Mikronesië

Mikronesië (afgelei van Grieks: μικρός mikrós vir klein en νῆσος nêsos vir eiland, letterlik: klein eilande) is 'n eilandgroep in die Stille Oseaan in die gebied Oseanië en lê in die suidooste van Japan, in die ooste van die Filippyne, in die noordooste van Indonesië en in die suidweste van Hawaii.

Mikronesië beslaan 'n oppervlakte van 7 000 000 km² en het 'n bevolking van sowat een miljoen. Melanesië, Mikronesië en Polinesië vorm saam Oseanië.

Mikronesië
Mikronesië se geografiese omvang
Mikronesië
Ligging van Mikronesië
Mikronesië
Kaart van Mikronesië
Mikronesië
Lande en gebiede van Mikronesië:

   Onafhanklike lande

   Afhanklike gebiede

Die streek bevat vier eilandgroepe — Karoline-eilande, Gilberteilande, Mariana-eilande en Marshalleilande — en baie afgeleë eilande. Administratief is die eilande van Mikronesië tussen ses onafhanklike lande verdeel: Die Karoline-eilande is verdeel tussen Palau en die Gefedereerde State van Mikronesië, die Gilberteilande (saam met die Phoenix- en Line-eilande in Polinesië) word deur Kiribati beslaan, die Mariana-eilande is verdeel in twee eilandgebiede van die Verenigde State van Amerika: Guam en die Noordelike Mariana-eilande, Nauru is 'n onafhanklike eilandnasie op die eiland met dieselfde naam en die Marshalleilande beslaan die eilandgroep met dieselfde naam. Wake-eiland is ook noemenswaardig, aangesien dit deur beide die Marshalleilande en die Verenigde State opgeëis word, laasgenoemde se Amerikaanse Lugmag bestuur dié eiland.

Die term Mikronesië (in Frans: Micronésie) is in 1832 vir die eerste keer deur Jules Dumont d'Urville gebruik om in etniese en geografiese opsig na 'n eilandgroep te verwys wie se inwoners, volgens hom, van dié van Melanesië en Polinesië verskil. Die onderskeiding is later as foutief bewys, aangesien al drie gebiede deur inheemse Austronesiese volke bewoon word wat Austronesiese tale besig. Die subgroep wat in Mikronesië gepraat word, word Mikronesiese tale genoem.

Ligging Vlag Land Hoofstad Oppervlakte (km²) Bevolking
Mikronesië Mikronesië Gefedereerde State van Mikronesië Palikir 702 11 000
Mikronesië Mikronesië Guam
(Verenigde State)
Hagåtña 541,3 178 000
Mikronesië Mikronesië Kiribati Suid-Tarawa 811 98 000
Mikronesië Mikronesië Marshalleilande Majuro 181 62 000
Mikronesië Mikronesië Nauru Yaren 21 14 019
Mikronesië Mikronesië Noordelike Mariana-eilande
(Verenigde State)
Saipan 463,63 86 616
Mikronesië Mikronesië Palau Ngerulmud 459 20 000
Mikronesië Mikronesië Wake-eiland
(Verenigde State)
7,37

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) Kirch, Patrick Vinton (2001). On the Road of the Winds: An Archaeological History of the Pacific Islands Before European Contact. University of California Press. ISBN 978-0-520-92896-1.
  • (en) Lal, Brij V.; Fortune, Kate (2000). The Pacific Islands: An Encyclopedia. University of Hawaii Press. ISBN 978-0-8248-2265-1.

Eksterne skakels

Gebiede van die Wêreld

Mikronesië 

Afrika

Noord (Midde-Ooste)  · Suid van die Sahara (Sentraal · Suider · Wes · Oos)

Mikronesië 

Amerikas

Noord · Sentraal · Karibiese Gebied) · Suid · Latyns

Mikronesië 

Asië

Sentraal · Oos · Noord-Asië (Verre-Ooste) · Suid (Indiese subkontinent) · Suidoos · Suidwes (Midde-Ooste)  · Wes

Mikronesië 

Europa

Sentraal · Noord · Suid · Wes · Oos

Mikronesië 

Oseanië

Australasië (Australië · Seeland) · Melanesië · Mikronesië · Polinesië

Mikronesië 

Poolgebiede

Noordpoolgebied · Antarktika

Mikronesië 

Oseane

Arktiese · Atlantiese · Indiese · Stille · Suidelike

Mikronesië 

Seë

Oorsig van Seë

Sien ook Kontinente van die wêreld

Tags:

ArgipelFilippyneGrieksHawaiiIndonesiëJapanMelanesiëOseaniëPolinesiëStille Oseaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

IngenieurswesePornografiese akteurLongLionel MessiMotorvoertuigInstagramSikloonKrokodilKankerRekenaarBevolkingLeierErfenisTsoenamiOogproblemeNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaPresident van Suid-AfrikaInentingMalariaDubbelpuntGroot GatWinnie Madikizela-MandelaKasteel die Goeie HoopFinansiële staatVulkaanVerantwoordelikheidBreinToerismeEreksieSan Andreas-breukWet op BevolkingsregistrasieSportSprokieEskomBybelHartseerNasionalismeZack du PlessisWikipediaPaasfeesBynierLimfvatstelselDiamantNatuurbewaringWetenskaplike klassifikasieNiemetaalElon MuskFamilie (verwantskap)KoolstofdioksiedLys van bekende Suid-Afrikaners1990Lys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaGewasboerdery in Suid-AfrikaHemelvaartsdagSelfstandige naamwoordWerkloosheidSwawelMorfologie (taalkunde)LidwoordGrondDroomVormRasionale getalDemokratiese AlliansieSomerLys van Afrikaanse rolprenteKunsmatige intelligensieAppel (sanger)Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeAfrikaHolocaustKorrupsieJan van TonderMona Lisa🡆 More