword.
b Groenland het in 1979 outonoom van Denemarke geword en die Europese Gemeenskap in 1985 verlaat, na aanleiding van 'n klein referendum.
c de facto is slegs die suidelike deel van Siprus 'n lidland van die EU. Die Turkse Republiek van Noord-Siprus is 'n omstrede gebied en word net deur Turkye erken.

Kandidaatlande

Amptelike kandidaatlande van die Europese Unie is Albanië, Noord-Masedonië, Montenegro, Serwië en Turkye. Moontlike kandidaatlande is Bosnië en Herzegowina en Kosovo. Voormalige kandidaatlande is Noorweë, Switserland en Ysland.

Bestuur

Verdrae

Die EU is gegrondves op twee verdrae: die Verdrag betreffende die Europese Unie en die Verdrag betreffende die werking van die Europese Unie. Daar is ook nog 'n apart verdrag vir Euratom.

Instellinge en ander liggame

Instellinge

Die instellinge van die Europese Unie is:

Europese Parlement

Verspreiding van setels per land in die Europese Parlement:

Land 1952 1958 1973 1979 1981 1986 1990 1994 1995 2004 2007 2009 2011 2013 2014 2022
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Europese Unie 78 142 198 410 434 518 536 567 626 732 785 736 754 766 751 705
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  België 10 14 14 24 24 24 24 24 25 25 24 22 22 22 21 21
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Duitsland 18 36 36 81 81 81 99 99 99 99 99 99 99 99 96 96
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Frankryk 18 36 36 81 81 81 81 87 87 78 78 72 74 74 74 79
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Italië 18 36 36 81 81 81 81 87 87 78 78 72 73 73 73 76
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Luxemburg 04 06 06 06 06 06 06 06 06 06 06 06 06 06 06 6
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Nederland 10 14 14 25 25 25 25 31 31 27 27 25 26 26 26 29
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Denemarke 10 16 16 16 16 16 16 14 14 13 13 13 13 14
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Ierland 10 15 15 15 15 15 15 13 13 12 12 12 11 13
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Verenigde Koninkryk 36 81 81 81 81 87 87 78 78 72 73 73 73 /
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Griekeland 24 24 24 25 25 24 24 22 22 22 21 21
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Spanje 60 60 64 64 54 54 50 54 54 54 59
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Portugal 24 24 25 25 24 24 22 22 22 21 21
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Finland 16 14 14 13 13 13 13 14
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Oostenryk 21 18 18 17 19 19 18 19
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Swede 22 19 19 18 20 20 20 21
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Estland 06 06 06 06 06 06 7
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Letland 09 09 08 09 09 08 8
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Litaue 13 13 12 12 12 11 11
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Malta 05 05 05 06 06 06 6
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Pole 54 54 50 51 51 51 52
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Slowakye 14 14 13 13 13 13 14
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Slowenië 07 07 07 08 08 08 8
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Tsjeggië 24 24 22 22 22 21 21
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Hongarye 24 24 22 22 22 21 21
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Siprus 06 06 06 06 06 06 6
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Bulgarye 18 17 18 18 17 17
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Roemenië 35 33 33 33 32 33
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande  Kroasië 12 11 12
Europese Raad
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande 
Vergadersaal van die Europese Parlement in Straatsburg
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande 
Gebou van die Europese Raad en die Raad van die Europese Unie in Brussel, België
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande 
Die Europese Rekenkamer in Luxemburg-stad, Luxemburg
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande 
Setel van die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main, Duitsland
Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande 
Hof van Justisie van die Europese Unie in Luxemburg
Voorsitter van die Europese Raad (voor 2009) en van die Raad van die Europese Unie
Jaar, Land (eerste ses maande, tweede ses maande)
2007 Duitsland, Portugal 2008 Slowenië, Frankryk 2009 Tsjeggië, Swede
2010 Spanje, België 2011 Hongarye, Pole 2012 Denemarke, Siprus
2013 Ierland, Litaue 2014 Griekeland, Italië 2015 Letland, Luxemburg
2016 Nederland, Slowakye 2017 Malta, Estland 2018 Bulgarye, Oostenryk
2019 Roemenië, Finland 2020 Kroasië, Duitsland 2021 Portugal, Slowenië
2022 Frankryk, Tsjeggië 2023 Swede, Spanje 2024 België, Hongarye
2025 Pole, Denemarke 2026 Siprus, Ierland 2027 Litaue, Griekeland
2028 Italië, Letland 2029 Luxemburg, Nederland 2030 Slowakye, Malta

