Kyknet: Afrikaanse TV-kanaal

kykNET is 'n Afrikaanse TV-kanaal wat deel is van M-Net. Dit word op MultiChoice se DStv-satelliettelevisiediens uitgesaai. Die kanaal is in Oktober 1999 geloods. Die eerste uitsending was op 15 November en die eerste program was Emma Koe Lê Ma. Op 16 Julie 2014 het DStv aangekondig dat kykNET in hoë-definisie uitgesaai sal word van 12 Augustus 2014 af.

kykNET
Gestig Oktober 1999
Gesluit Aktief
Netwerk DStv
Eienaar M-Net
Beeldformaat 16:9 (576i, SDTV)
1080i (HDTV)
Land Suid-Afrika
Taal Afrikaans
Uitsaaiarea Suider-Afrika
Hoofkantoor Randburg
Susterkanale kykNET NOU!;
kykNET&Kie;
kykNET Lekker;
fliekNET;
MK.
Webtuiste https://www.dstv.com/kyknet/af-za/channel/kyknet
DSTV kanaal 144

Karen Meiring is vroeg in 2009 as kykNET se kanaalhoof aangestel. kykNET het op 1 Oktober 2012 na kanaal 144 op DStv geskuif.

Programme

Op 17 November 1999 word Kwêla die eerste keer uitgesaai wat dit een van kykNET se oudste programme maak.

Liriekeraai, met Soli Philander as aanbieder en Pedro Kruger en Saranti Rheeders as spankapteine, begin op 15 Januarie 2000.

Elana Afrika-Bredenkamp skop haar TV-loopbaan af toe sy die aanbieder van die jeugprogram Jip word. Haar mede-aanbieder is Henré Pretorius.

In 40 Dae deur die Delta wat op 23 April 2002 begin, gaan soek Valiant Swart die oorsprong van die blues in Amerika.

Die kookprogram Van Pampoen tot Perlemoen skop op 3 April 2002 af met Sonia Cabano as aanbieder.

Die sangpaar Johnny & Vivian is in 2003 die eerste wenners van die Zing!-sangkompetisie vir duo's.

Song vir Katryn, met die rocker Valiant Swart in die manlike hoofrol, begin op 10 April 2003. Katryn word gespeel deur Therese Benadé.

Die sepie Villa Rosa begin op 4 Oktober 2004. Ná 2283 episodes word die laaste episode op 31 Maart 2016 uitgesaai.

Die dramareeks Plek van die Vleisvreters, met Hans Strydom, Tertius Meintjes en Richard van der Westhuizen as drie broers, begin op 15 April 2004.

Binnelanders begin op 13 Oktober 2005. Die sepie vier in 2018 sy 3000ste episode met Hans Strydom en Nadia Valvekens as die enigste twee spelers wat van dag een betrokke was.

Amalia, 'n dramareeks uit die pen van Chris Barnard, begin op 14 April 2005. In die rolverdeling is Dawid Minnaar, Marius Weyers, Illse Roos en Anna-Mart van der Merwe.

Hier Gaan Ons Alweer, Petri de Wet se visvangprogram, word die eerste keer op 2 Julie 2005 uitgesaai. Die sestiende reeks is in 2017 uitgesaai.

Dit Wat Stom Is, 'n dramareeks met die sanger Jan Blohm in die hoofrol, begin op 14 Julie 2005. Ander spelers is Elzabé Zietsman, Milan Murray en Ivan Zimmermann.

Die musiekkanaal MK, ook bekend as MK89 omdat dit destyds op kanaal 89 uitgesaai is, sien in 2005 die lig.

Orion, die eerste TV-reeks wat op een van Deon Meyer se boeke gegrond is, word in 2006 uitgesaai. In die rolverdeling is Neil Sandilands, Albert Maritz en Yvonne van den Bergh.

Die eerste Afrikaans Idols skop op 28 Mei af. Die aanbieder is Sean Else en die beoordelaars is Mynie Grové, Taliep Petersen en Deon Maas. Die uiteindelike wenner is Dewald Louw.

