Die blouduiker of bloubokkie is een van die kleinste van die antiloopsoorte.
Hulle word in beboste gebiede van Sentraal- tot Suider-Afrika aangetref.
Blouduiker | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Cephalophinae |
Genus: | Philantomba |
Spesie: | P. monticola |
Binomiale naam | |
Philantomba monticola Thunb., 1789 |
'n Volwasse blouduiker het 'n gemiddelde hoogte van 35 cm. Hulle het twee klein horinkies op hulle koppe; die langste horings wat aangeteken is, is 10 cm. Blouduikers vreet hoofsaaklik vrugte, alhoewel hulle ook soms vars blare eet wat op die grond geval het.
'n Blouduiker is 'n skugter dier en sal in die ruigtes induik wanneer hy gesteur word.
Ná 'n draagtyd van sewe maande, gee die ooi tussen September en November geboorte aan 'n enkele lammetjie. Blouduikers het 'n moontlike lewensduur van 9 jaar.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Blouduiker, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.