Siekte

'n Siekte is 'n skadelike fisiese of psigiese afwyking van 'n organisme.

Meer spesifiek, dit is 'n ontwrigting van die homeostase, die selfregulerende proses waardeur biologiese stelsels hulle stabiliteit bewaar deur by omstandighede aan te pas. Dit gaan dikwels met simptome gepaard wat die mediese toestand verklap.

Siekte
Die bakterieë wat tuberkulose veroorsaak.

Siektes veroorsaak meestal pyn, ongemak of 'n abnormale toestand. Dit kan deur genesing gevolg word, moontlik na behandeling, maar kan ook tot 'n gestremdheid of die dood lei. Voorkoming is gewoonlik beter as behandeling.

Voorbeelde van algemene siektes is griep en virusinfeksies van die lugweë. Algemene dodelike siektes is kanker en kardiovaskulêre siektes.

Gegewe die baie verskillende siektes is dit nie altyd moontlik om 'n duidelike onderskeid tussen siekte en gesondheid te tref nie. Daar is ook 'n kulturele sy, wat in die gewoontes en medikasie wat 'n samelewing gebruik bespeur kan word.

Die invloed van siektes is nie tot individue en hul onmiddellike omgewing beperk nie, maar het 'n groot rol in die geskiedenis van die mensdom gespeel. Volgens die historikus McNeill, selfs 'n sentrale rol.

Patologie is die studie waarbinne die verskillende stadia van siektes ondersoek word. So is etiologie die leer van die oorsake wat die ontwikkeling van siektes beskryf.

Eksterne skakels

Tags:

HomeostaseOrganismeSimptoom

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VigsDuitse maselsKompasLys van kinderspeletjiesLandbouEkostelselTolla van der MerweAfrikaErnstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2DroogteGetalSatireDerrickBorsbeenPtolemeusEuropese Suidelike SterrewagBloedsomloopstelselModernismeZuid-Afrikaansche RepubliekSlaapapneeAfrikaanse Hoër SeunskoolXhosaEnsiklopedieGewone tarentaalAllergie26 MaartEuropaAbstraksie (rekenaarwetenskap)EpilepsieBorsteBaarmoederAfrikaansKwaZulu-NatalInligtingVerkleurmannetjieDramaBoomKangaroeOnse VaderAfrikaanse taalleerVerenigde State van AmerikaLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameKleinkolmuskeljaatkatDie Stem van Suid-AfrikaFrankrykAspergersindroomVolksrepubliek ChinaMensGoogle TranslateTydPersOnderhandelinge om apartheid te beëindigUnited Democratic FrontEucalyptusDundermMenseregteKrieketElandréAfkappingstekenEier (biologie)Natuurlike satelliete van kleinplaneteOrganometaalchemieMorfologie (taalkunde)VoorsetselBosluisbytkoorsDonker materieJodeGianna MichaelsHennie MaasRykie van Reenen🡆 More