Suid-Ossetië (Osseties: Хуссар Ирыстон, Chussar Iryston; Georgies: სამხრეთი ოსეთი, Samchreti Osseti; Russies: Южная Осетия, Juschnaja Ossetija), amptelik die Republiek Suid-Ossetië – die Staat Alanië (Osseties: Республикӕ Хуссар Ирыстон / Паддзахад Аллонстон, Respublikæ Xussar Iryston / Paddzaxad Allonston; Russies: Республика Южная Осетия / Государство Алания, Respublika Yuzhnaya Osetiya / Gosudarstvo Alaniya), is volgens internasionale reg 'n deel van Georgië, maar vorm de facto 'n onafhanklike republiek, sonder algemene internasionale erkenning.
| |||||
Volkslied: Республикӕ Хуссар Ирыстоны Паддзахадон Гимн (tr.: Respublikæ Hussar Irystony Paddzahadon Gimn) (Osseties vir: "Volkslied van die Republiek Suid-Ossetië") | |||||
Hoofstad | Zchinwali | ||||
Grootste stad | Zchinwali | ||||
Amptelike tale | Osseties en Russies | ||||
Regering | Semi-presidensiële republiek Alan Gaglojef Konstantin Dzhoessoef | ||||
Onafhanklikheid Gedeeltelik erkende staat • Verklaar • Erkenning | van Georgië 21 Desember 1991 26 Augustus 2008 (beperk) | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) | 3 900 km2 1 500 myl2 feitlik niks | ||||
Bevolking - 2022-skatting - 2015-sensus - Digtheid | 56 520 (–) 53 532 13,7 / km2 35,5 / myl2 | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita | 2017-skatting $100 miljoen (–) | ||||
Geldeenheid | Russiese roebel (RUB ) | ||||
Tydsone - Somertyd | MSK (UTC+3) nie toegepas nie (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | geen | ||||
Skakelkode | +995 34 |
Alhoewel Georgië nie beheer oor Suid-Ossetië uitoefen nie, beskou die Georgiese regering, die Verenigde Nasies en die meerderheid van die wêreld se regerings Suid-Ossetië as deel van Georgië, wie se grondwet ná dié gebied as die voormalige outonome distrik Suid-Ossetië verwys.
Suid-Ossetië is in die suidelike Groter Kaukasus geleë. Die hoofstad en grootste stad is Zchinwali. Suid-Ossetië beslaan 'n oppervlakte van 3 900 km² en het 'n bevolking van 56 520 in 2022 gehad. Suid-Ossetië grens in die noorde aan die Russiese deelgebied Noord-Ossetië-Alanië.
Soms word na Suid-Ossetië, Abchasië, Transnistrië en Artsach as post-Sowjetse "bevrore konfliksones" verwys. Almal is lidlande van die Gemeenskap vir Demokrasie en Regte van Nasies.
Ossetiërs vorm met 48 146 inwoners die meerderheid van die bevolking (89,9 persent).
Etniese samestelling van Suid-Ossetië (2015) | |||
---|---|---|---|
Etniese groep | Aantal | % | |
Ossetiërs | 48 146 | 89,9 | |
Georgiërs | 3 966 | 7,4 | |
Russe | 610 | 1,1 | |
Armeniërs | 378 | 0,7 | |
Ander | 432 | 0,8 | |
Suid-Ossetië (totaal) | 53 532 | 100 |
Wiki Commons bevat media in verband met Suid-Ossetië. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Suid-Ossetië, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.