Miriam Makeba: Suid-Afrikaanse kunstenaar

Miriam Makeba OIG, of Mama Afrika soos sy deur miljoene bewonderaars genoem word (* 4 Maart 1932 in Prospect Township, Johannesburg, Suid-Afrika; † 10 November 2008 in Castel Volturno, naby Napels, Italië), was een van die prominentste swart uitvoerende kunstenaars van die 20ste eeu en is een van Suid-Afrika se bekendste vroue.

Sangeres en liedjieskryfster, sterk politieke aktivis, skryfster, aktrise en VN-afgevaardigde: Makeba het haar politieke en kultuurinvloed internasionaal gevestig. Sy was die eerste Suid-Afrikaner wat 'n Grammy gewen het en het voor gehore dwarsoor die wêreld opgetree.

Miriam Makeba
Miriam Makeba: Suid-Afrikaanse kunstenaar
Miriam Makeba tydens 'n optrede
Agtergrondinligting
GeboortenaamZenzile Miriam Makeba
Ook bekend asMama Afrika
Gebore4 Maart 1932
Prospect Township, Johannesburg (Suid-Afrika)
Sterf10 November 2008 (op 76)
Castel Volturno (Italië)
Beroep(e)Sangeres
Jare aktief1954–2008

Die vrou wat, volgens 'n artikel in Newsweek, sing "met die smeulende klank en delikate bewoording van Ella Fitzgerald … die astrante vertoon van Ethel Merman en die intiemheid van Frank Sinatra" en wie Westerse aanhangers verlei het met die klanke van haar Xhosa (en Zulu) liedjies, is oorlaai met internasionale toekennings.

Sy het vir staatsmanne soos John F. Kennedy, François Mitterrand, Fidel Castro, Nelson Mandela en Haile Selassie opgetree en het drie oudiënsies met die Pous gehad.

Sy is in 1960 deur die apartheidsregering tot ballingskap gedwing en het 'n onvermoeibare stem van protes teen die verdrukking van die apartheidstaat en 'n kampvegter vir haar mense geword. Haar onverskrokke bepleiting van menseregte het haar die Dag Hammarskjöld-Vredesprys in 1986 besorg.

Lewensgeskiedenis

Miriam Makeba: Suid-Afrikaanse kunstenaar 
Miriam Makeba op konsert saam met Dizzy Gillespie in Frankryk, 1991

Miriam Makeba is in 1932 in Johannesburg gebore. Haar pa was 'n Swazi en haar ma 'n Xhosa-sangoma. Sy het haar debuut in 1952 as 'n sangeres vir The Manhattan Brothers gemaak. In 1959 het sy 'n sensasie veroorsaak as die hoofsanger in die swart jazzopera, King Kong, wat deur Suid-Afrika getoer het. Met haar optrede in die dokumentêr Come Back Africa in 1958 het sy internasionale erkenning verkry en is sy na Europa genooi. Hier is sy deur die internasionale ster, Harry Belafonte, raakgesien wat haar genooi het om in Amerika op te tree. Sy het "An Evening with Harry Belafonte and Miriam Makeba" opgeneem waarmee sy 'n Grammy-toekenning gewen het en in Amerika 'n ster geword het.

In 1960, toe sy probeer het om na Suid-Afrika terug te keer, is sy toegang tot haar geboorteland geweier en moes sy die volgende dertig jaar in ballingskap deurbring. Amerika het haar met ope arms aangeneem en sy het 'n beroemde geword wat met sterre soos Elizabeth Taylor en Bing Crosby omgegaan het. In 1962 word sy genooi om by John F. Kennedy se verjaardag te sing op dieselfde nag wat Marilyn Monroe haar bekende verjaardaglied gesing het.

