Bybel: Versameling heilige boeke in Judaïsme en Christendom

Die Bybel is die heilige boek van Christendom, Judaïsme, Rastafarianisme en Samaritaïsme.

Die Joodse Bybel of Tanag het 39 dele en vertel die verhaal van God se verhouding met die Joodse mense in antieke tye. Dié 39 dele is ook deel van die Christelike Bybel en word die Ou Testament genoem. Die Christelike Bybel het nog 27 dele, wat die Nuwe Testament genoem word. Daarin word die verhaal van Jesus vertel.

Bybel: Terme Bybel en Heilige Skrif, Inhoud van die Bybel, Afrikaanse vertaling
'n Bybel
Bybel: Terme Bybel en Heilige Skrif, Inhoud van die Bybel, Afrikaanse vertaling
Die Bybel van Christian III van Denemarke, die eerste Deense vertaling. Gedruk in Kopenhagen, 1550.
Bybel: Terme Bybel en Heilige Skrif, Inhoud van die Bybel, Afrikaanse vertaling
Die Afrikaanse Bybel (hier die 1933/1953-vertaling) kan ook op Java-georiënteerde selfone afgelaai word. m.bibles.co.za

Die woord 'Bybel' stam van die Griekse woord βιβλια biblia (boeke) af, wat 'n meervoud is van βιβλιον biblion, wat oorspronklik papirus beteken en later gebruik is as 'n aanduiding van papier, geskrif of boek(rol). Die Bybel bevat drie verskillende versamelings boeke:

  1. Die Ou Testament, ook die Hebreeuse Bybel genoem. Dit is oor die eeue heen geskryf en het oorspronklik vir die grootste deel uit Hebreeuse teks met enkele Aramese paragrawe bestaan. Die Tanag, d.w.s. wysheidsboeke en profete, word anders georden.
  2. Die Apokriewe boeke, boeke buite die kanon van Nicea.
  3. Die Nuwe Testament, geskryf tydens die tweede helfte van die eerste eeu na Christus, in moderne Grieks (koinè-Grieks).

In breë trekke gaan die Bybel oor hoe God as skepper met die mens in tyd en ruimte omgegaan het, die plek van die mens in verhouding tot die skepping, die skepper en die heelal, en ingrepe van ewigheid (domein van God) in die tyd (domein van die mens).

Met geraamde verkope van meer as 5 miljard kopieë word die Bybel algemeen as die topverkoper-boek van alle tye beskou. Na raming word 100 miljoen Bybels jaarliks verkoop. Dit is uniek in baie opsigte, waarvan skrywers en vertaling net 'n paar is. Dit het ook 'n groot invloed op letterkunde en die geskiedenis, veral in die Weste, uitgeoefen.

Terme Bybel en Heilige Skrif

Die meervoudsvorm biblia ("boekrolle, boeke") van die Griekse woord biblion is in die antieke tyd as die enkelvoudsvorm van 'n Latynse vroulike term, en benewens ook as 'n sinoniem van die Griekse term hagia graphae ("Heilige Skrif") geïnterpreteer.

In sowel die Joodse asook die Christelike godsdiens word hierdie versameling van boeke as 'n openbaring van God beskou en het dus 'n normatiewe karakter vir die godsdiensbeoefening.

Die Hervormde en Gereformeerde opinie en geloof is steeds dat die Bybel die Heilige Skrif is wat deur die Heilige Gees inspireer is en alle kennis bevat vir die verlossing en saligmaking van die mens.

Vir die Joodse godsdiens is die Torah, en hier veral die verbond wat God by die berg Sinaï met Israel gesluit het, die "woord van God". Christene beskou Jesus Christus as die sentrale figuur in die Heilige Skrif, en die persoon wat hul pad na saligheid belig. Met die kanonisering van die Nuwe Testament het die kerk ook besluit om die Hebreeuse Skrifte as die "woord van God" te erken.

Inhoud van die Bybel

Hier volg 'n paar feite oor die struktuur van die Bybel:

Beskrywing Ou Testament Nuwe Testament Totaal
Boeke 39 27 66
Hoofstukke 1189 929 260
Verse 23 200 7 950 31 150
Woorde 622 000 184 600 806 600
Letters - - 3 116 480

Let wel dat die aantal verse, woorde en letters hierbo verskil van verskillende vertalings. Die doel hier is slegs om 'n aanduiding te gee van die grootte van die Bybel.

