Wiki is 'n groot plek wat mens soms nogal deurmekaar kan maak.
"Waar kry ek...?" "Waar kan ek...?" "Hoe moet ek...?" Hierdie bladsy poog om al daardie vrae te beantwoord. Maak gerus ook 'n draai by die Gebruikersportaal of, indien u steeds nie 'n antwoord op u vraag kry nie, vra dit gerus in die Geselshoekie.
A. Sien Wat is 'n wiki?
A. Sedert 15 Januarie 2001. 'n Vroeë weergawe van die Wikipedia het vir 'n paar dae by Nupedia.com bestaan (vanaf 10 Januarie). Die Afrikaanse Wikipedia is in Desember 2001 geskep.
A. Die Wiki Stigting is in beheer van al die Wikimedia-projekte (waaronder ook Wikipedia) en hulle is ook die eienaars van die bedieners waarop Wikipedia gehuisves word.
A. Die tekste op Wikipedia, waaronder artikels, hulpbladsye, ens., word vrygestel onder die GNU-lisensie vir vrye dokumentasie (GFDL). Dit beteken dat die eienaar van enige teks die skrywer daarvan is, maar dat so 'n skrywer op weinige outeursregte aanspraak het. Solank gebruikers van Wikipedia hulle by hierdie lisensie hou (die belangrikste vereiste is dat enige verspreiding of hergebruik steeds onder dieselfde lisensie moet gebeur), kan enige persoon met die tekste doen wat hulle wil. Let wel: wanneer teks eers onder die GNU-lisensie vrygestel is, mag dié lisensie nie herroep word nie.
A. Medewerkers (gebruikers) wat baie bydra en die administrateurs word dikwels deur die buitewêreld as Wikipedia se redaksie gesien, maar dit is nie 'n feitelik akkurate waarneming nie. Wikipedia het nie 'n redaksie in die tradisionele sin van die woord nie. In beginsel kan enige persoon 'n artikel skep, wysig of dophou (om te kontroleer vir akkuraatheid van feite, neutrale standpunt en moontlike vandalisme). Dus vorm enige persoon wat 'n bydrae lewer (maak nie saak hoe klein nie) deel van die redaksie, alhoewel hierdie benaming nooit by Wikipedia self gebruik word nie.
A. 'n Vrye Wikipedia wat deur enige iemand gewysig kan word is die hoofkonsep van Wiki Afrikaans. Sonder hierdie konsep sou Wikipedia nooit kon bestaan nie. Dit is terselfdertyd Wikipedia se sterkste punt en sy swakste punt. Enige persoon wat 'n fout sien kan dit verbeter. Daar is 'n ook 'n aktiewe gemeenskap wat aktief waak oor ander gebruikers se wysigings. Verder is daar ook gebruikers wat hulle spesifiek toelê op vandalismebestryding. (Herhalende vandaliste word geblokkeer.) Uiteindelik kan daar egter geen enkele waarborg oor die korrektheid al dan nie van artikels in die ensiklopedie gegee word nie.
Dit is egter nie uniek aan Wikipedia nie: selfs in die hooggeagte Encyclopædia Britannica word daar gewaarsku dat daar geen waarborg van die inhoud is nie [1].
A. 'n Goeie vraag. 'n Goeie idee is om 'n skakel hierheen op u eie webblad te plaas (en moontlik van u kennisse vra om dieselfde te doen). U kan berigte plaas in die koerante of op kennisgewingborde van universiteite of skole en ander onderwysinstellings. U kan eienaars van ander webwerwe vra om 'n skakel na Wikipedia op hulle bladsye te plaas. Indien u kennisse het wat geleerdes is in 'n vakgebied, kan u hulle vra om dié kennis met die wêreld te deel in die betrokke artikel.
A. Ja, sekerlik! Dit is die sentrale idee agter Wiki Afrikaans. Deurdat enige persoon bladsye mag wysig en verander, kan enige iemand hulle kennis met die res van die wêreld deel. Indien 'n persoon onsin sou skryf, word dit meestal vinnig ontdek deur 'n ander bydraer en gou gekorrigeer.
A. 'n Rooi- of blou-gekleurde woord verskaf 'n skakel ("link") na 'n ander bladsy. Woorde in blou is skakels na reeds-bestaande artikels, terwyl woorde in rooi daarop dui dat die artikels nog nie bestaan nie.
A. Sien gerus Hoe om 'n nuwe bladsy te skep.
A. Sien gerus Wikipedia:Redigeringsinstruksies vir die basiese instruksies.
A. Sien gerus die Wikipedia:Gebruikersportaal vir skakels na al die verskeie riglyne, onder andere ons beleid oor oorspronklike navorsing en die titels van artikels. Indien u nie die riglyne kan vind waarna u soek nie, vra gerus in die Geselshoekie: ervare gebruikers kan vinnig 'n skakel na die gewenste bladsy verskaf, of die riglyne kan geskep word indien dit nie bestaan nie.
