Die Vulkaan-Eifel (Duits: Vulkaneifel) is 'n bergstreek op 'n maksimale hoogte van 698,8 meter bo seevlak in die Eifel-bergreeks, 'n middelgebergte in die Duitse deelstaat Rynland-Palts wat deur vulkaniese aktiwiteit gevorm is.
Hierdie aktiwiteit duur steeds voort en lei in sommige mere tot uitbarstings van vulkaniese gasse.
Kraters, lavaformasies en sogenaamde maare - mere wat ná vulkaniese uitbarstings in kraters gevorm het - getuig van die geologiese verlede van die gebied. So het die vulkaniese aktiwiteit vanaf die Tersiêr aansienlik toegeneem en het vulkane so onlangs soos 10 000 jaar gelede uitgebars. Die Vulkaan-Eifel is bo-oor 'n sogenaamde hot-spot geleë wat steeds aktief is en die landmassa in die gebied jaarliks met 1 tot 2 millimeter laat styg.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Vulkaan-Eifel, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.