Eritrea

Eritrea (Tigrinya: ኤርትራ? ʾErtrā, Arabies: إرتريا Iritriyā) is 'n land in die ooste van Afrika.

Die land grens in die noordweste aan Soedan, in die suide aan Ethiopië, in die suidooste aan Djibouti en in die ooste en noordooste aan die Rooisee. Eritrea was op 'n tyd 'n provinsie van Ethiopië gewees. Sedert 1993 is die land onafhanklik, maar omdat dit Ethiopië van die Rooisee afsny, is daar voortdurend spanning tussen die twee lande.

Staat Eritrea
ሃገረ ኤርትራ / Hagere Ertra (Tigrinya)
دولة إرتريا / Dawlat Iritriyá (Arabies)
State of Eritrea (Engels)
Vlag van Eritrea Embleem van Eritrea
Vlag Embleem
Volkslied: Ertra, Ertra, Ertra
("Eritrea, Eritrea, Eritrea")
Ligging van Eritrea
Hoofstad Asmara

15°20′N 38°55′O / 15.333°N 38.917°O / 15.333; 38.917

Grootste stad Asmara
Amptelike tale Tigrinya, Arabies en Engels
Regering Eenparty-nasionalistiese
presidensiële republiek
Isaias Afwerki
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• Einde van
Italiaans-Eritrea
• Einde van die
Britse mandaat
De facto Ethiopiese
onafhanklikheid
De jure Ethiopiese
onafhanklikheid



November 1941

1951

24 Mei 1991

24 Mei 1993
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
117 600 km2  (101ste)
45 405 myl2
0,14
Bevolking
 - 2012-skatting
 - 2008-sensus
 - Digtheid
 
6 233 682 (107de)
5 291 370
51,8 / km2 (154ste)
111,7 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2012-skatting

$4,396 miljard
$776

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2012-skatting

$3,092 miljard
$546

MOI (2013) Steady 0,381 (182ste)  –  laag
Geldeenheid Nakfa (ERN)
Tydsone
 - Somertyd
OAT (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD .er
Skakelkode +291
Eritrea
Kaart wat Eritrea vertoon

Aardrykskunde

Eritrea 
'n Treintonnel op die Eritrese plato

Oppervlakte

totaal: 121 320 vk km. land: 121 320 vk km. water: 0 vk km.

Klimaat

Warm, droë woestynstrook langs Rooisee-kus; koeler en natter in die sentrale hoogland (tot 61 cm reënval jaarliks); semi-dor in westelike heuwels en laagland; reënval swaarste gedurende Junie-September, behalwe in kuswoestyn.

Terrein

Oorheers deur uitbreiding van die noordsuid-neigende Ethiopiese Hoogland, daal in ooste tot 'n kuswoestynvlakte, in die noordeweste tot heuwelagtige terrein en in die suidweste tot plat tot golwende vlaktes.

Natuurlike hulpbronne

Goud, potas, sink, koper, tafelsout, moontlik ru-olie en aardgas, vis.

Inwoners

Bevolking

4 447 307 (Julie 2004-skatting).

Nasionaliteit

Selfstandige naamwoord: Eritrees (-ese). Byvoeglike naamwoord: Eritrees.

Etniese groepe

Etniese Tigrinya 50%, Tigre 30%, Kunama 10%, Afar 4%, Saho (Rooisee-kusbewoners) 3%, ander 3%.

Godsdiens

Moslem, Koptiese Christen, Rooms-Katoliek, Protestants.

Tale

Afar, Arabies, Tigre, Kunama, Tigrinya, ander Koesjitiese tale.

Regering

Landnaam

Konvensionele lang vorm: Staat van Eritrea. Konvensionele kort vorm: Eritrea.

Regeringsoort

Oorgangsregering.

Nota: Ná 'n geslaagde referendum oor onafhanklikheid vir die Outonome Gebied van Eritrea op 23-25 April 1993, is 'n nasionale vergadering wat heeltemal bestaan het uit die Volksfront vir Demokrasie en Justisie of PFDJ, gestig as 'n oorgangswetgewer; 'n konstitusionele kommissie is ook gestig om 'n grondwet te skryf; ISAIAS Afworki is tot president verkies deur die oorgangswetgewer; die grondwet, wat in Augustus 1997 bekragtig is, het nie in werking getree nie hangende parlementêre en presidensiële verkiesings; parlemenêre verkiesings was veronderstel om gedurende Desember 2001 plaas te vind, maar dié verkiesings is onbepaald uitgestel ná die begin van die grenskonflik met Ethiopië. Op die oomblik is The People's Front for Democracy and Justice (PFDJ) die enigste wetlike party.

Hoofstad

Asmara (voorheen Asmera). Onafhanklik: 23-25 April 1993 is 'n referendum gehou ten gunste van onafhanklikheid; 24 Mei 1993 (van Ethiopië; voorheen die Eritrea Outonome Gebied).

Grondwet

Die oorgangsgrondwet, afgekondig op 19 Mei 1993, is vervang deur 'n nuwe grondwet, wat aanvaar is op 23 Mei 1997, maar word nog nie toegepas nie.

Regstelsel

Dit funksioneer op die grondslag van oorgangswette wat insluit voor onafhanklikheid-verordenings van die Eritrese Bevrydingsvolksfront, gewysigde Ethiopiese wette, gewoontereg en postonafhanklikheidswette.

Ekonomie

BBP: koopkragpariteit - $3,3-miljard (2002-skatting). BBP – per kop: koopkragpariteit - $700 (2002-skatting).

Nywerhede

Voedselverwerking, drinkgoed, klere en tekstielstof.

Geldeenheid

1 Eritrese nafka = 100 sent.

Verwysings

Bronnelys

    Algemeen

Eksterne skakels

Tags:

Eritrea AardrykskundeEritrea InwonersEritrea RegeringEritrea EkonomieEritrea VerwysingsEritrea BronnelysEritrea Eksterne skakelsEritreaAfrikaArabiesDjiboutiEthiopiëRooiseeSoedanTigrinya

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Sally EsterhuizenCarles PuigdemontYstervarkVerkleinwoordBreingewasWaverApartheidHannes van WykNierversakingParysOosters-Ortodokse KerkRugbywêreldbeker 2023AfrikanersDiepaartromboseKoorsPesachNoord-KaapBoet TroskieNederlandAmalia UysFiksieLys van Afrikaanse rolprenteBloedsomloopstelselMorfologie (taalkunde)MaselsGeelslangLys van bekende Suid-AfrikanersSteve HofmeyrErfenisPaulus van TarsusBrongitisMondVaginale kankerEuropese UnieThabo MbekiPolisiePtolemeusMaroela MediaMarita NapierSuurstofAfrikaanse Hoër SeunskoolKaapstadVermaak26 MaartLiefdeKonjunktivitisDie BylSkrikkeljaarChristendomMenseregtedagOrgaanMenslike penisgrootteWes-AfrikaLys van woestyneBoomSeksuele stimulasieInstagramWikimedia-stigtingTierboskatDeon MeyerLiewe HeksieRugbywêreldbeker 1987OrganometaalchemieVlag van AfghanistanMensDepressie (gemoedstoestand)Nieu-SeelandVoedingLys van kleurePG du PlessisKadmium🡆 More