Abchasië

Abchasië (Abchasies: Аҧсны́, Apsny, ; Georgies: აფხაზეთი, Apkhazeti, ; Russies: Абха́зия, Abkhа́ziya, ), amptelik die Republiek Abchasië (Abchasies: Аҧсны Аҳәынҭқарра, Aphsny Axwynthkharra; Russies: Респу́блика Абха́зия, Respublika Abkhaziya), is volgens internasionale reg 'n deel van Georgië, maar vorm de facto 'n onafhanklike republiek, sonder algemene internasionale erkenning.

Аҧсны Аҳәынҭқарра
Aphsny Axwynthkharra (Abchasies)
აფხაზეთი
Apkhazeti (Georgies)
Респу́блика Абха́зия
Respublika Abkhaziya (Russies)
Republiek Abchasië
Vlag van Abchasië Embleem van Abchasië
Vlag Embleem
Volkslied: Аиааира
(tr.: Aiaaira)
(Abchasies vir: "Oorwinning")
Ligging van Abchasië
Hoofstad Soechoemi

43°00′N 40°59′O / 43.000°N 40.983°O / 43.000; 40.983

Grootste stad Soechoemi
Amptelike tale Abchasies en Russiesa
Regering Unitêre semi-presidensiële
grondwetlike republiek
Aslan Bzhania
Alexander Ankwab
Onafhanklikheid
Gedeeltelik erkende staat
• Georgiese nietigverklaring
van alle Sowjetse
wette en verdrae
• Verklaring van soewereiniteitb
• Georgiese
onafhanklikheidsverklaring
• Ontbinding van
die Sowjetunie
• Abchasiese
onafhanklikheidsverklaring
• Huidige grondwet
• Grondwetlike referendum
• Onafhanklikheidswetc
• Eerste internasionale
erkenningd

van Georgië


20 Junie 1990
25 Augustus 1990

9 April 1991

26 Desember 1991

23 Julie 1992
26 November 1994
3 Oktober 1999
12 Oktober 1999

26 Augustus 2008
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
8 640 km2  
3 336 myl2
feitlik geen
Bevolking
 - 2020-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
244 926 ()
240 705
28,3 / km2
73,3 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2010-skatting

$500 miljoen
$2 039

Geldeenheid Apsar
Russiese roebele (RUB)
Tydsone
 - Somertyd
GET (UTC+4)
nie toegepas nie (UTC+4)
Internet-TLD
Skakelkode +7 840 / 940 en +995 44
a. Die Russiese taal word as staatstaal erken (Artikel 6 van die Grondwet) en word ook wyd in ander instellings gebruik.
b. Nietig verklaar deur Georgië onmiddellik daarna.
c. Te stig, met terugwerkende effek, de jure onafhanklikheid sedert die oorlog van 1992–1993.
d. Deur Rusland. Sedertdien het 'n bykomende vier VN-lidlande Abchasië se onafhanklikheid erken.
e. De facto geldeenheid. Verskeie Abchasiese apsar-herdenkingsmunte is uitgereik. Die apsar het 'n vaste wisselkoers, gekoppel aan die Russiese roebel (1 roebel = 0,10 apsar).
Abchasië
Nasa-satellietbeeld van Abchasië
Abchasië
’n Kaart van Georgië wat die gebiede Abchasië (groen) en Suid-Ossetië (pers) aandui, wat albei de facto onafhanklik is
Abchasië
Die Kaukasusberge, soos gesien vanaf die Pitsoenda-kaap in Abchasië

Alhoewel Georgië nie beheer oor Abchasië uitoefen nie, beskou die Georgiese regering, die Verenigde Nasies en die meerderheid van die wêreld se regerings Abchasië as deel van Georgië, wie se grondwet na dié gebied as die Outonome Republiek Abchasië verwys.

Abchasië is in die Suid-Kaukasus langs die Swartseekus geleë. Die hoofstad en grootste stad is Soechoemi. Abchasië beslaan 'n oppervlakte van 8 640 km² en het 'n bevolking van 244 926 in 2020 gehad. Abchasië grens in die noorde aan die Russiese deelgebiede Karatsjai-Tsjerkessië en Krasnodar-krai.

