Estlanders

Die Estlanders (Estnies: eestlased) of Este is 'n Fins-Oegriese nasie en etniese groep inheems aan Estland wat 'n gemeenskaplike Estniese afkoms, kultuur en geskiedenis deel, en Estnies as moedertaal praat.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Estnies.

Alternatiewelik is Estlanders diegene wat in Estland woon of in Estland gebore is.

Estlanders

EstlandersEstlandersEstlandersEstlandersEstlandersEstlanders
EstlandersEstlandersEstlandersEstlandersEstlandersEstlanders


Totale bevolking: ca. 1 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Estland Estland 907 937

Vlag van Finland Finland 50 367
Vlag van Swede Swede 25 509
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 24 694
Vlag van Kanada Kanada 23 180–50 000
Vlag van Rusland Rusland 17 875
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 14 000
Vlag van Frankryk Frankryk 12 590
Vlag van Australië Australië 7 543
Vlag van Duitsland Duitsland 5 000
Vlag van Noorweë Noorweë 2 871
Vlag van Oekraïne Oekraïne 2 868
Flag of Ireland Ierland 2 560
Vlag van Letland Letland 2 000
Vlag van België België 2 000
Vlag van Ysland Ysland 111

Taal: Estnies
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik ongebonde of Lutheranisme
Minderhede Rooms-Katolieke Kerk en Oosters-Ortodokse Kerk
Verwante etniese groepe: Ander Fins-Oegriese volke soos Finne en Hongare
Estlanders
Estniese kleredrag in 1936: 1. Kadrina 2. Mihkli 3. Seto 4. Paistu
Estlanders
Estniese kleredrag in 1936: 5. Muhu 6. Karja 7. Tõstamaa 8. Pärnu-Jaagupi

Estlanders vorm die titulêre nasie van Estland, waar hulle sowat 69% van dié land se bevolking uitmaak. Naas Estlanders leef nog minderhede soos Russe (25%), Oekraïners (1,7%) en Wit-Russe (0,9%) in Estland; 'n historiese minderheid vorm die Baltiese Duitsers wat na die Tweede Wêreldoorlog veral in Duitsland gevestig het. Behalwe vir Estland kom Estniese minderhede nog in Europese lande soos Finland (0,8%) en Swede voor, maar verreweg die meeste Estlanders woon in Estland.

Wêreldwyd leef sowat 1 miljoen Estlanders, waarvan 907 937 in Estland, 50 367 in Finland, 25 509 in Swede, 24 694 in die Verenigde State en tussen 23 180 en 50 000 in Kanada. Daarbenewens het Estlanders nog in lande soos Rusland (17 875), die Verenigde Koninkryk (14 000) en Frankryk (12 590) gevestig.

In teenstelling met die ander inheemse etniese groepe van die Baltiese lande (Letlanders en Litauers) wat tot die Baltiese volke behoort en Baltiese tale praat, behoort die Estlanders saam met Finne en Hongare tot die Fins-Oegriese volke. Die meeste Estlanders is ongebonde (71%), gevolg deur Lutheranisme (13%) en die Oosters-Ortodokse Kerk (13%).

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

EstlandEstniesEtniese groepFins-Oegriese taleMoedertaalNasie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

C. Louis LeipoldtLeonardo da VinciProstaatklierBoor (element)StrykysterKunsmatige algemene intelligensieGrondsoorteAfrikaansStilleweSoortnaamMondOorkruipersJeugdagAppelWaterstofKameelperdMetaalDieregeluideDeelwoordSuikersiekteKindermishandelingKweekhuiseffekOlimpiese SomerspeleFabelMusieksimboleRymInligtingTuisbladGetalGalblaasClanwilliam-sandvisNederlandHartMaagsweerAkwariumEufemismeDuitslandReënspinnekopWeer (meteorologie)Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameVerdampingEskomKindersiektesNederlandsMIVGlasOssewaCovid-19-pandemieEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaAnilingusRubik se kubusWiki CommonsKatOlifantWieg van die MensdomVolhoubaarheidNeerslagErns GrundlingPuberteitStellenboschNatuurbewaringVormPad na jou hartAfrikaanse WikipediaSpysverteringstelselSportBloemfonteinSuid-Afrikaanse randByvoeglike naamwoordNierVryheid van spraakLys van Afrikaanse skrywersGasEeuOrthopteraMuskietUniegebouSelfmoord🡆 More