Vulkaniese Sewe Kruine

Die Vulkaniese Sewe Kruine of Vulkaniese Sewe Spitse is die hoogste vulkane op elk van die sewe kontinente, nes die Sewe Kruine die hoogste bergspitse op elke kontinent is.

Om al sewe kruine uit te klim is 'n bergklimuitdaging, wat die eerste keer in 1999 voorgestel is.

Vulkaniese Sewe Kruine
Die Vulkaniese Sewe Kruine.
Vulkaniese Sewe Kruine
Die kruin van Ojos del Salado.
Vulkaniese Sewe Kruine
Die Kibospits van Kilimandjaro.
Vulkaniese Sewe Kruine
Die berg Elbroes.
Vulkaniese Sewe Kruine
Pico de Orizaba
Vulkaniese Sewe Kruine
Die berg Damavand.
Vulkaniese Sewe Kruine
Giluwe.
Vulkaniese Sewe Kruine
Sidley.

Twee van die Vulkaniese Sewe Kruine is ook onder die Sewe Kruine: Kilimandjaro en Elbroes, wat as vulkane beskou word, is die hoogste bergspitse op hulle onderskeie kontinente.

Definisies

Vanweë verskillende vertolkings van kontinentale grense (geologies, geografies, geopolities) bestaan verskeie definisies vir die hoogste kruine per kontinent asook die getal kontinente. Die getal van sewe kontinente wat in dié artikel gebruik word, is geskoei op die kontinentmodel wat in Wes-Europa en die Verenigde State gebruik word. Die kontinente word geologies en geografies bepaal, nie geopolities nie.

Nog 'n komplikasie in die vasstelling van die hoogste vulkaniese kruine is die definiëring van wat presies 'n vulkaan is en hoeveel topografiese prominensie dit moet hê om te kan kwalifiseer in vergelyking met enige nabygeleë, nievulkaniese pieke. Vir die doeleindes van dié lys moet 'n kruin 'n uitbarstende vulkaansentrum wees en nie bloot bestaan uit vulkaanrotse wat deur ander geologiese prosesse opgedruk word nie. Daarbenewens word 'n topografiese prominensie van minstens 300 m vereis, sodat die lys net werklike vulkaniese berge insluit en nie uitstortings van lawa wat in hoogliggende gebiede voorkom nie (sien "Asië" hier onder).

Afrika, Noord-Amerika, Antarktika

Geen enstige dispute bestaan oor wat die hoogste vulkane in Afrika, Noord-Amerika en Antarktika is nie. Dit is onderskeidelik Kilimandjaro, Pico de Orizaba die berg Sidley.

Australië

Hoewel 'n paar kleiner en onaktiewe vulkane op die Australiese vasteland voorkom, word die eiland Nieu-Guinee vir dié lys as deel van die kontinent Australië beskou. Verskeie wetenskaplike geskrifte wat in die 1970's en 1980's geskryf is, bevestig dat die berg Giluwe in Papoea-Nieu-Guinee in werklikheid 'n ou, geërodeerde vulkaan is, anders as die hoër berge van Nieu-Guinee wat almal 'n nievulkaniese oorsprong het.

Selfs as dié kontinent as Oseanië gedefinieer word (wat Nieu-Seeland en Polinesië insluit, en dus ook Hawaii), bly Giluwe die hoogste vulkaan omdat dit 'n groter hoogte bo seespieël het as Mauna Kea in Hawaii en enige vulkaan in Nieu-Seeland.

Europa

Die algemeen aanvaarde geografiese grens tussen Europa en Asië is al langs die kruin van die Oeralgebergte in Sentraal-Rusland en van die Kaukasus aan die suidgrens van Rusland. Aangesien die enorme stratovulkaan Elbroes met sy twee pieke net noord van die kruin uitstyg, is dit die hoogste kruin in Europa en ook die hoogste vulkaan.

Sommige geoloë beskou egter die Koema-Manitsjlaagte as die geologiese grens tussen die twee kontinente. So 'n definisie plaas Elbroes in Asië en maak Elbroes die hoogste vulkaan van dié kontinent (sien hier onder). Dan is die berg Etna ('n aktiewe stratovulkaan van 3 350 m in Sisilië, Italië) die hoogste vulkaan in Europa. Die berg Teide in die Kanariese Eilande, wat aktief en hoër as Etna is en in die gebied van 'n Europese land val, sal nie oorweeg word nie omdat die eilande geologies tot die kontinent Afrika behoort.

