Werkloosheid: Toestand waarin mense verkeer wat nie werk het nie

Werkloosheid is die toestand waarin mense verkeer wat nie werk het nie; dit is die teenoorgestelde vorm van indiensneming.

'n Persoon is werkloos wanneer die persoon geen betaalde werk het nie. Om nie te werk nie, terwyl daar 'n behoefte aan 'n werk bestaan, kan ernstige gevolge hê, wat daartoe lei dat individue nie noodsaaklikhede soos kos en klere kan bekostig nie.

Werkloosheid: Toestand waarin mense verkeer wat nie werk het nie
Die CIA se raming van wêreldwye werkloosheid in 2006.

Werkloosheid ontstaan gewoonlik in die meeste ekonomieë as gevolg van ondernemings wat weens verskeie redes bedryf staak of saamsmelt, 'n vermindering in die vraag na goedere en dienste ervaar, swak individuele markverwante vaardighede of te veel mense met dieselfde kwalifikasies, algemene ekonomiese agteruitgang, asook tegnologiese vooruitgang.

Werkloosheid se effek word op individuele, maatskaplike en ekonomiese vlakke waargeneem. Werklose individue ervaar verhoogde spanningsvlakke as gevolg van die gepaardgaande armoede, selfbejammering en gemeenskapsoordeel. Hierdie spanning kan tot gesondheidsprobleme lei, en die verminderde bekwaamheid om 'n gesonde en gebalanseerde dieet te handhaaf of om vir gesondheidsorg te betaal, kan die individu se gesondheid verder negatief beïnvloed. Werkloosheid maak individue moedeloos en verveeld, en verminder hul selfvertroue. Dit kan in ernstige gevalle tot 'n individu se verval in emosionele depressie lei, of 'n bydraende faktor daartoe wees. Individue sonder werk kan van die sosiale netwerk onttrek, daarvan uitgesluit word, of 'n wedersydse vervreemding ervaar. Werkloosheid kan verder tot dwelmmiddelmisbruik en geweld in gemeenskaps- en gesinsverband lei.

Gemeenskappe wat deur werkloosheid geraak word, ervaar verlaagde lewenstandaarde, verergerde armoede en misdaad, en die emigrasie van vaardige individue uit die geraakte gemeenskap.

Daar is verskillende maniere waarop nasionale statistiese agentskappe werkloosheid meet. Hierdie verskille kan die geldigheid van internasionale vergelykings van werkloosheidsdata beperk.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

KlereKosWerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HamburgerGodGasKoos du PlessisJan van RiebeeckLugbesoedelingLys van Suid-Afrikaanse skrywersSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieNagapieErns GrundlingMaatskappyAnneli van RooyenNarsismeSuid-Afrikaanse GrensoorlogMusieksimboleCSSSikloonFrankrykEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaSharpeville-slagtingAnrich HerbstGrondwet van Suid-AfrikaWaterMunhwa Broadcasting CorporationElektrisiteitsvoorsieningHeelgetalAfrikaanse woordelys en spelreëlsKewerRookgewoonteJohannesburgDroogteTelefoonKoekie (rekenaarwetenskap)Jan-Willem BreureGalileo GalileiPersoonlikheidWet op Bantoe-onderwysMetafoorOligopolieAppel (sanger)DoelwitGeweldVlag van Suid-AfrikaGawes van die Heilige GeesKongo-krisisKoorsGevolge van aardverwarming op oseaneLourensrivierVryheidsdagPols-oksimeterSuid-Afrikaanse WeermagSkaapDigvormBynierToestand van materieMagda van BiljonAfkortingBorskankerBonné de BodOvulasieIsraelAgtervoegselKoue OorlogShakaSuikersiekteErfenisdag (Suid-Afrika)James AlexanderRicus NelBurgerregteLys van Griekse mitologiese figureWieg van die MensdomOorstromingMenseregtedagMIVRamsar-vleilande in Suid-Afrika🡆 More