Euro: Geldeenheid van die meeste lande in die pese Unie

Die euro (Cyrilliese alfabet: Евро, Griekse alfabet: Ευρώ, Lets: Eiro, Litaus: Euras, Maltees: Ewro, Sloweens: Evro; simbool: €, ISO-geldeenheidkode: EUR) is die geldeenheid van die Europese Ekonomiese en Monetêre Unie (EMU) – die sogenaamde Eurosone – en ná die Amerikaanse dollar die tweede belangrikste geldeenheid wêreldwyd.

Die mees gebruikte geldeenhede volgens waarde
Geldeenheidverspreiding van globale
buitelandse valutamarkte volgens omset.
Rang Geldeenheid Simbool
ISO 4217
% daaglikse
aandeel
(Des. 2015)
1 Vlag van Verenigde State van AmerikaAmerikaanse dollar USD ($) 87,0%
2 Vlag van EuropaEuro EUR (€) 33,4%
3 Vlag van JapanJapannese jen JPY (¥) 23,0%
4 Vlag van Verenigde KoninkrykPond sterling GBP (£) 11,8%
5 Vlag van SwitserlandSwitserse frank CHF (CHF) 8,6%
6 Vlag van KanadaKanadese dollar CAD ($) 5,2%
7 Vlag van AustraliëAustraliese dollar AUD ($) 4,6%
8 Vlag van MeksikoMeksikaanse peso MXN ($) 2,5%
9 Vlag van Volksrepubliek ChinaChinese juan CNY (¥) 2,2%
10 Vlag van Nieu-SeelandNieu-Seelandse dollar NZD ($) 2,0%
11 Vlag van SwedeSweedse kroon SEK (kr) 1,8%
12 Vlag van RuslandRussiese roebel RUB (₽) 1,6%
13 Vlag van HongkongHongkong-dollar HKD ($) 1,4%
14 Vlag van Noorweë Noorse kroon NOK (kr) 1,4%
15 Vlag van SingapoerSingapoer-dollar SGD ($) 1,4%
16 Vlag van TurkyeTurkse lira TRY (₺) 1,3%
17 Vlag van Suid-Korea Suid-Koreaanse won KRW (₩) 1,2%
18 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrikaanse rand ZAR (R) 1,1%
19 Vlag van Brasilië Brasiliaanse real BRL ($) 1,1%
20 Vlag van Indië Indiese roepee INR (₹) 1,0%
Ander 6,3%
Totaal 200%
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote
Die euro se valutateken
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote
Euromunte en -banknote

Die euro word deur die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main beheer en is die wettige betaalmiddel in 20 van die 27 lande van die Europese Unie (EU). Die euro is daarbenewens die wettige geldeenheid van ses lande (Andorra, Kosovo, Monaco, Montenegro, San Marino en die Vatikaanstad) wat nie lidlande van die Europese Unie is nie. Andorra, Monaco, San Marino en die Vatikaanstad slaan hul eie euromunte wat (teoreties) dwarsdeur die euro-area langs die munte van ander lande sirkuleer. 'n Verdere vyf lande en twee monetêre gebiede het hulle munteenheid met 'n vaste wisselkoers aan die euro gekoppel. In Zimbabwe is die euro een van verskeie buitelandse geldeenhede wat onder meer vir internasionale transaksies in gebruik is.

Alle bestaande lidlande van die Europese Unie (EU), wat aan sekere monetêre voorwaardes voldoen, mag by die eurostelsel aansluit. Nuwe lidlande van die EU is verplig om die euro in te voer, sodra hulle aan die voorwaardes voldoen. In Slowenië het die euro op 1 Januarie 2007 die Sloweense tolar vervang, op 1 Januarie 2008 is die euro ingevoer in Malta en Siprus, op 1 Januarie 2009 in Slowakye, op 1 Januarie 2011 in Estland, op 1 Januarie 2014 in Letland, op 1 Januarie 2015 in Litaue en op 1 Januarie 2023 in Kroasië.

Die euro is in die jaar 1999 as bankgeld en op 1 Januarie 2002 as "stoflike" betaalmiddel ingevoer. 'n Euro word verdeel in 100 sente (voorgestel deur die letter c). Daar is net een stel banknote ter waarde van 5, 10, 20, 50, 100, 200 en 500 euro beskikbaar, terwyl die muntstukke (1c, 2c, 5c, 10c, 20c, 50c, 1 € en 2 €) naas 'n identiese voorkant 'n nasionale agterkant het. Vanaf 2013 is 'n tweede reeks banknote ingevoer, die sogenaamde "Europa"-reeks, maar gelyktydig is die geleidelike uitfasering van die 500 €-banknoot aangekondig.