Suid-Amerika

Hoewel Aconcagua, die hoogste piek in Suid-Amerika en in die Westelike Halfrond, 'n vulkaniese oorsprong het, het sy huidige hoogste punt ontstaan vanweë geologiese prosesse en streng gesproke nie omdat dit vulkanies is nie. Daarom word Aconcagua vir dié lys nie as 'n vulkaan op sy eie beskou nie.

Topografiese kaarte van die Argentynse en Chileense grensgebied wat die hoogste kruine bevat, is nie baie akkuraat nie, met in baie gevalle foute in hoogtes van meer as 100 m. Die huidige konsensus, wat geskoei is op die mees onlangse metings, maak Ojos del Salado die tweede hoogste kruin en die hoogste vulkaan in Suid-Amerika. Dit is aansienlik hoër as Monte Pissis.

Asië

Die 5 610 m hoë berg Damavand is 'n baie groot, geïsoleerde stratovulkaan met 'n topografiese prominensie van meer as 4 600 m.

In Tibet is daar meer as 70 vulkaanopeninge bekend as die Kunlun-vulkaangroep wat hoër as Damavand se kruin is (die hoogste een het na berig word 'n hoogte van 5 808 m bo seespieël). Pieke in dié groep word nie as vulkaniese berge beskou nie, maar as 'n soort piroklastiese keël. Inligting oor die keëls is uiters skaars en die betroubaarheid van hulle beweerde hoogtes en prominensies is onbekend. Dit is onwaarskynlik dat enige van die keëls 'n prominensie van meer as 300 m sal hê (wat vir dié lys nodig is).

Die lys

Vulkaniese Sewe Kruine (volgens hoogte bo seespieël)
Vulkaan Hoogte Prominensie Kontinent Bergreeks Land
Ojos del Salado 6 893 m 3 688 m Suid-Amerika Andes Vulkaniese Sewe Kruine  Argentinië
Vulkaniese Sewe Kruine  Chili
Kilimandjaro * 5 895 m 5 885 m Afrika - Vulkaniese Sewe Kruine  Tanzanië
Elbroes * 5 642 m 4 741 m Europa Kaukasus Vulkaniese Sewe Kruine  Rusland
Pico de Orizaba 5 636 m 4 922 m Noord-Amerika Trans-Mexikaanse Vulkaangordel Vulkaniese Sewe Kruine  Meksiko
Damavand 5 610 m 4 667 m Asië Alborz Vulkaniese Sewe Kruine  Iran
Giluwe 4 368 m 2 488 m Oseanië Suidelike Hoogland Vulkaniese Sewe Kruine  Papoea-Nieu-Guinee
Sidley 4 285 m 2 517 m Antarktika Executive Committee Range Antarktika
  • Nota: Twee van die Vulkaniese Sewe Kruine, Kilimandjaro en Elbroes, val ook onder die Sewe Kruine.

Verwysings

Skakels

  • Vulkaniese Sewe Kruine  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Vulkaniese Sewe Kruine DefinisiesVulkaniese Sewe Kruine Die lysVulkaniese Sewe Kruine VerwysingsVulkaniese Sewe Kruine SkakelsVulkaniese Sewe KruineBergklimKontinentVulkane

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MetaalOrgasmeOorlogWatersuiweringPaasfeesVreesMynbouHeuningbyVlekvrye staalOu Apostoliese KerkHannes van WykTegnologiePriemgetalIdioomGeelsugRoossenekalFiksieSlag van BloedrivierSuid-Afrikaanse WeermagWerkersdagVrouDoelwitTrevor NasserGeestesteuringWinterAngssteuringBloedingFilosofieRooikatSeksposisieLuiperdSwawelSuikerbekkiesTuisbladSkilpadBrandmondsindroomMunhwa Broadcasting CorporationGevolge van aardverwarming op oseaneGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaVoëlGalileo GalileiLys van chemiese elemente volgens atoomgetalFranklin D. RooseveltAfkortingTweede Nuwe JaarWoordsoortRicus NelBruin menseLewerHenry MurrayProvinsies van Suid-AfrikaPornografieJan de WetValentynsdagNederlandsFopnuusDermpoliepHoërskool OuteniquaElandréSuid-Afrikaanse GrensoorlogMaagTennisNederduitsch Hervormde KerkKrieketProteïenTropiese sikloonKoolstofdioksiedUniegebouNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaSelfmoordPenisErns GrundlingJannie du ToitSaldanhabaaiNic de JagerBoer Soek 'n VrouSelfvertroueNkosi Sikelel' iAfrika🡆 More