Ander instansies

Ander instansies is:

  • Die Europese Investeringsbank (met daarin inbegrepe die Europese Investeringsfonds).
  • Die Komitee van die Regio's verteenwoordig die regionale belang.
  • Die Europese Ekonomiese en Sosiaal Komitee adviseer oor die ekonomiese en sosiale beleid (hoofsaaklik die verhouding tussen werkgewers en werknemers).
  • Die Europese Ombudsman, wat klagtes oor wanbeleid van EU-instellings ondersoek.

Agentskappe

Daar is ook nog baie EU-liggame, dikwels ingestel deur tweedegraadse wetgewing, wat opgerig is vir 'n spesiaal doel. Hierdie liggame word die agentskappe van die Europese Unie genoem.

Wetgewingsprosedures

Daar is verskillende maniere waarop die Kommissie, die Parlement en die Raad tot Europese wetgewing kom, waarvan die belangrikste die gewone wetgewingsprosedure is.

Regsinstrumente

Die Europese Unie ken 'n aantal regsinstrumente, waarvan die belangrikste die Europese verordening en die Europese riglyn is. 'n Verordening het direkte regskrag, 'n riglyn moet eers in die nasionale wetgewing word deurgevoer.

Amptelike tale

Die 24 amptelike tale van die Europese Unie is:

Verhouding tussen die EU en die lidlande

Verdeling van die bevoegdhede

Die bevoegdhede van die Europese Unie ten opsigte van die lidlande is sedert die Verdrag van Lissabon uitdruklik vasgelê. Hulle word ingedeel in drie kategorieë:

  • Eksklusiewe bevoegdhede: net die EU kan op hierdie vlak optree. Die lidlande kan slegs die beslissings van die EU uitvoer.
  • Gedeelde bevoegdhede: sowel die EU as die lidlande kan wetgewend optree. As die EU wetgewing in hierdie sektore uitvaardig het die EU-reëls wel voorrang op die nasionale wette. Die meeste EU-bevoegdhede is van hierdie soort.
  • Ondersteunende, koördinerende en aanvullende bevoegdhede: soos die naam reeds sê mag die EU die beleid van die lidlande in hierdie sektore ondersteun, aanvul of koördineer. Die lidlande behou egter altyd die volledige wetgewende vryheid. Die EU mag op hierdie vlakke geen harmonisasie tussen die verskillende nasionale stelsels nastreef nie. Meestal kom hierdie soort bevoegdhede in die vorm van 'n finansiële bydrae van die EU.

Regsposisie

Die lidlande van die Europese Unie het mettertyd 'n aansienlike hoeveelheid soewereiniteit oorgedra aan die Europese Unie. Die Europese Unie het as sodanig meer mag as alle andere nie-soewereine streeksorganisasies. Op verskillende terreine begin die EU te lyk soos 'n bondstaat of 'n statebond. Die Unie bly egter gebaseer op verdrae tussen lidlande, waaruit volg dat die Unie slegs bestaan vanuit die wil van die lidlande. 'n Lidland kan op elk moment besluit om terug te trek uit die Unie en wysigings aan die verdrae moet deur alle lidlande individueel geratifiseer word.

In hierdie opsig lyk die Europese Unie die mees op 'n statebond, wat in teenstelling tot 'n bondstaat nie soewerein is nie en dus ook slegs bestaan uit die grasie van die lidlande. 'n Statebond in die tradisionele betekenis van die woord het egter veel meer mag, veral op die vlak van buitelandse sake en defensie. Die meeste mense klassifiseer die Europese Unie daarom as 'n struktuur sui generis, 'n unieke vorm van samewerking tussen lande.