Politieke oorwegings

Behalwe vir die ekonomiese motiverings vir die instelling van die euro, was die skepping daarvan ook deels geregverdig as 'n manier om 'n nader gevoel van gesamentlike identiteit tussen Europese burgers te bevorder. Verklarings oor hierdie doelwit is byvoorbeeld gemaak deur Wim Duisenberg, Europese Goewerneur van die Sentrale Bank, in 1998, Laurent Fabius, Franse Minister van Finansies, in 2000, en Romano Prodi, President van die Europese Kommissie, in 2002. Maar, 15 jaar na die instelling van die euro, het 'n studie geen bewyse gevind dat dit 'n positiewe invloed op 'n gedeelde gevoel van Europese identiteit gehad het nie (en geen bewys dat dit ook 'n negatiewe uitwerking gehad het nie).

Wisselkoerse

Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote 
Die Eurosone:

   20 EU-lande met euro

   Ander lande met euro

   7 EU-lande sonder euro

Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote 
Setel van die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main, Duitsland
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote 
Die Europese Ekonomiese en Monetêre Unie:

   Lidlande van die Eurosone

   Wisselkoersmeganisme II

   WKM-II-lidland met Opt-out-klousule

   Land met Opt-out-klousule

   Ander EU-lidlande

Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote 
Gebruik van Amerikaanse dollar en euro wêreldwyd:

   Verenigde State van Amerika

   Ander lande wat die Amerikaanse dollar as geldeenheid gebruik

   Geldeenhede met 'n vaste wisselkoers aan die Amerikaanse dollar

   Geldeenhede met 'n smal wisselkoers aan die Amerikaanse dollar

   Europese Ekonomiese en Monetêre Unie

   Ander lande wat die Euro as geldeenheid gebruik

   Geldeenhede met 'n vaste wisselkoers aan die Euro

   Geldeenhede met 'n smal wisselkoers aan die Euro

Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote 
Wisselkoers tussen euro en Amerikaanse dollar sedert 1999
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote 
Wisselkoers tussen euro en Jen sedert 1999
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote 
Wisselkoers tussen euro en Pond sterling sedert 1999
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote 
Wisselkoers tussen euro en Switserse frank sedert 1999
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote 
Wisselkoers tussen euro en Suid-Afrikaanse rand sedert 1999

Die amptelike wisselkoers van die euro ten opsigte van die ou nasionale munteenhede is soos volg vasgestel:

Voorafgaande nasionale geldeenhede van die Eurosone
Geldeenheid Kode
(ISO 4217)
Wisselkoers Gevestig op Opgelewer
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Belgiese frank BEF 700140339900000000040,3399 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Duitse mark DEM 70001955830000000001,95583 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Estniese kroon EEK 700115646600000000015,6466 13 Julie 2010 1 Januarie 2011
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Finse markka FIM 70005945730000000005,94573 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Franse frank FRF 70006559570000000006,55957 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Griekse dragme GRD 7002340750000000000340,75 19 Junie 2000 1 Januarie 2001
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Ierse pond IEP 69997875640000000000,787564 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Italiaanse lira ITL 70001936000000000001,936,27 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Kroatiese kuna HRK 70007534500000000007,5345 10 Julie 2010 1 Januarie 2023
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Letse lats LVL 69997028040000000000,702804 9 Julie 2013 1 Januarie 2014
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Litause litas LTL 70003452800000000003,4528 23 Julie 2014 1 Januarie 2015
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Luxemburgse frank LUF 700140339900000000040,3399 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Maltese lira MTL 69994293000000000000,4293 10 Julie 2007 1 Januarie 2008
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Monegaskiese frank MCF 70006559570000000006,55957 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Nederlandse gulden NLG 70002203710000000002,20371 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Oostenrykse schilling ATS 700113760300000000013,7603 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Portugese escudo PTE 7002200482000000000200,482 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  San Marinese lira SML 70001936000000000001,936,27 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Sipriese pond CYP 69995852740000000000,585274 10 Julie 2007 1 Januarie 2008
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Slowaakse koruna SKK 700130126000000000030,126 8 Julie 2008 1 Januarie 2009
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Sloweense tolar SIT 7002239640000000000239,64 11 Julie 2006 1 Januarie 2007
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Spaanse peseta ESP 7002166386000000000166,386 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Vatikaanse lira VAL 70001936000000000001,936,27 31 Desember 1998 1 Januarie 1999

