Kiribati: Eilandnasie

Kiribati, amptelik die Republiek Kiribati (Engels: Republic of Kiribati, Kiribaties: Ribaberiki Kiribati), is 'n eilandnasie in die Stille Oseaan en Oseanië langs die ewenaar, wat vroeër as die Gilberteilande bekend gestaan het.

Kiribati beslaan 'n oppervlakte van 811 km² en het 'n bevolking van 103 500 in 2010 gehad. Kiribati is in die ooste van Nauru en die Gefedereerde State van Mikronesië, in die suidooste van die Marshalleilande, in die suide van Hawaii, in die noordweste van Frans-Polinesië en in die noorde van die Cookeilande, Tokelau en Tuvalu geleë. Kiritimati is ook deel van Kiribati. Die hoofstad en grootste stad is Suid-Tarawa.

Republic of Kiribati (Engels)
Ribaberiki Kiribati (Kiribaties)
Republiek Kiribati
Vlag van Kiribati Wapen van Kiribati
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Te Mauri, Te Raoi ao Te Tabomoa
(Kiribaties vir: "Gesondheid, vrede en voorspoed")
Volkslied: Teirake Kaini Kiribati
(Kiribaties vir: "Staan op, Kiribati")
Ligging van Kiribati
Hoofstad Suid-Tarawa

1°28′S 173°2′O / 1.467°S 173.033°O / -1.467; 173.033

Grootste stad Suid-Tarawa
Amptelike tale Engels en Kiribaties
Regering
President
• Adjunkpresident
Parlementêre republiek
Taneti Mamau
Teuea Toatu
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• van die Verenigde Koninkryk


12 Julie 1979
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
811 km2  (172ste)
313 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2010-skatting
 - 2015-sensus
 - Digtheid
 
103 500 (197ste)
110 136
152 / km2 (73ste)
393,7 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$751 miljoen
$6 518

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$226 miljoen
$1 964

MOI (2014) Kiribati: Eilandnasie 0,590 (137ste)  –  medium
Geldeenheid Kiribati-dollar en
Australiese dollar (AUD)
Tydsone
 - Somertyd
(UTC+12 tot +14)
nie toegepas nie (UTC+12 tot +14)
Internet-TLD .ki
Skakelkode +686
Kiribati: Eilandnasie
Nasa-Satellietbeeld van Kiribati se Gilberteilande
Kiribati: Eilandnasie
Kaart van Kiribati

Die "Gilberteilande" is genoem ná die seekaptein Thomas Gilbert wat in 1788 saam met die seekaptein John Marshall, ná wie die Marshalleilande genoem is, Kiribati en die Marshalleilande vir Europa ontdek het.

Op 12 Julie 1979 het Kiribati van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. Kiribati is 'n parlementêre republiek binne die Britse Statebond.

Kiribati word ernstig deur klimaatverandering bedreig. Volgens die Wêreldbank se raming sal dié eilandnasie in 2050 nie meer bewoonbaar wees nie en teen 2070 oorwegend oorstroom.

Die eilandnasie bestaan uit 32 atolle in drie argipels en die eiland Banaba.

Kaart Gilberteilande 16 atolle
282 km²
Kaart Phoenixeilande 8 atolle
27,7 km²
Kaart Line-eilande 8 van altesaam 11 atolle
495 km²

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

CookeilandeEilandnasieEngelsEwenaarFrans-PolinesiëGefedereerde State van MikronesiëHawaiiHoofstadKiribatiesKiritimatiMarshalleilandeNauruOseaniëStille OseaanSuid-TarawaTokelauTuvalu

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Vergelykings (taalkunde)SirkelDramaHibernasieHemelvaartsdagChemiese verbindingEkonomie van Suid-AfrikaBeroerteMisdaadFranse RewolusieSeptimius AwardsSportDroogteEkotoerismeBTWJakkalsVloeistofBywoordEeuSkerpioenPapegaaieOranje-VrystaatMieliestronkKaliumVerkleinwoordMensElon MuskGeweldSuid-AfrikaDiatomiese molekuulMcDonald'sAfrikaTelevisieMenseregteNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartySteenkool in Suid-AfrikaSout (chemiese stof)Cleopatra VIISeksuele opwekkingVleilandGamelanDialoog in fiksieRumatoïede artritisCarike KeuzenkampTussenwerpselLys van Afrikaanse digtersSpringbokDiarreeMenstruasieOrrelBrongitisReënKunstenaarManie LibbokAnrich HerbstPlaattektoniekStereotipePuberteitKaapstadse waterkrisis 2015-2018Afleiding (taalkunde)Seksuele penetrasieDrakensbergeAluminiumTrappe van vergelykingDigvormFrankrykAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeKlein-KarooSarel Jacob PretoriusBevolkingAfkappingstekenRassisme in AfrikaWet op NaturellengrondInentingCheslin KolbeSwartrenoster🡆 More