Sedert die Verdrag van Lissabon besit die Unie regspersoonlikheid. Dit magtig die Unie om origens geensins wetgewend of andersins op te tree nie, buiten die bevoegdhede wat die lidlande van die EU in die verdrae aan hom toegedeel het.

Intergoewermentalisme en supranasionalisme

Europese Unie: Geskiedenis, Lidlande, Kandidaatlande 
Web van multilaterale ooreenkomste in Europa

Binne die EU bestaan 'n spanningsveld tussen intergoewermentele en supranasionale tendense. Intergoewermentalisme is 'n metode van besluitneming in internasionale organisasies waarby die mag by die lidlande lê en beslissings met eenvormheid geneem moet word. Afgevaardigdes van die regerings of van gekose verteenwoordigings het uitsluitend adviserende of uitvoerende funksies. Die meeste internasionale organisasies het teenwoordig 'n intergoewermentele grondslag.

Supranasionalisme is 'n ander metode van besluitneming. Hier lê die mag by onafhanklike afgevaardigdes van die regeringe of van gekose verteenwoordiginge. lidlande het nog steeds mag, maar moet hierdie mag deel met ander instansies. Bowendien word beslissings net by 'n meerderheid van stemme geneem. Dit kan dan ook gebeur dat 'n lidland, gedwonge deur ander lidlande, 'n beslissing teen sy wil moet uitvoer.

Beide vorme van besluitneming het aanhangers binne die EU. Voorstanders van supranasionalisme redeneer dat dit die proses van integrasie kan versnel. Wanneer beslissings wat eenvormige goedkeuring van alle betrokke regerings vereis, kan dit jare duur voordat 'n besluit geneem word. Voorstanders van intergoewermentalisme argumenteer dat supranasionalisme die soewereiniteit en die demokratiese gehalte van afsonderlike lande in gevaar bring en meen dat die legitimiteit van gemeenskaplike besluite alleen afgelei kan word van die legitimiteit van die nasionale regerings. Frankryk is tradisioneel 'n voorstander van 'n intergoewermentele EU gewees. Dit geld ook vir euroskeptiese lande soos die Verenigde Koninkryk en Denemarke. Lande soos België, Duitsland en Italië neig meer na die supranasionale benadering. In die praktyk balanseer die EU tussen beide ekstreme. Hierdie balans is egter 'n moeisame kompromie, wat dikwels lei tot ingewikkelde besluitnemingsprosesse.

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

    Amptelike inligting
    Afrikaanse persberigte

Tags:

Europese Unie GeskiedenisEuropese Unie LidlandeEuropese Unie KandidaatlandeEuropese Unie BestuurEuropese Unie Verhouding tussen die EU en die lidlandeEuropese Unie Sien ookEuropese Unie VerwysingsEuropese Unie BronnelysEuropese Unie Eksterne skakelsEuropese UnieDe factoEkonomieEuropaPolitiekRegVerdrag van Maastricht

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VingerseksMaroela MediaGoogleLys van kleurePersentasieSirkelNamakwalandSenuweestelselBaardskeerder-spinnekopAspergersindroomSteenkoolHematurieSelfstandige naamwoordVerkleinwoordDrie SusterskerkeAMondLys van Afrikaanse rolprenteGroot TrekNarkoseDie BylAlvin BruindersWikisourcePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaVolksrepubliek ChinaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024SamestellingHelm (geboorte)Liturgiese jaarAfrikaansWayde van NiekerkOoiGenesisVlag van AfghanistanAustraliëWillie EsterhuizenOnderwys (geskiedenis)Gewone tarentaalBysteekRob HersovAuschwitz-konsentrasiekampFacebookNederduitse Gereformeerde KerkDansKwaZulu-NatalEmily HobhouseDemokrasieByeboerderyVlag van LibanonVlag van BangladesjGrasMarita NapierGeorgiese nasionale rugbyspanAnale kankerEoraptorBasisinkomsteGrysstofPornhubSkoonma-se-tongArmand AucampWynand du ToitJacques LootsTropiese huisgeitjieAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeSteve HofmeyrOu Apostoliese KerkHannes van WykDagga🡆 More