'n Woordeboek is 'n naslaanboek waarin die betekenis van die woorde van 'n sekere taal, of 'n sekere aspek van 'n taal, weergegee word.
Daar kan tussen verskillende soorte woordeboeke onderskei word:
Die tweetalige woordeboek of vertalende woordeboek is die oudste soort woordeboek. Hierdie woordeboeke het ten doel om die betekenis van woorde van 'n vreemde taal in 'n taal weer te gee wat die raadpleger verstaan. Reeds in die middeleeue het daar al vele woordeboeke bestaan wat min of meer soos woordelyste opgestel is en ten doel gehad het om mense Latyn te leer. Sedert die einde van die middeleeue het daar ook woordeboeke vir moderne vreemde tale soos Frans en Hoogduits verskyn. Daar is gewoonlik twee dele in sulke woordeboeke: een deel vir die vertaling vanuit die vreemde taal en een deel vir vertaling in die vreemde taal. Gelykmatig
Die verklarende woordeboek is tans ongetwyfeld die mees geraadpleegde woordeboeksoort. Hierin word 'n groot aantal woorde van die moedertaal van die samesteller aangetref, en die betekenis van elke woord word in dieselfde taal omskryf. Die bekendste Afrikaanse verklarende woordeboek is die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal.
Die veldgespesialiseerde woordeboek of vakwoordeboek gee nie die woordeskat van 'n taal weer nie, maar slegs die vaktaal van 'n bepaalde groep mense, gewoonlik mense wat dieselfde vak beoefen. Daar bestaan beide verklarende woordeboeke en vertalende woordeboeke in hierdie kategorie.
Die etimologiese woordeboek verduidelik die etimologie of herkoms van woorde.
Sien woordeboek in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Woordeboek, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.