A1. Die inhoud van Wikipedia val onder die GNU-Vrye dokumentlisensie. Kortom: tensy die materiaal wat u wil kopieer (1) in die publieke domein is (geheel en al vry van outeur- of kopiereg) of (2) net soos Wikipedia onder 'n vrye lisensie val, kan u dit waarskynlik nie gebruik nie. Indien u enige twyfel het moet u dit nie kopieer nie. Raadpleeg eerder met ander gebruikers in die Geselshoekie, hulle kan moontlik help om die lisensie van 'n werk uit te klaar.
A2. Outeursreg en kopiereg het betrekking op letterkundige tekste, foto's en ander kreatiewe werke. In beginsel moet mens die toestemming van die kopiereghouer hê voor sulke werke na Wikipedia gekopieer mag word. Daar is egter uitsonderings op die reël:
Dit is 'n wanbegrip dat kopiereg (©) uitdruklik gemeld moet word vir 'n werk om outeursregte te geniet. Enige kreatiewe werk skep vanself sy eie kopiereg die oomblik wat die werk geskep word en dit hoef nie uitdruklik gemeld te word nie.
Indien u teks regstreeks kopieer, of 'n beeld na Wikipedia oplaai, is dit uiters belangrik om die bron van die teks of beeld by te voeg. Só kan dit nagegaan word om seker te maak dat dit wel vryelik beskikbaar is. Indien regstreeks gekopieerde teks of 'n beeld nié van 'n bron voorsien word nie, kan dit gemerk word as 'n kopieregskending en sal dit mettertyd verwyder word.
A. Daar is baie redes hiervoor; hier volg 'n paar:
A1. Leer uit ander se foute: wees versigtig met die skep van 'n nuwe artikel. Maak eers seker dat 'n soortgelyke artikel nie miskien onder 'n ander naam beskikbaar is nie, voordat u 'n nuwe artikel begin. Dikwels kan sommige onderwerpe by reeds-bestaande artikels gevoeg word, eerder as om 'n nuwe artikel te begin. (Byvoorbeeld, inligting oor rugbyposisies hoort eerder tuis by die artikel, rugby, as by 'n nuwe artikel oor rugbyposisies.)
A2. Bladsye wat egter geen nuttige inligting bevat nie, bv. vandalisme of slegs advertensieskakels, mag vir spoedige verwydering kwalifiseer.
A3. Indien u op 'n artikel afkom wat wel sinvolle inligting bevat, maar u glo dat die bladsy nie geskik is vir Wikipedia nie, kan u dit vir verwydering nomineer.
A. Indien die huidige titel nie korrek is nie (bv. 'n spelfout), kan die artikel na die regte naam geskuif word deur eenvoudig die "skuif"-knop bo-aan die bladsy van die artikel te gebruik.
Indien u egter oorweeg om die artikel na 'n wesenlik-ander titel te skuif (bv. van paddas na amfibieë), is dit 'n goeie idee om dit eers op die huidige bladsy se besprekingsblad te bespreek. Daarmee kan konsensus tussen gebruikers bereik word en andere ingelig word oor die motief vir die beplande skuif.
A. U kan u gunsteling artikels by u dophoulys voeg, deur op "hou dop" aan die bokant van elke bladsy te kliek.
Vir die nuutste wysigings dwarsdeur die ensiklopedie, kan u ook die spesiale bladsy, Onlangse wysigings, raadpleeg.
A. Ja. Heel bo-aan elke bladsy is daar 'n opsie wat lees "my bydraes". Deur die daarop te kliek kan u al die bydraes sien wat u by Wikipedia gemaak het.
A. Indien u 'n sleutelwoord intik (bv. "Maan" of "Parys") en u kliek op "Gaan", sal u geneem word na die artikel met dié spesifieke titel. Indien geen so artikel bestaan nie, verkry u 'n lys met artikels waarin hierdie term voorkom. U het dan ook die opsie om die artikel te skep, bo-aan die bladsy, waar staan, "Vir navraag".
Indien u op die "Soek"-knoppie kliek, sal u steeds 'n lys met artikels kry waarin die sleutelwoord verskyn, selfs al bestaan daar 'n artikel met dié titel.
A. Rapporteer dit asseblief so vinnig as moontlik in die Geselshoekie.
A. Meld u versoek by Wikipedia:Versoeke artikels.
A. U rekenaar is heel waarskynlik nie in staat om die lettertipe ("font") te vertoon nie. Dit sal dus eers korrek vertoon wanneer u sagteware vir die spesifieke lettertipe geïnstalleer het.
A. Sien Wiki Commons vir 'n versameling beelde wat direk by enige van die Wikimedia-stigting se projekte gebruik kan word. U kan ook u eie beelde oplaai, maar dit word verkieslik na die Wiki Commons gedoen sodat die beelde deur al die ander projekte ook gebruik kan word. Indien u 'n beeld hier wil oplaai, maak seker dat u vertroud is met ons beleid rakende beelde.
Sien gerus Wikipedia:Beelde en Wikipedia:Uitgebreide beeldsintaks vir meer inligting oor hoe en waar u 'n beeld by 'n artikel kan toevoeg.
A1. 'n Burokraat kan die naam van 'n gebruiker se gebruikersrekening verander, m.a.w. indien u eerder "Jan" wil wees, in plaas van "Janneman". Sien hierdie outomatiese lys van burokrate by die Afrikaanse Wiki Afrikaans. U kan enige een van hulle op hulle besprekingsbladsye kontak en vra om u naam te verander.
