Nouruz: 'n Vakansie in Azerbeidjan

Nouruz of نوروز Persiese Nuwejaarfees


Feesviering

Nouruz: 'n Vakansie in Azerbeidjan

21 Maart in Iran
en aangrensende gebiede

Nouruz (Persies: نوروز, Nourūz, [nouˈɾuːz]; Koerdies: نه‌ورۆز, Newroz; letterlik: "[Die] Nuwe Dag") is die inheemse naam vir die Persiese Nuwejaarfees, 'n openbare vakansiedag in Iran en 'n tiental ander lande. Die fees word jaarliks deur meer as 300 miljoen mense in Europese en Asiatiese lande vanaf Albanië tot Afghanistan en vanaf Indië tot Kasakstan gevier. Nouruz is deur Unesco in 2009 as deel van die ontasbare kulturele erfenis van die mensdom erken.

Nouruz: 'n Vakansie in Azerbeidjan
Haft Seen, die tradisionele Nuwejaarsete, is 'n vaste bestanddeel van Iranse Nouruz-vieringe

Die fees val saam met die eerste lentedag of dag-en-nag-ewening en die begin van die nuwe jaar volgens die Persiese kalender. Nouruz word op die dag van die Noordelike Halfrond se lente-ewening, dus 21 Maart, of op die volgende dag gevier. Die presiese datum, waarop die son op die hemelewenaar is, word elke jaar noukeurig bereken, en gesinne vergader om die tradisionele rituele uit te voer.

Nouruz word al duisende jare deur gemeenskappe van verskillende etniese en godsdienstige agtergronde as 'n wêreldlike fees gevier. Net vir Zoroastriërs is Nouruz tradisioneel 'n godsdienstige feesdag. Die fees het sy oorsprong in Persis of Fars, 'n streek in die Persiese Achaemenidiese Ryk (tans Suidwes-Iran), maar word ook in baie aangrensende gebiede gevier wat histories aan kulturele invloede uit Persië blootgestel is – so onder meer in Irak, Indië en Afghanistan.

In Indiese Parsi-gemeenskappe is die Nouruz-feesvierings met vyf voorgeskrewe rituele verbonde: die Āfringān (lof- of liefdesgebede), die Bāj (gebede ter ere van sogenaamde yazatas of "aanbiddingswaardiges", of ter ere van fravashis of "siele in die voorbestaan"), die Yasna ('n religieuse plegtigheid waartydens die heilige likeur haoma geoffer en gedrink word), die Fravartigan of Farokshi (gebede ter herinnering aan oorledenes) en die Satum (gebede wat tydens begrafnismale opgesê word).

In die Baha’i-kalender is Nouruz (Naw-Ruz) een van nege feeste en herdenkings en dui die einde van die 19-dagse vastyd en die begin van 'n nuwe jaar aan. Nes Ismailiete, Alawiete en Alewiete word Nouruz ook deur Twaalfer-Sjiiete gevier.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Menslike seksuele gedragSlawernyMieliestronkVoëlGrondAfleiding (taalkunde)SatellietfotoSkisofrenieKlimaatsverandering in Suid-AfrikaMigrasie van voëlsNatuurbewaringSuikersiekteKaaps-Hollandse stylAfrikaanse woordelys en spelreëlsWeer (meteorologie)CorioliskragDroomMoslemKonsonantPussy RiotSeisoenOmgewingsbeheerVennootskapBloedsomloopstelselSoogdierSkilpadLettergreepWetenskapGeboorteMIV/vigs in Suid-AfrikaKonsentrasiekampVerstedelikingMiddeloorontstekingByvoeglike naamwoordTerracottaleërBank (finansiële instelling)AluminiumAlliterasieRob HersovKameelperdPriemfaktorSonpaneelDansArmoedeBlaarVermenigvuldigingVeelvoudige sinLys van myne in Suid-AfrikaStokely CarmichaelWillie JoubertDesmond TutuLys van elemente volgens simboolTydsoneVingerseksKunsmatige algemene intelligensieStaalVerantwoordelikheidMane van GalileiKasteel die Goeie HoopLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaNierversakingDramaMarie AntoinetteEllipstekenWortelGalblaasGroepsgebiedewetKoedoeJode in Suid-AfrikaEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaBreinkaartChemiese elementVulva🡆 More