Bhoetan

Bhoetan (Dzongkha: འབྲུག་ཡུལ་, Druk Yul), amptelik die Koninkryk Bhoetan (འབྲུག་རྒྱལ་ཁབ་, Druk Gyal Khap), is 'n landingeslote land in Suid-Asië.

Dit is landgebonde tussen die Volksrepubliek China in die noorde en Indië in die suide, met die Himalaja in die weste en word deur die Indiese deelstaat Sikkim van Nepal geskei. Die land is 'n demokratiese grondwetlike monargie, nadat die vorige koning, Jigme Singye Wangchuck, in 2005 bekend gemaak het dat die land van 'n absolute monargie gaan oorskakel. Die eerste verkiesing is in 2008 gehou. Bhoetan beslaan 'n oppervlakte van 38 394 km² en het 'n bevolking van 727 145 in 2022 gehad.

Koninkryk Bhoetan
འབྲུག་རྒྱལ་ཁབ་
Druk Gyal Khap (Dzongkha)
Vlag van Bhoetan Embleem van Bhoetan
Vlag Embleem
Volkslied: Druk tsendhen

(Dzongkha vir: "Die Donderdraak Koninkryk")
Ligging van Bhoetan
Hoofstad Thimphu

27°28′N 89°39′O / 27.467°N 89.650°O / 27.467; 89.650

Grootste stad Thimphu
Amptelike tale Dzongkha
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Jigme Khesar Namgyel Wangchuck
Tshering Tobgay
Onafhanklikheid
Vorming
• Unifikasie van Bhoetan
• Desi-administrasie
Wangchuck-dinastie
• Indo-Bhoetan-Verdrag
• Grondwetlike monargie


1616–1634
1650–1905
17 Desember 1907
8 Augustus 1949
18 Julie 2008
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
38 394 km2  (133ste)
14 824 myl2
1,1
Bevolking
 - 2021-skatting
 - 2022-sensus
 - Digtheid
 
777 486 (165ste)
727 145
19,3 / km2 (162ste)
50,0 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$11,558 miljard (166ste)
$14 920 (95ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$2,860 miljard (178ste)
$3 692 (124ste)

MOI (2021) Bhoetan 0,666 (127ste)  –  medium
Gini (2022) 28,5 –  laag
Geldeenheid Ngultruma (BTN)
Tydsone
 - Somertyd
BTT (UTC+06:00)
nie toegepas nie (UTC+06:00)
Internet-TLD .bt
Skakelkode +975
a. Die Indiese roepee is ook 'n wettige betaalmiddel.
Bhoetan
Nasa-Satellietbeeld van Bhoetan
Bhoetan
Kaart van Bhoetan

Bhoetan is na 'n burgeroorlog in die 19de eeu onder die Wangchuck-dinastie verenig en het politieke bande met die Britse Ryk gevestig. Bhoetan is nooit deur Brits-Indië beheer nie en het as 'n bufferstaat tussen die Britse besetting in die suide en die Chinese Keiserryk in die noorde gedien, saam met die onafhanklike Himalaja-koninkryke Sikkim en Nepal verder wes. Die land se hoofstad en grootste stad is Thimphu. In 1988 is Dzongkha as amptelike landstaal verklaar. Die grootste persentasie van die bevolking is Boeddhiste met ongeveer 25% Hindoes.

Bhoetan beskik oor vrugbare valleie en grasvlaktes. Die klimaat in die suide is tropies terwyl die noorde bergagtig en koud is. Die meeste inwoners van die land boer met beeste of jakke (Engels: yaks). Die land is van landbou, bosbou, toerisme afhanklik en die verkoop hidroëlektriese krag aan Indië.

Bhoetan is ook bekend vir die ontwikkeling van die konsep bruto nasionale geluk (BNG). Boogskiet word as die land se nasionale sportsoort beskou, terwyl krieket in onlangse jare ook sterk groei ervaar het, veral weens die gewildheid daarvan op die Indiese subkontinent.

Nasionale simbole

Verwysings

Bronnelys

    Algemeen

Eksterne skakels

Tags:

Bhoetan Nasionale simboleBhoetan VerwysingsBhoetan BronnelysBhoetan Eksterne skakelsBhoetanAbsolute monargieDzongkhaGrondwetlike monargieHimalajaIndiëLandingeslote landNepalSikkimSuid-AsiëVolksrepubliek China

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Desmond TutuBreinvliesontstekingTransatlantiese slawehandelSonnestelselProstaatkankerTropiese huisgeitjieLys van bekende Suid-AfrikanersSwangerskapHartMenslike skeletSlaginstrumentSoogdierPolitieke partyMusiekPornografieBloedsomloopstelselMikro-ekonomieLongC. Louis LeipoldtBreinRookgewoonteKunsAardbewingPornografiese subgenresOrale seksVerstedelikingPlastiekSeeLys van argaïsmesTierInstagramHemelvaartVoorsetselAfro-AmerikanersBestuiwingEngelandDuitse maselsVoortrekkermonumentLeierProvinsies van Suid-AfrikaSwartbewussynsbewegingVerkragtingNapoleon BonaparteJapanSeksuele penetrasieWiskundige terminologieDrakensbergeTafelsoutLoftus MaraisDonderstormNeerslagKraaiSonkragJan Christian SmutsMenslike seksuele gedragHerfsKlimaatsverandering in AfrikaHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalNasiebouHartseerHipertensieMisdaadBloemfonteinBotswanaMantisWes-KaapKorrupsieSeekoeiWoordHidroulikaAnglisismeHoofpynVloeistofDwelmonttrekkingGeskiedenis van Afrikaans🡆 More