A2. Dit is op hierdie oomblik nie tegnies moontlik om 'n gebruikersnaam of rekening te verwyder nie.
A. Op die besprekingsbladsy! Bo-aan elke bladsy is daar 'n knoppie wat heet "bespreking". Kliek gerus daarop om na die besprekingsbladsy van 'n artikel te gaan. (Indien die woord in rooi vertoon, beteken dit slegs dat niemand nog 'n bespreking oor die bladsy begin het nie, gaan maar voort daarmee!)
(Ook hierdie bladsy het 'n besprekingsbladsy.)
A. Nee, nie werklik nie. Slegs administrateurs besit oor die gereedskap om 'n bladsy vir goed te verwyder (maar selfs dan kan hulle aksies ongedaan gemaak word). Dit is wel so dat vandalisme (of onervare gebruikers) 'n bladsy kan leeg maak, d.w.s. die inhoud daarvan verwyder, maar dit kan maklik ongedaan gemaak word (sien onder vir meer inligting). Persone wat bladsye herhaaldelik so vandaliseer kan deur administrateurs geblok word, sodat hulle nie meer bladsye by Wikipedia kan wysig nie.
A. Dit is heel eenvoudig: kliek gewoonweg op die "geskiedenis" van die artikel (bo-aan die bladsy, in die middel). Daar kom dan 'n geskiedenis van al die weergawes van die betrokke artikel te voorskyn. Die bladsy bevat 'n lys van al die weergawes van die bladsy: 'n nuwe weergawe word geskep deur wysigings aan die bladsy aan te bring en dan op "Publiseer wysigings" te kliek. Soek na die mees onlangse korrekte weergawe en kliek dan op "wysig bron" en dan op "Publiseer wysigings". U sal 'n boodskap kry wat u waarsku dat u besig is om 'n ouer weergawe van die bladsy te wysig; u kan dit gewoonweg ignoreer. Onthou om in die wysigingsopsomming te meld dat u die artikel "terugrol" en hoekom u dit doen!
A. Die persoon wat sy bladsy eerste stoor sal niks merk nie. Die tweede persoon sal egter 'n boodskap kry dat daar 'n "wysigingskonflik" is - nie 'n aangename gebeurtenis nie. U wysigings sal dan in 'n tweede wysigingsvenster onder-aan die bladsy verskyn: u moet dan u wysigings kopieer na, of inkorporeer by, die boonste (eerste) wysigingsvenster, voordat u op "Publiseer wysigings" kliek.
A. As u naas u wysigingsopsomming die vakkie "Klein wysiging" merk, dan beteken dit dat die wysiging wat u aangebring het nie die inhoud van die bladsy verander het nie. Dit geld vir kleinighede soos die korrigeer van spel- en tikfoute, die korrigeer van 'n skakel of iets dergeliks. So 'n wysiging word dan ook as 'n "klein wysiging" aangetoon op die bladsygeskiedenis, Onlangse wysigings en u dophoulys. So weet ander gebruikers dat hulle nie so 'n wysiging hoef na te gaan nie, aangesien dit nie werklik die inhoud van die artikel verander het nie. Die toevoeging van nuwe inligting, hoe min ook al, is egter nie 'n klein wysiging nie.
A. Ja en nee. Indien die foto of teks onder 'n vrye lisensie vrygestel is, mag u dit inderdaad doen. Indien die toestemming u egter toelaat om die beeld/teks in Wikipedia te gebruik (en nêrens anders nie), kan ons dit nie hier aanvaar nie.
Indien u byvoorbeeld 'n foto wil oplaai wat deur 'n kennis van u geneem is, moet hy sy toestemming aan u per e-pos stuur. 'n Kopie van die e-pos, wat sy naam en e-posadres duidelik toon, kan dan geplaas word by Wikipedia:Bronne en moet die naam van die beeldlêer meld en onder watter vrye lisensie dit vrygestel word.
A. Eksterne skakels is aanvaarbaar, maar let wel: Wikipedia is nie 'n versameling van eksterne skakels nie. Indien 'n artikel te veel, of nie-gepaste skakels het, kan enige persoon die skakels hersien en sommige verwyder. Skakels na erkende instellings wat betroubare bronne is op die gebied van die artikel se onderwerp is aanvaarbaar. Geen skakels na advertensiewerwe of persoonlike webwerwe nie, asseblief!
A. 'n Geregistreerde gebruikersrekening is nie verpligtend nie, maar u kan allerlei voorkeure instel indien u oor een beskik. Dié voorkeure word dan gestoor tussen u besoeke aan Wiki Afrikaans. U kan ook dan 'n gebruikersnaam kies, wat in plaas van u IP-adres wys wanneer u 'n wysiging maak.
A. Stel gerus enige vrae wat u mag hê in die Geselshoekie. Afhangende van die aktiwiteit van die ander gebruikers kan u u antwoord binne 'n dag of twee, of selfs binne 'n paar uur hê.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Wiki:Hulp, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.