In 1967 het haar lied Pata Pata, wat tien jaar vroeër in Suid-Afrika geskryf is, 'n treffer geword. In 1968 het die gasvrye welkom wat Amerika haar gegee het egter begin verflou as gevolg van haar vierde huwelik met die radikale swart aktivis Stokely Carmichael. Haar toere is gekanselleer en 'n opneemkontrak is geskend. President Sekou Toure van Guinee het haar genooi om na sy land te verhuis waar sy 'n dol opneemskedule volgehou het en as Guinese afgevaardigde tot die VN gedien het.

Met Nelson Mandela se vrylating in 1990 het die verandering in die politieke klimaat Miriam Makeba in staat gestel om na dertig jaar terug te keer na Suid-Afrika. Haar reünietoer in 1991 was 'n triomftog. In 1992 het sy in die rolprent Sarafinaǃ opgetree. Sedert 1991 het Makeba 'n dol optreeskedule onderhou, 'n outobiografie geskryf, in verskeie plaaslike en internasionale tydskrifte verskyn en 'n onwrikbare voorstander van menseregte, veral vroueregte, gebly. Lande dwarsoor die wêreld het op verskillende wyses aan haar eer betoon: van 'n straatnaam in haar eer tot die toekenning van 'n orde van verdienstelikheid. Sy besit eredoktorate van Spellman Kollege (Atlanta, Georgia) en die Universiteit van Kaapstad.

Ná 'n konsert in Italië op 10 November 2008, sterf sy aan 'n hartaanval op 76-jarige ouderdom.

Verwysings

Bronne

  • Barlow, Sean; Eyre, Banning; Vartoogian, Jack (1995). Afropop!: An Illustrated Guide to Contemporary African Music. Edison, New Jersey: Chartwell Books. ISBN 0-7858-0443-9. OCLC 34018600.
  • Lucia, Christine (2005). The World of South African Music: A Reader. Newcastle upon Tyne: Cambridge Scholars Press. ISBN 1-904303-36-6. OCLC 62531717.
  • Makeba, Miriam; Hall, James (1988) [1987]. Makeba: My Story. New York City, New York: New American Library. ISBN 0-453-00561-6. OCLC 16131137.
  • Makeba, Miriam; Mwamuka, Nomsa (2004). Makeba: The Miriam Makeba Story. Johannesburg: STE. ISBN 1-919855-39-4. OCLC 57637539.
  • Pareles, Jon (8 Maart 1988). "Books of the Times; South African Singer's Life: Trials and Triumphs". The New York Times. Besoek op 8 November 2010.
  • Simone Schwarz-Bart; André Schwarz-Bart (2003). In Praise of Black Women: Modern African Women. Madison, Wisconsin: University of Wisconsin Press. ISBN 978-0-299-17270-1.

Tags:

10 November1932200820ste eeu4 MaartGrammyItaliëJohannesburgNapelsOrde van IkhamangaSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ProstaatklierLys van Afrikaanse skrywersBasterhartbeesHerfsGewone breukeIngenieursweseLys van Suid-Afrikaanse musikanteAtoomOmgewingskwessies in Suider-AfrikaGroot DepressieDirekte en Indirekte redeVioolAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidAnale seksVrystaatKlimaatveranderingHoenderLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsIntertekstualiteitGeskiedenis van die AardeVratSuikersiekteVolksrepubliek ChinaAngolese BurgeroorlogCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaKoppeltekenLys van ingelyfde NG gemeentesDoopBreinvliesontstekingDiskriminasieSeekoeiNatuurlike hulpbronDulcie van den BerghApostoliese KerkeWaarnemingOrganismeGordelroosRivierToringLiefdeSarah Rose KarrKoorsGoogle MapsMusiekRussiesWaterbesparing in Suid-AfrikaWaterkringloopTelefoonWayde van NiekerkBeurtkragGeelsugLugbesoedelingGreen PornoKindermishandelingKompasMadison IvyWhatsAppPoesKoolstofKlankverskynselsFransRobbeneilandKoos BekkerKongo-krisisRuslandWaarheid-en-versoeningskommissieVigsPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandAnglo-BoereoorlogLionel MessiToestand van materieBurgerregteRenteWekkerHondsdolheidMidde-Ooste🡆 More