Mimiek

Die HAT definieer mimiek as die kuns om met gebare in plaas van woorde abstrakte dinge of mense na te boots, dikwels om mense te laat lag.

Die WAT beskryf mimiek as die kuns om 'n karakter, gebeure, emosies of denkbeelde met behulp van gebare en gesigsuitdrukkings uit te beeld. Iemand wat mimiek beoefen, is ʼn mimikus.

Mimiek

Tydens mimiek maak mens slegs van gebare en gesigsuitdrukkings gebruik, geen geluide en voorwerpe mag gebruik word nie. So kan ʼn mimikus byvoorbeeld deur middel van gebare ʼn kas reg pak, inkopies doen, tande borsel, ʼn vuur blus of ʼn kar bestuur.

Mimiek vorm deel van fisieke teater, wat per definisie min rekwisiete en heelwat verbeelding verg.

Geskiedenis

Mimiek 
Mimikus in Rome

Die vroegste mimiekvertonings is in Antieke Griekeland opgevoer. Die naam is afkomstig van ’n gemaskerde danser genaamd Pantomimus, hoewel sy optredes nie noodwendig stil was nie. In die Middeleeuse Europa het mimiek geleidelik ontwikkel, totdat Jean-Gaspard Deburau die talle kenmerke wat in moderne tye aan mimiek gekoppel word, soos die geluidlose wit gesig, in die vroeë negentiende eeuse Parys as mimiekkuns gevestig het.

Die eerste opgetekende mimiekkunstenaar was Telestēs in die toneelstuk Seven Against Thebes deur Aeschylus. Tragiese mimiek is deur Puladēs van Kilikia ontwikkel, terwyl komiese mimiek deur Bathullos van Alexandria ontwikkel is.

Mimiek (Mimius) was van die vroegste tye af ʼn afdeling van Romeinse teater en was veral in die tweede en eerste eeu vC in die kollig, namate Publius Syrus en Decimus Laberius dit tegnies uitgebou het. In die Ryk het mimiek gefloreer, hoewel verskillende keisers verskillend daaroor gevoel het. Trajanus het mimiekkunstenaars verban, terwyl Caligula weer baie van hulle gehou het. Markus Aurelius het hulle tot priesters van Apollo verhef en Nero het self mimiekkuns beoefen.

Mimiek is van ander dramas onderskei danksy die afwesigheid van maskers en die teenwoordigheid van vrouekunstenaars, saam met mans.

Mimiek 
Mimiekkunstenaars Jean Soubeyran en Brigitte Soubeyran in 1950
Mimiek 
Mimikus Pablo Zibes

Formate

In film

Mimiek 
A Dog's Life (1918), Charlie Chaplin

Voor die werk van Étienne Decroux was daar geen belangrike verhandeling oor die kuns van mimiek nie en dus is enige interpretasie van mimiek wat voor die twintigste eeu uitgevoer is grotendeels veronderstelling, gegrond op die interpretasie van diverse bronne. Die twintigste eeu het egter ook 'n nuwe medium in gebruik gebring: die rolprent.

Die beperkinge van vroeë rolprenttegnologie het veroorsaak dat stories met minimale dialoog vertel moes word. Dit het dikwels 'n hoogs gestileerde vorm van fisiese toneelspel geverg, wat hoofsaaklik van die verhoog afkomstig is. Mimiek het dus 'n belangrike rol gespeel in films voor die aanvang van films met klank of spraak.

Stil filmkomediante soos Charlie Chaplin, Harold Lloyd, en Buster Keaton het die kuns van mimiek in die teater geleer, maar deur middel van film sou hulle dekades na hul dood steeds 'n groot invloed hê op mimikuste wat in die teater werk. Chaplin is waarskynlik die bes gedokumenteerde mimikus in die geskiedenis.

Die bekende Franse komediant, skrywer en regisseur Jacques Tati het sy aanvanklike gewildheid as 'n mimikus behaal. Sy latere rolprente het ook slegs minimale dialoog bevat en het eerder van baie subtiele en kundige choreografie gebruik gemaak. Tati, soos Chaplin voor hom, sou die bewegings van elke karakter in sy rolprente deur mimiek demonstreer en sy akteurs versoek om hom na te boots.

Op die verhoog en die straat

Mimiek 
Mimiekkunstenaar met witgeverfde gesig op Boston Common in 1980

Mimiek is op die verhoog uitgevoer, met Marcel Marceau en sy karakter "Bip" as die bekendste kunstenars. Mimiek is ook 'n gewilde kunsvorm in straatteater. Tradisioneel behels hierdie soort vertonings dat die akteur/aktrise strak swart en wit klere dra met witgeverfde gesigte. Maar kontemporêre mimikuste tree dikwels sonder wit gesigte op. Eweneens was mimikuste tradisioneel heeltemal stil, terwyl kontemporêre mimikuste soms stemklanke (nie woorde nie) gebruik wanneer hulle optree. Mimiekopvoerings is dikwels komies, maar soms ook baie ernstig.

