Sentraal-Amerika: Landbrug tussen Noord- en Suid-Amerika

Sentraal-Amerika

Ligging van Sentraal-Amerika

Oppervlak 507 966 km²
Bevolking 46 761 485 (2015–2016)
Lande 7 (Belize, Costa Rica, El Salvador, Guatemala, Honduras, Nicaragua en Panama)
Tale Engels, Spaans, Mayathan en baie ander
Tydsones UTC-06:00 en UTC-05:00
Belangrike stede Guatemala-stad
San Salvador
Managua
Tegucigalpa
Panama-stad
San Pedro Sula
San José
San Miguelito
Santa Ana
Quetzaltenango
San Miguel

Sentraal-Amerika (Engels: Central America, Spaans: América Central, Centroamérica) word soms as die suidelikste deel van Noord-Amerika beskou en soms as 'n aparte gebied in sy eie reg; in elk geval vorm dit 'n landbrug tussen Noord- en Suid-Amerika. Dit streek vanaf Meksiko in die noordweste tot Colombia in die suidooste. Sentraal-Amerika word deur die Karibiese See in die noordooste en die Stille Oseaan in die suidweste begrens, albei seë word deur die Panamakanaal met mekaar verbind. In Nicaragua is die Nicaraguameer geleë, Sentraal-Amerika se grootste meer.

Sentraal-Amerika: Landbrug tussen Noord- en Suid-Amerika
Ligging van Sentraal-Amerika
Sentraal-Amerika: Landbrug tussen Noord- en Suid-Amerika
Kaart van Sentraal-Amerika

Sentraal-Amerika het oorspronklik deel uitgemaak van die Meso-Amerikaanse kultuurlandskap, met bekende Majastede soos Copán, Joya de Cerén, Quiriguá en Tikal; almal Unesco-wêrelderfenisgebiede. Sentraal-Amerika is, nadat Christophorus Columbus die Amerikas in 1492 vir Europa ontdek het, deur Spanje verower. Tussen 1519 en 1821 het dit deel uitgemaak van Nieu-Spanje, toe na die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog in 1821 die Eerste Meksikaanse Keiserryk gestig is, wat behalwe vir Belize (vanaf 1798 deel van die Britse Ryk) en Panama (deel van Groot-Colombia) ook oor die Sentraal-Amerikaanse lande gestrek het. Nadat die Meksikaanse Keiserryk in 1823 ontbind is, het die Sentraal-Amerikaanse lande hul onafhanklikheid van Meksiko verklaar en die Federale Republiek van Sentraal-Amerika gestig. As gevolg van 'n burgeroorlog het die Federale Republiek van Sentraal-Amerika in 1838 verbrokkel en Costa Rica, El Salvador, Guatemala, Honduras en Nicaragua het onafhanklike republieke geword. Tussen 1904 en 1914 is die Panamakanaal onder toesig van die Verenigde State gebou en verbind sedertdien die Atlantiese met die Stille Oseaan. Tussen 2007 en 2016 is die kanaal uitgebrei.

Lande wat in Sentraal-Amerika geleë is:

Eksterne skakels

  • Wiki AfrikaansSentraal-Amerika: Landbrug tussen Noord- en Suid-Amerika  Wiki Commons het meer media in die kategorie Sentraal-Amerika.
  • (en) "Central America". Encyclopædia Britannica. 17 Januarie 2018. Besoek op 17 Maart 2018.
Gebiede van die Wêreld

Sentraal-Amerika: Landbrug tussen Noord- en Suid-Amerika 

Afrika

Noord (Midde-Ooste)  · Suid van die Sahara (Sentraal · Suider · Wes · Oos)

Sentraal-Amerika: Landbrug tussen Noord- en Suid-Amerika 

Amerikas

Noord · Sentraal · Karibiese Gebied) · Suid · Latyns

Sentraal-Amerika: Landbrug tussen Noord- en Suid-Amerika 

Asië

Sentraal · Oos · Noord-Asië (Verre-Ooste) · Suid (Indiese subkontinent) · Suidoos · Suidwes (Midde-Ooste)  · Wes

Sentraal-Amerika: Landbrug tussen Noord- en Suid-Amerika 

Europa

Sentraal · Noord · Suid · Wes · Oos

Sentraal-Amerika: Landbrug tussen Noord- en Suid-Amerika 

Oseanië

Australasië (Australië · Seeland) · Melanesië · Mikronesië · Polinesië

Sentraal-Amerika: Landbrug tussen Noord- en Suid-Amerika 

Poolgebiede

Noordpoolgebied · Antarktika

Sentraal-Amerika: Landbrug tussen Noord- en Suid-Amerika 

Oseane

Arktiese · Atlantiese · Indiese · Stille · Suidelike

Sentraal-Amerika: Landbrug tussen Noord- en Suid-Amerika 

Seë

Oorsig van Seë

Sien ook Kontinente van die wêreld

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Suid-Afrikaanse GrensoorlogPreseminale vloeistofLetterkundeVratSlawernyWayde van NiekerkKaaps-Hollandse stylNiersteenSuurstofGedigAntoniemSkemerLionel PetersonJan BloukaasKolitisSleutel (musiek)VerdampingDiamantHoenderrasseTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinCleopatra VIINasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyMidde-OosteMaselsDramaBernice WestLiewe HeksieKinderregteSuid-Afrikaanse WeermagMigrasie van diereTrigeminale neuralgieKoolstofdioksiedIndiëApartheidAfrikaansGenesisGroep van SeweLys van Suider-Afrikaanse soogdiereRobert SobukweTweede Nuwe JaarArendBergen-Belsen-konsentrasiekampOopbroninhoudAarverkalkingSeksuele stimulasieHemelvaartsdagSiya KolisiLys van medisinale kruieUnited Democratic FrontEvangelies Gereformeerde KerkHartversakingPampoentjiesHondsdolheidGewoonteSann de LangeKitaarJapanMateriaalBaardskeerder-spinnekopOrale seksVerkleinwoordHomofoonPornhubApostoliese GeloofsbelydenisTaalTuberkuloseLys van Kaapstad se voorstedeAkker van der MerweLionel MessiSkilpadInnes en Franna BenadéSwangerskapHipoteseInternetDiatomiese molekuul🡆 More