Modjadjiskloof (tot 2004 bekend as Duiwelskloof) is 'n klein dorp in die ooste van die Limpopo-provinsie, Suid-Afrika, 24 km noord van die groot dorp Tzaneen.
Modjadjiskloof (voorheen Duiwelskloof) | |
---|---|
Koördinate: 23°42′S 30°8′O / 23.700°S 30.133°O 30°8′O / 23.700°S 30.133°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Limpopo |
Distrik | Mopani |
Munisipaliteit | Groter Letaba |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,99 km2 (1,15 vk. myl) |
Hoogte | 875 m (2 871 ft) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 1 815 |
• Digtheid | 607/km2 (1 570/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 47.9% |
• Indiërs/Asiërs | 2.8% |
• Bruin mense | 0.5% |
• Swart mense | 47.4% |
• Ander | 1.5% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 43.7% |
• Noord-Sotho | 23.3% |
• Engels | 12.3% |
• Tsonga | 9.7% |
• Ander | 11.0% |
Poskode (strate) | 0835 |
Poskode (posbusse) | 0835 |
Skakelkode | 015 |
Die dorp het ontwikkel rondom die spoorweghalte nadat die spoorlyn tussen Tzaneen en Soekmekaar die dorp in 1914 bereik het. Die dorp is in 1919 opgemeet en in 1920 geproklameer. Die naam Duiwelskloof is waarskynlik afkomstig van die togryers wat deur die reënseisoen hier moes deursukkel wanneer die grond soos 'n moeras geword het. Die naam Duivelskloof was ook algemeen gebruik.
Die huidige naam van die dorp vereer koningin Modjadji of die Reënkoningin, die oorerflike heerser van die Balobedu-stam van die gebied.
Die Westfalia-landgoed van wyle dr. Hans Merensky, is sowat 5 km suid van die dorp.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Modjadjiskloof, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.