Dr.
Sarvepalli Radhakrishnan (1888–1975) was 'n Indiese filosoof. Hy was bekend vir sy werk op vergelykende godsdiens en vergelykende Westerse en Oosterse filosofie. Hy was ook 'n onderwyser in Indië en later was hy 'n dosent aan die Universiteit van Oxford in die Verenigde Koninkryk. Daarbenewens was hy ook 'n staatsman en het as die tweede President van Indië gedien.
Sarvepalli Radhakrishnan | |
Sarvepalli Radhakrishnan in 1962 | |
2de President van Indië | |
Ampstermyn 14 Mei 1962 – 13 Mei 1967 | |
Vise | Zakir Husain |
---|---|
Eerste minister | Jawaharlal Nehru Gulzarilal Nanda (wnd.) Lal Bahadur Shastri Gulzarilal Nanda (wnd.) Indira Gandhi |
Voorafgegaan deur | Rajendra Prasad |
Opgevolg deur | Zakir Husain |
1ste Adjunkpresident van Indië | |
Ampstermyn 26 Januarie 1952 – 12 Mei 1962 | |
President | Rajendra Prasad |
Eerste minister | Jawaharlal Nehru |
Voorafgegaan deur | Nuwe amp |
Opgevolg deur | Zakir Husain |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Thiruttani, Madras, Brits-Indië (nou in Tamil Nadu, Indië) | 15 September 1888
Sterf | 17 April 1975 (op 86) Madras, Tamil Nadu, Indië |
Politieke party | onafhanklik |
Eggenoot/-note | Sivakamu, Lady Radhakrishnan |
Kind(ers) | Vyf dogters, een seun |
Alma mater | Madras Christian College Universiteit van Madras |
Religie | Hindoeïsme |
Toekennings | Bharat Ratna (1954) |
Radhakrishnan se verjaarsdag, 5 September, is ter herdenking van hom as Onderwysersdag in Indië erken.
Radhakrishnan het kritiek gelewer op die westerse wyse van onderrig. Die basis van sy kritiek was dat die teologie die westerse filosofie gedomineer het en die gevolg daarvan was die beperking van vryheid van uitdrukking.
Hy het boeke geskryf oor die Indiese filosofie, en daarin het hy probeer om die aandag van westerse filosowe te kry. In sy boek, The Idealist View of Life, vergelyk hy die verskillende metodes van die denkproses met spesiale beklemtoning op die simplisties-rasionele metode van denk.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Sarvepalli Radhakrishnan, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.