Dryfsand, geskryf deur P.G. du Plessis, begin op 14 April 2007. Die regisseur is Koos Roets en die spelers is Richard van der Westhuizen, Therese Benade, Frank Opperman en Frantz Dobrowsky.

Hester en Ester Bester, 'n komedie met Lizz Meiring, Karen Wessels en Marisa Bosman, begin op 7 Julie 2007.

Jukebox saai op 6 April 2008 vir die eerste keer uit. Die aanbieder is Kurt Darren. Pieter Koen neem op 12 Junie 2011 by hom oor.

Hannon Bothma se Glam Guru maak op 8 April 2008 sy debuut.

Kruispad, met Justin Strydom, Natania van Heerden en Altus Theart in die rolverdeling, begin op 5 Julie 2008. Dit is die eerste reeks in Deon Opperman se trilogie wat Hartland en Donkerland insluit.

Boer Soek 'n Vrou se eerste reeks begin op 30 September 2008 met Elma Postma as die aanbieder. Die elfde reeks, met Leah as aanbieder, word in 2018 uitgesaai. Ander aanbieders deur die jare was Minki van der Westhuizen, Angelique Gerber en Nadia Beukes.

Die dramareeks Getroud met Rugby begin oop 7 April 2009. Die reeks word in 2016 'n sepie.

Molly en Wors, nog 'n komediereeks van Willie Esterhuizen, begin in 2009.

In 2010 verdubbel kykNET die tydsduur van sy premie-tydgleuf.

Die eerste reeks van Vallei van Sluiers begin op 19 April. Die indrukwekkende rolverdeling sluit spelers in soos At Botha, Michelle Burgers en Nico Panagio.

Op 18 Julie 2010 het kykNET, in samewerking met E.tv se eNuus, saans om 19:00 'n Afrikaanse nuusbulletin begin uitgesaai. Freek Robinson is een van die nuuslesers.

Die Fiësta-toekenning, 'n kykNET-inisiatief wat die bestes op die ses grootste Afrikaanse kunstefeeste bekroon, word in 2011 vir die eerste keer uitgedeel.

Die eerste Silwerskermfees word in 2011 op Prins Albert in die Karoo gehou. Die filmfees skuif in 2012 na Kampsbaai waar dit sedertdien elke jaar gehou word.

Deon Opperman se dramareeks Hartland begin op 19 Julie 2011. Onder die spelers is Marius Weyers, Sandra Prinsloo, André Odendaal, Gys de Villiers en Franci Swanepoel.

Die eerste Ghoema-toekennings, met kykNET as hoofborg, word op 11 Maart 2012 uitgedeel.

Die musiekkanaal kykNET Nou! begin in 2012 uitsaai en kykNET & Kie begin op 9 April 2013 uitsaai.

Die Boland Moorde, met Stian Bam, Brendon Daniels en Vicky Davids, begin op 2 April 2013. Donkerland, die derde reeks in Deon Opperman se trilogie, begin op 13 Augustus.

Op 10 Julie 2014 begin die eerste reeks van Die Republiek van Zoid Afrika. Die aanbieder is Karen Zoid en die eerste gaste is Riaan Cruywagen en Zolani Mahola.

Die kykNET-Rapport-boekpryse word die eerste keer op 21 November 2014 uitgedeel.

Suidooster, die eerste sepie in Suid-Afrika wat in die Kaap afspeel, begin op 16 November 2015 op kykNET én kykNET & Kie uitsaai.

Die Boekklub, 'n dramareeks wat op die Karoo-dorp Merweville afspeel, begin op 12 Januarie 2016. Die tweede reeks word in 2017 uitgesaai.

In 2022 word die eerste Afrikaanse weergawe van The Real Housewives formaat, Die Real Housewives van Pretoria op kykNET uitgesaai.