Ou testament


Apokriewe boeke

  • Boek van Tobit (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels)
  • Judit (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels)
  • Toevoegings tot die boek van Ester (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels)
  • Wysheid van Salomo (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels)
  • Wysheid van Ben Sirag (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels)
  • Barug (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels)
  • Brief van Jeremia (Barug 6 in sommige Bybels) (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels)
  • Susanna (in die Griekse en Slawiese Bybels, en Daniël 13 in die Rooms-Katolieke Bybel)
  • Asarja se gebed en Die Lied van die drie jong manne (in die Griekse en Slawiese Bybels) en tussen Daniël 3:23-24 in die Rooms-Katolieke Bybel)
  • Bel en die draak (in die Griekse en Slawiese Bybels, en Daniël 14 in die Rooms-Katolieke Bybel)
  • 1 Makkabeërs (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels)
  • 2 Makkabeërs (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels)
  • 1 Esdras (in die Griekse Bybel)
  • Gebed van Manasse (in die Griekse Bybel)
  • Psalm 151 (in die Griekse Bybel)
  • 3 Makkabeërs (in die Griekse Bybel)
  • 2 Esdras (in die Slawiese Bybel en 'n bylae tot die Latynse Vulgata)
  • 4 Makkabeërs (bylae tot die Griekse Bybel)

Nuwe testament


Afrikaanse vertaling

Bybel: Terme Bybel en Heilige Skrif, Inhoud van die Bybel, Afrikaanse vertaling 
Die eindvertalers van die 1933-vertaling van die Bybel in Afrikaans: dr. J.D. du Toit (Totius), prof. E.E. van Rooyen, dr. J.D. Kestell, proff. H.C.M. Fourie en B.B. Keet.
Bybel: Terme Bybel en Heilige Skrif, Inhoud van die Bybel, Afrikaanse vertaling 
Adviseurs van die Afrikaanse Bybelvertaling, 1933. Boonste ry: di. J.P.H. Steyn, C.F. Kies, G.D. Malan, W.J.W. Naudé, A.S.E. Yssel, W. de Vos. Middel: Di. C.W.M. du Toit (Totius se broer), H.J. Otto, proff. J.A. du Plessis, C.J.H. de Wet, dr. H.D. van Broekhuizen, di. Dirk Postma, P.J.J. Boshoff en H.J. Pienaar. Voor: prof. B.B. Keet, Totius, ds. J.D. Kestell, proff. E.E. van Rooyen en H.C.M. Fourie. Hulle het amptelik bekendgestaan as die Kommissie vir Afrikaanse Bybelvertalers. Dié foto is in Bloemfontein geneem.

Die eerste volledige bybelboek in Afrikaans was die Evangelie volgens Markus soos deur C.P. Hoogenhout vertaal. Hierdie vertaling is nooit gepubliseer nie, maar die manuskrip is in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika in Kaapstad beskikbaar.

Die eerste Afrikaanse vertaling (bekend as die "ou" vertaling) van die Bybel het in 1933 verskyn. Die vertaalwerk is deur prof. J.D. du Toit, prof. E.E. van Rooyen, prof. J.D. Kestell, dr. S.P.E Boshoff, dr. H.C.M. Fourie en prof. B.B. Keet behartig. 'n Hersiene uitgawe daarvan het in 1953 verskyn sodat die "ou vertaling" ook bekend staan as die 1933/'53-vertaling.

Die nuwe vertaling van die Bybel het in 1983 verskyn en word deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika gepubliseer. Die eindredaksie van hierdie vertaling was prof. E.P. Groenewald, J.P. Oberholzer, A.H. Van Zyl, P. A. Verhoef, J.L. Helberg en W. Kempen.

Die eerste Afrikaanse Bybel vir Dowes is in 2008 deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika gepubliseer.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Bybel Terme en Heilige SkrifBybel Inhoud van die Bybel Afrikaanse vertalingBybel Sien ookBybel VerwysingsBybel Eksterne skakelsBybelChristendomJesusJodeJudaïsmeNuwe TestamentOu TestamentRastafarianismeSamaritaneTanag

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KlereHarry PotterGroepsdrukKomplementêre kleureHennie MaasLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsSeksJan-Willem BreureBurgerregteMenslike penisgroottePoesHondMetafoorSwart nasionalismePesachSuid-Afrikaanse WeermagRenteEugenetikaGeestesgesondheidKoolstofdioksiedOnse VaderPornografieNiersteenWinterAngssteuringHemelvaartNamibiëKlavierSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024MaagMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaPeriodieke tabelNazi-DuitslandSteenkoolSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureMagda van BiljonGalileo GalileiDramaTrevor ManuelVerenigde KoninkrykWayde van NiekerkLetterlike en figuurlike taalgebruikGeslagDaggaPornhubAustraliëSophie SchollWalt DisneyPlastiekMangelontstekingKoos du PlessisKokketielKameelperdBruin menseEreksieVrymesselaryJeuksiekteWaterstofNasionale VrouemonumentGroepsgebiedewetJan de WetSkoenlapperOnderwysElektrisiteitsvoorsieningPornografiese akteurKrimpvarkieAborsieNuwe TestamentCounter-Strike (videospeletjie)SelNelson MandelaSonsteekAlice MunroVaste stofOseaan🡆 More