In die literatuur

Kanadese skrywer Michael Jacot se eerste roman, The Last Butterfly, vertel die verhaal van 'n mimiekunstenaar in Nazi-besette Europa wat deur sy onderdrukkers gedwing word om vir 'n span van die Rooi Kruis-waarnemers op te voer. Nobelpryswenner Heinrich Böll se The Clown hou verband met die ondergang van 'n mimiekunstenaar, Hans Schneir, wat in armoede en dronkenskap verval het nadat hy deur sy geliefde verlaat is. Jacob Appel se Pushcart-kortlysverhaal, "Coulrophobia", toon die tragedie van 'n verhuurder wie se huwelik stadig in duie stort nadat hy 'n ekstra woonstel aan 'n opdringerige mimiekkunstenaar verhuur het.

Mimiek in Suid-Afrika

John Jacobs is Suid-Afrika se mimiekmeester wat sy lyf as kommunikasiemiddel gebruik.

“Mimiekkuns praat met jou siel. Dit is argitektuur van die lyf, dit is netjies, presies en iets besonders,” vertel hy in ʼn onderhoud met die Laevelder.

Mimiekkunstenaars word gewoonlik stereotipies geassosieer met witgeverfde gesigte wat uit ʼn denkbeeldige boks probeer klim. Dit is ʼn wanvoorstelling, sê Jacobs, omdat mimiekkuns eintlik kommunikasie is wat deur middel van die liggaam met die siel praat en nie oor fisiese voorkoms gaan nie.

Mimiekkunstenaars

  • Rowan Atkinson
  • Samuel Avital
  • Steven Banks
  • Jean-Louis Barrault
  • Blue Man Group
  • Wolfe Bowart
  • Tony Brown
  • Janet Carafa
  • Charlie Chaplin
  • Michel Courtemanche
  • Adam Darius
  • Jean-Gaspard Debureau
  • Étienne Decroux
  • Ryan Drummond
  • Jogesh Dutta
  • Ladislav Fialka
  • Dario Fo
  • George L. Fox
  • Chris Harris
  • Bill Irwin
  • Alejandro Jodorowsky
  • Zillur Rahman John
  • Doug Jones
  • Buster Keaton
  • Lindsay Kemp
  • Stan Laurel
  • Thomas Leabhart
  • Grigory Gurevich
  • Jacques Lecoq
  • Paul Legrand
  • Tina Lenert
  • Partha Pratim Majumder
  • Marcel Marceau
  • Ennio Marchetto
  • Kari Margolis
  • Carlos Martínez
  • Harpo Marx
  • Samy Molcho
  • Tony Montanaro
  • Mummenschanz
  • Stefan Niedziałkowski
  • Adrian Pecknold
  • Lenka Pichlíková-Burke
  • Slava Polunin
  • Oleg Popov
  • Nola Rae
  • Gene Sheldon
  • Richmond Shepard
  • Shields and Yarnell
  • Red Skelton
  • Steam Powered Giraffe
  • Daniel Stein
  • Marko Stojanović
  • Jacques Tati
  • Pan Tau
  • Modris Tenisons
  • Tik and Tok
  • Henryk Tomaszewski
  • Dick Van Dyke
  • Sam Wills
  • Vahram Zaryan
  • Achille Zavatta

Sien ook

  • Busking
  • Corporeal mime
  • Dumbshow
  • Lip sync
  • Liquid and digits
  • Mummers play
  • Pantomime
  • Popping
  • Physical theatre
  • Turfing

Bronne

https://www.roodekrans.net/sites/default/files/Mimiek%20opdrag-%20Graad%203%20-%20Groep%201%20vir%2017%20Augustus.pdf (soos op 26 Mei 2019 besigtig)

https://www.netwerk24.com/ZA/Krit/Nuus/hansworse-is-nie-net-vir-kinders-nie-20180403 (soos op 26 Mei 2019 besigtig)

https://lowvelder.co.za/218519/mimiek-spesiaal-vir-die-siel/ (soos op 26 Mei 2019 besigtig)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Mimiek GeskiedenisMimiek FormateMimiek in Suid-AfrikaMimiek kunstenaarsMimiek Sien ookMimiek BronneMimiek VerwysingsMimiek Eksterne skakelsMimiekHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalWoordeboek van die Afrikaanse Taal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van medisinale kruiePaasfeesMuishondAkteurBemarkingTweede WêreldoorlogVolstruisRoofdierJohannes MeintjesMeervoudPadtekens in Suid-AfrikaGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPolisieNic de JagerBobby CannavaleEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaDuitse herdershondVoedselverwerkingHepatitis BSuid-Afrikaanse randElektroniese fondsoordragOmgewingsbeheerVenusBaarmoederLugbesoedelingWalvisjag in Suid-AfrikaVoortplantingNamibwoestynLiefdeBloukraanvoëlVaginaMielieWoordsoortLedemaatGroot DepressieSeksposisieNkosi Sikelel' iAfrikaMosambiekse spoegkobraGeslagWinterKoolhidraatBeerOos-KaapPersentasieKarnivoorGeskiedenis van Afrikaans640EjakulasieLys van Afrikaanse rolprenteMoesonVerenigde State van AmerikaSonvisLiggaamlike OpvoedingLys van Griekse mitologiese figureDuifVerkleurmannetjieByvoeglike naamwoordAfrika-dromSuid-Afrikaanse pondDermpoliepOlifantErfenisdag (Suid-Afrika)OnderwysWekkerKapitalismeMIV/vigs in Suid-AfrikaHidroponikaKatGewone tarentaalGeslagsorgaanWêrelderfenisgebiedLika BerningLys van onkruid in Suid-Afrika🡆 More