'n Tondeldoos is 'n kokertjie (dosie) met tontel daarin wat gebruik word om 'n vuur of 'n pyp aan te steek.
Die tontel in die boksie is 'n ligte vlambare stof, soos katoen of 'n stukkie lap. 'n Vuursteen en 'n metaal ring, die vuurslag, word daarmee saam gebruik om vonke te verskaf.
Die vuurslag bestaan uit koolstofhoudende yster. Die vuursteen word teen die tontel gedruk of vasgeknyp, terwyl die vuursteen teen die metaal ring (vuurslag) gekap word om vonke op die tontel te laat spat. As dit werk, sal die tontel begin smeul en kan daarop geblaas word om 'n vlammetjie te maak.
Tonteldose het aan die begin van die 20ste eeu in onbruik verval. Vuurhoutjies het algemeen beskikbaar en goedkoper geraak en is ook aansienlik makliker om te gebruik.
Die Afrikaanse woord tonteldoos (s.nw.) kom uit die Nederlandse streektaal (1692), ’n samestelling van tontel en doos, so genoem omdat dit bestaan uit ’n houer, soos ’n doos of koker, bv. 'n patroondoppie, gevul met tontel, 'n maklik ontvlambare stof, wat aan die brand gesteek word met 'n vonk uit 'n vuurklip. Eerste optekening in vroeë Afr. in 1724 (Scholtz 1972:102).
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Tonteldoos, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.