Banknote

2002-reeks
Beeld Waarde Afmetings
(millimeter)
Hoofkleur Ontwerp Drukkerkodeposisie
Voorkant Agterkant Argitektuur Eeu
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  €5 120 × 62 Grys Klassiek < 5de Linker beeldrand
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  €10 127 × 67 Rooi Romaans 11–12de 8:00-uur ster
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  €20 133 × 72 Blou Goties 12–14de 9:00-uur ster
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  €50 140 × 77 Oranje Renaissance 15–16de Regter beeldrand
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  €100 147 × 82 Groen Barok & Rokoko 17–18de Regs van 9:00-uur ster
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  €200 153 × 82 Geelbruin Tydperk van yster en glas 19–20ste Bo 7:00-uur ster
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  €500 160 × 82 Pers Moderne 20ste eeu 20–21ste 9:00-uur ster
Hierdie beelde is volgens skaal op 0,7 pixels per millimeter.
Europa-reeks
Beeld Waarde Jaar Afmetings
(millimeter)
Hoofkleur Ontwerp Drukkerkodeposisie
Voorkant Agterkant Argitektuur Eeu
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  €5 2013 120 × 62 Grys Klassiek < 5de Regs bo
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  €10 2014 127 × 67 Rooi Romaans 11–12de Regs bo
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  €20 2015 133 × 72 Blou Goties 12–14de Regs bo
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  €50 2017 140 × 77 Oranje Renaissance 15–16de Regs bo
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  €100 2019 147 × 82 Groen Barok & Rokoko 17–18de Regs bo
Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  Euro: Politieke oorwegings, Wisselkoerse, Banknote  €200 2019 153 × 82 Geelbruin Tydperk van yster en glas 19–20ste Regs bo
Hierdie beelde is volgens skaal op 0,7 pixels per millimeter.

Spesiale muntstukke

Enige land van die Eurosone mag spesiale muntstukke vrystel, wat in alle lande van die Eurosone geldig is.

Geskiedenis

Aanvanklike suksesse

Die invoering van die euro in 1999 het sonder probleme verloop en Griekeland (2000), Slowenië (2006), Malta (2007) Siprus (2007), en Slowakye (2008) het tot die eurosone toegetree. Sommige ekonome en politici soos die vroeëre Duitse Minister van Buitelandse Sake, Joschka Fischer (Groen Party), wys daarop dat die euro as geldeenheid eerder om politieke as om ekonomiese redes ingevoer is – met die hoofdoelwit van ekonomiese en politieke integrasie van die deelnemende EU-lidstate. Enkele jare lank was die euro 'n stabiele geldeenheid vir ekonomieë met uiteenlopende strukture, sosiale en arbeidswetgewing en belastingtariewe. Dat nasionale reserwebanke die moontlikheid ontneem is om hul geldeenheid te re- of devalueer of staatsskuld deur 'n hoër inflasiekoers fakties te verminder, was aanvanklik geen probleem vir lidlande nie. Ander lande soos die Baltiese State het hulle munt aan die euro gekoppel en baie ekonomiese groei ervaar.

Die eurokrisis

Eers later, ná die Beursineenstorting van 2008 het duidelik geword watter gevare 'n gemeenskaplike geldeenheid kan inhou sodra nie alle lidlande dieselfde ekonomiese en finansiële beleid volg nie.

Die finansiële krisis in Griekeland, wat sy toetreding tot die Eurosone slegs met gemanipuleerde statistieke kon bewerkstellig aangesien dit nie werklik aan die vereiste kriteria voldoen het nie, het die Eurosone in 2009 in 'n eerste ernstige krisis gedompel. Met sy lidmaatskap was 'n drastiese interne devaluasie – die grootskaalse verlaging van lone, salarisse en pensioene met 'n gepaardgaande besuinigingsprogram – die enigste oplossing en die voorwaarde vir finansiële steun deur ander lidstate deur middel van lenings. Die ander land van die sgn. PIIGS Portugal, Ierland, Italië, Griekeland en Spanje wat ook groot staatskulde gehad het het ook probleme gekry. Spekulasie teen hulle obligasies het hulle rentes doen styg, maar in 2012 het Mario Draghi die Europese Sentrale Bank tot lender of last resort verklaar. Hij begin om meer euros te druk en daarmee die obligasies op te koop. Dit het die krisis besweer. In Griekeland wat nooit die euro losgelaat het nie, het dit langer geduur en die IMF het lenings moet verstrek. Die besuinigings het die land in 'n diep krisis gestort maar die land is in 2023 terug op sy bene.

