'n Voornaamwoord is 'n woord wat as plekhouer of plaasvervanger vir 'n selfstandige naamwoord dien.
In Afrikaans is daar verskillende voornaamwoorde.
Die persoonlike voornaamwoord staan in die plek van:
Die onpersoonlike voornaamwoord kom gewoonlik by natuurlike verskynsels voor:
Die besitlike voornaamwoord dui besitting aan:
'n Voornaamwoord wat 'n bysin tot die selfstandige naamwoord van die omvattende saamgestelde sin betrek, word 'n betreklike voornaamwoord genoem. Hierdie tipe voornaamwoord, as deel van 'n bysin, staan dus relatief (en met betrekking tot) die selfstandige naamwoord in die hoofsin.
Voorbeelde:
Vraag: Wanneer word wie gebruik en wanneer word wat gebruik?
"Wat" is die mees gebruikte betreklike voornaamwoord in Afrikaans en dit word vir sowel mense as diere en dinge gebruik, byvoorbeeld:
"Wie" verwys na mense en diere maar word in Afrikaans as betreklike voornaamwoord nooit alleen gebruik nie. Dit is dus grammatikaal verkeerd om te sê:
wie is egter wel korrek indien voorsetsel soos vir, van, aan, met, op en tot vooraf gebruik word, of wanneer dit voor die partikel se gebruik word om besit aan te dui.
Korrekte voorbeelde:
Sonder 'n voorsetsel is die vorm dus altyd wat, en in die geval van mense en diere, word wie slegs tesame met 'n voorsetsel of die partikel "se" gebruik.
In die gevalle waar wat saam met 'n voorsetsel of agtersetsel gebruik sou word, word nuwe betreklike voornaamwoorde geskep:
Byvoorbeeld:
Die oorblywende betreklike voornaamwoorde is dan:
Die vraende voornaamwoord staan gewoonlik aan die begin van 'n sin:
Die onbepaalde voornaamwoord het nie betrekking op een persoon of saak nie:
Die woord "voornaamwoord", stam van die gelyknamige Nederlandse woord af. Die vrye morfeem, (nl) voor, kan in Nederlands (afhangende van die konteks) óf (af) voor óf (af) vir beteken. Die betekenis van "voornaamwoord" is dus dat dit "vir" 'n naamwoord instaan, en nie dat dit in 'n posisie relatief tot (dit wil sê (af) voor) 'n naamwoord staan nie.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Voornaamwoord, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.