Wet Op Afsonderlike Geriewe: Voormalige wet van Suid-Afrika

Die Wet op Afsonderlike Geriewe, Wet No 49 van 1953, het deel gevorm van die apartheidstelsel van rassesegregasie in Suid-Afrika.

Wet Op Afsonderlike Geriewe: Voormalige wet van Suid-Afrika
Kennisgewing op Durbanstrand in Engels, Afrikaans en Zoeloe, wat aandui dat die strand gereserveer is vir gebruik deur die witrassegroep

Die wet het segregasie van alle openbare fasiliteite, insluitend geboue, eetplekke, ontspannings- en vervoergeriewe, afgedwing om kontak tussen verskillende rassegroepe in die land te beperk. Die wet het ook bepaal dat geriewe vir verskillende rasse nie noodwendig van gelyke gehalte hoef te wees nie, in praktyk is die beste geriewe vir die wit rassegroep gereserveer en was dié vir ander rasse meestal van minderwaardige gehalte.

'n Opvallende uitsondering is vir die Johannesburgse Dieretuin en aangrensende meer gemaak. Die voorwaardes waaronder die grond beskikbaar gestel is het bepaal dat alle rasse daar welkom moet wees. Rasseskeiding is gevolglik nie toegelaat vir die tyd wat die dieretuin hier geleë was nie.

Wet Op Afsonderlike Geriewe: Voormalige wet van Suid-Afrika
"Slegs blankes" aanwysing

Die wet is in 1989 deur President F.W. de Klerk afgeskaf, 'n paar maande voor die ontbanning van verskeie politieke partye, die vrylating van politieke gevangenes en die aanvang van onderhandelinge om apartheid te beëindig in Februarie 1990.

Verwysings

Tags:

1953ApartheidSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JapanneesAlkoholismeAppendiksIslamKolorektale kankerWinnie Madikizela-MandelaNatuurrampAppelCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaRugbyCristiano RonaldoDoc ImmelmanEkonomie van Suid-AfrikaHartversakingHabitatVarkReënMerinoJavaScriptAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidBeurtkragDrakensbergeVaginale kankerGordelroosSeevlakstygingPlaattektoniekWaterstofJo BlackWerkersdagSinoniemVlekvrye staalKonsentrasiekampRudi ClaaseMohammedStaalPaarl GimnasiumNetbalSimfonie-orkesBySaartjie BaartmanPersoonlikheidGrondbesoedelingAardverwarmingLionel PetersonDemografie van Suid-AfrikaOntwerpOlimpiese Somerspele 2024Nasionale PartyMieliestronkSatellietSnaarinstrumentOranjerivierLys van Afrikaanse televisiereekseBynierBergMIVVerkleinwoordLimfvatstelselDeelwoordKraaiSenuweestelselFascismeDooie SeeBTWKookpuntGalblaasSelfstandige naamwoordMangelontstekingVergelykings (taalkunde)KrieketWaarheid-en-versoeningskommissieLærdal-tonnelAngolaTropiese sikloonSeksposisie🡆 More