Die eurokrisis het die euro se geloofwaardigheid baie geskaad. Lande soos Tsjechië het van hulle planne om tot die eurosone toe te tree afgesien, maar nie die drie Baltiese state nie wat teenstelling tot die PIIGS kleine staatskulde het. Estland tree toe tot die eurosone in 2011 wanneer die kritiek op die euro die luidste isen Letland en Litoue volg later (in 2014 en 2015). Helle het hoegenaamd geen probleme nie en gee minder gled uit om hulle rentes op die staatskuld te betaal.

Ná die krisis

In die jare ná die krisis het die ECB 'n baie belangriker rol gaan speel in die ekonomie van Europa en die wêreld. In 2023 word 50% van die invoer en uitvoer in die wêreld in Ameriaanse dollars betaal, met die Euro op die tweede plek met 42%. Om die ekonomiese probleme wat deur die coronavirus veroorsaak is te help oplos het die EU selfs besluit om self skulde te gaan maak. Hulle het besluit 'n herstel en stimuleerfonds van €2.264,3 miljard te skep om die ekonomieë weer op gang te bring. Dit sou sonder die euro se herstelde geloofwaardigheid nie moontlik gewees het nie. Op 1 Januarie 2023 het ook Kroasië besluit om tot die eurosone toe te tree. Bulgarye het planne om hulle te volg,

Sien ook

  • Schengen-ooreenkoms, nog 'n Europese instelling ten doeleinde van 'n Europese identiteit
  • Vlag van Europa, nog 'n simbool van die Europese Unie
  • IBAN, Internasionale bankrekeningnommer wat ontwikkel is om internasionale bankdienste binne die Europese Unie te fasiliteer.

Notas

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) Bartram, Söhnke M.; Taylor, Stephen J.; Wang, Yaw-Huei (Mei 2007). "The Euro and European Financial Market Dependence". Journal of Banking and Finance. 51 (5): 1461–1481. SSRN 924333.
  • (en) Bartram, Söhnke M.; Karolyi, G. Andrew (Oktober 2006). "The Impact of the Introduction of the Euro on Foreign Exchange Rate Risk Exposures". Journal of Empirical Finance. 13 (4–5): 519–549. doi:10.1016/j.jempfin.2006.01.002. SSRN 299641.
  • (en) Baldwin, Richard; Wyplosz, Charles (2004). The Economics of European Integration. New York: McGraw Hill. ISBN 0-07-710394-7.
  • (en) Buti, Marco; Deroose, Servaas; Gaspar, Vitor; Nogueira Martins, João (2010). The Euro. Cambridge: Cambridge University Press. ISBN 978-92-79-09842-0.
  • (en) Simonazzi, A.; Vianello, F. (2001). "Financial Liberalization, the European Single Currency and the Problem of Unemployment". In Franzini, R.; Pizzuti, R.F. (reds.). Globalization, Institutions and Social Cohesion. Springer. ISBN 3-540-67741-0.

Eksterne skakels

Tags:

Euro Politieke oorwegingsEuro WisselkoerseEuro BanknoteEuro Spesiale muntstukkeEuro GeskiedenisEuro Sien ookEuro NotasEuro VerwysingsEuro Verdere leesstofEuro Eksterne skakelsEuroAmerikaanse dollarCyrilliese alfabetGeldeenheidGriekse alfabetISO 4217LetsLitausMalteesSloweens

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MonoloogGoogleMarie AntoinetteRacheltjie de BeerMenslike skeletSeevlakstygingVerkleurmannetjieGenitale vratLeonardo da VinciRooikatWatersuiweringHartaanvalSamestellingVlekvrye staalAdolf HitlerFamilie (verwantskap)7de LaanMIV/vigs in Suid-AfrikaProteaNoag se arkFrankrykGezina, PretoriaGedigWesterse filosofieKlimaatsverandering in Suid-AfrikaSekondêre sektor van die ekonomieWiki CommonsBloedsomloopstelselTweede VryheidsoorlogTrappe van vergelykingSeksAarverkalkingVormMenseregteRosa ParksNoord-KaapCovid-19-pandemieSuid-Afrikaanse GrensoorlogRob HersovLys van myne in Suid-AfrikaLys van Suider-Afrikaanse soogdiereEugenetikaLongVergelykings (taalkunde)AardeVersamelnaamSkisofrenieMigrasie van diereAssonansieSuid-Afrikaanse Nasionale ParkeTransatlantiese slawehandelGalileo GalileiHindoeïsmeOmgewingsbeheerAluminiumNierOnderwysJode1913GeldErosieKunsKoorsblaarLetterkundeMoslemKriekWaterKaaps-Hollandse stylVioolPinksterKoperKindersiektesSelfkonsep🡆 More