Huidige programme

Voormalige programme

  • Afrikaanse Idols
  • Amalia
  • 'n Ander Wêreld
  • Bloedbroers
  • Boerekos
  • Buurtwag
  • Dagbreek
  • Debra Deel
  • Doen met 'n Miljoen!
  • Die Edik van Nantes
  • Fotostories
  • Fynskrif
  • Geraldine die Tweede
  • Groen
  • Geure uit die Vallei
  • Hoor-Hoor!
  • Hartland
  • Hotel (TV-reeks)
  • Impressario
  • Insig
  • King Hendrik
  • Kobra Elf
  • Kokkedoor
  • Lagnes
  • Liriekeraai
  • Maatband
  • Megaboere
  • Molly en Wors
  • Munisipaliteit van Gwarra Gwarra
  • Onthou
  • Orkney Snork Nie
  • Ouverture
  • Die Nataniël Tafel
  • Pandjieswinkelstories
  • Proesstraat
  • Prontuit
  • Rian
  • Robinson regstreeks
  • Roer Met Die Sterre
  • Reis na Gister
  • Sandra op 'n drafstap
  • Sewe Sakke Sout
  • Skole Top 10
  • SleepTV
  • Sterlopers
  • SuperRugby
  • Thomas
  • Trompie
  • Tuine en Tossels
  • Vallei van Sluiers
  • Vastrap
  • Vetkoekpaleis
  • Villa Rosa
  • Vir Beter of Baie Beter
  • Wilde Engel

Projekte

kykNET het deur die jare verskeie projekte van stapel gestuur.

Fiëstas-toekennings

Die Fiëstas-toekennings is vir die eerste keer op 3 Februarie 2011 uitgedeel. Die eerste Fiëstas is by die Kunstekaap in Kaapstad gehou.

2011: Wenners

Lewensbydrae

Woordkuns – Verna Vels

Musiek – Stefans Grové

Teater – Cobus Rossouw

Beste opkomende kunstenaar

Moenier Adams – Afrikaaps

Beste teaterontwerp

Marthinus Basson – As die broek pas

Beste Fiësta-aabieder

Bobby van Jaarsveld

Gewildste musiekgebeurtenis

Hatfield Karnaval

Beste prestasie in ‘n musiekgedrewe produksie

Afrikaaps

Beste solovertolking

Antoinette Kellerman – As die broek pas

Beste regie

Nicola Hanekom – Betésda

Beste prestasie in klassieke musiek

James Grace – Around the world in 60 minutes

Beste manlike byspeler

Theodore Jantjies – Vaselinetjie

Beste vroulik byspeler

Bettie Kemp – Dood van ‘n verkoopsman

Beste akteur

André Odendaal – Magspel

Beste aktrise

Antoinette Kellerman – As die broek pas

Gewildste fees

US Woordfees

Beste nuutgeskepte Afrikaanse opvoering

Nicola Hanekom – Betésda

Beste aanbieding

As die broek pas

Sien ook

Eksterne skakels

Verwysings

Tags:

Kyknet ProgrammeKyknet ProjekteKyknet Sien ookKyknet Eksterne skakelsKyknet VerwysingsKyknet

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PriemgetalMosesAbstraksie (rekenaarwetenskap)GeslagsgelykheidBreinBTWJohan BadenhorstNarsismeSeksposisieMeervoudSoogdierRekenaarEskomKoorsCovid-19-pandemieMetafoorUitwerking van klimaatsveranderingAfrikaanse TaalmonumentPêrelJoseph LynchAprilMobutu Sese SekoJames AlexanderBoer Soek 'n VrouAfrikaanse WikipediaBywoordRandall WicombKolorektale kanker2024 Chinese Grand PrixBipolêre gemoedsteuringJeugdagVerenigde State van AmerikaMis (weerkunde)Bonné de BodKookpuntBetonPersoonlikheidJagluiperdLiefdeSkoolSonOos-KaapGemeenskapsorganisasieWaterbesoedelingLettergreepRicus NelJeuksiekteParkinson se siekteSwangerskapVlag van Suid-AfrikaOogproblemeJak de PriesterLys van bekende Suid-AfrikanersIronieDierKarakteriseringVulvaStaalAnale seksSarel Jacob PretoriusGeslagsregister vanaf Adam tot JesusJo BlackSaartjie BaartmanBiodiversiteitMenslike penisgrootteMuskeljaatkatGoogle TranslateEmosieMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaApostoliese GeloofsbelydenisOrthopteraKarlien van JaarsveldSkildklierVersamelnaamDans🡆 More