Soms word na Abchasië, Suid-Ossetië, Transnistrië en Artsach as post-Sowjetse "bevrore konfliksones" verwys. Almal is lidlande van die Gemeenskap vir Demokrasie en Regte van Nasies.

Politiek

Internasionale erkenning

Abchasië 
Internasionale erkenning van Abchasië en Suid-Ossetië:

   Abchasië en Suid-Ossetië

   VN-lidlande wat Abchasië en Suid-Ossetië se onafhanklikheid erken

   De facto lande wat Abchasië en Suid-Ossetië se onafhanklikheid erken

   De facto lande wat Suid-Ossetië se onafhanklikheid erken

   Lande wat die onafhanklikheid van Abchasië en Suid-Ossetië nie erken nie

    VN-lidlande
  • Abchasië  Rusland erken Abchasië sedert 26 Augustus 2008 ná die Suid-Ossetië-oorlog van 2008.
  • Abchasië  Nicaragua erken Abchasië op 5 September 2008.
  • Abchasië  Venezuela erken Abchasië op 10 September 2009.
  • Abchasië  Nauru erken Abchasië op 15 Desember 2009.
  • Abchasië  Sirië erken Abchasië op 29 Mei 2018.
    Gedeeltelik erkende en nie-erkende gebiede
    Voormalige erkenning
  • Abchasië  Vanuatu erken Abchasië op 23 Mei 2011, maar neem die erkenning op 20 Mei 2013 terug.
  • Abchasië  Tuvalu erken Abchasië op 18 September 2011, maar neem die erkenning op 31 Maart 2014 terug.

Etniese samestelling

Abchasië 
Etniese kaart van die Kaukasus-streek

Abchasiërs vorm met 124 115 inwoners 'n stewige meerderheid van die bevolking (51,0 persent).

Etniese samestelling van Abchasië (2015)
Etniese groep Aantal %
Abchasiërs 124 115 51,0
Georgiërs 43 496 17,9
Armene 41 925 17,2
Russe 22 301 9,2
Mingreliërs 3 244 1,3
Oekraïners 1 758 0,7
Grieke 1 350 0,6
Turke 723 0,3
Ossetiërs 596 0,2
Tartare 355 0,1
Estlanders 354 0,1
Roma 276 0,1
Belarusse 265 0,1
Ander 2 448 1,0
Totaal 243 206 100

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Abchasië PolitiekAbchasië Etniese samestellingAbchasië VerwysingsAbchasië Eksterne skakelsAbchasiëAbchasiesDe factoGeorgiesGeorgiëInternasionale regRussies

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HeliosfeerPerdA.J. ApplegateKwaZulu-NatalFridtjof NansenNarsistiese persoonlikheidsteuringKoninkryk van die NederlandeOsoonlaagKatMenslike penisgrootteNelson MandelaMeksikoNatuurbewaringJada FireGeorgiëAngssteuringKlein vyf diereBeroerteEngelsAdolf HitlerWaterhertBloedsomloopstelselPaarl GimnasiumMondVerenigde KoninkrykKarlien van JaarsveldDeon MeyerChristeneOogproblemePuberteitAntoniemSkaakAnneli van RooyenVoornaamwoordHorlosieLys van chemiese elemente volgens atoomgetalAnale kankerSuid-Afrikaanse randBynierNasiebouGuillain-Barré-sindroomTarentaleNatuurlike satelliete van kleinplaneteVyfsterGeurmiddelOraniaOnderhandelinge om apartheid te beëindigGoogle TranslateWikiOnse VaderMartin BesterKopieregJeugdagCNederlandKoolhidraatWikiquote1991HemelvaartsdagSuider-AfrikaSpookvoëlGooglePublieke domeinBorsbeenBruin huisslangE-posNamakwalandHekseryWynsteenAnnelize van der RystWikimania🡆 More