Engelse

Die Engelse (Engels: English of English people) is 'n Germaanse nasie en etniese groep inheems aan Engeland wat Engels as moedertaal praat.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Engels.

Die Engelse identiteit is van vroeë Middeleeuse oorsprong, toe hulle in Oud-Engels as Angelcynn ("familie van die Engele") bekend was. Engeland is een van die vier lande van die Verenigde Koninkryk en Engelse mense in Engeland is Britse burgers. Hul etnoniem is afgelei van die Angele, een van die Germaanse volke wat omtrent die 5de eeu n.C. na Groot-Brittanje migreer het.

Engelse
Engelse
Totale bevolking: ca. 75–100 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 37,6 miljoen in Vlag van Engeland Engeland en Vlag van Wallis Wallis

Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 25–50 miljoen
Vlag van Australië Australië 7,2 miljoen
Vlag van Kanada Kanada 6,6 miljoen
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 1,6 miljoen
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 44 000–282 000

Taal: Engels
Geloofsoortuiging: Tradisioneel Anglikanisme, maar ook afgeskeidene en afvalliges, sowel as ander Protestante; ook Rooms-Katolieke; andere gelowe.
Verwante etniese groepe: Ander Germaanse volke; Bretonners, Iere, Skotte, Walliesers; Anglo-Afrikane; Anglo-Iere
Engelse
Carl Spitzweg: Engländer in der Campagna
Waterverfskildery, omstreeks 1845. Alte Nationalgalerie, Berlyn

Histories gesien is die Engelse bevolking afstammelinge van 'n paar volke — die vroeë Keltiese Bretonners en die Germaanse stamme wat hulle in Brittanje as gevolg van die onttrekking van die Romeine gevestig het, insluitende die Angele, Sakse, Jute en Friese. Gesamentlik bekend as die Anglosakse, het hulle wat later as Engeland (van Oud-Engels Englaland) bekend geword het, saam met die latere Dene, Normandiërs en andere groepe gestig. Met die Acts of Union 1707 is die Koninkryk van Engeland deur die Koninkryk van Groot-Brittanje opgevolg. Deur die jare heen het die Engelse gewoontes en identiteit redelik nou in lyn met die Britse gewoontes en identiteit in die algemeen geword.

Vandag het baie Engelse mense onlangse voorsate uit ander dele van die Verenigde Koninkryk, terwyl sommige ook afstammelinge van meer onlangse immigrante uit andere Europese lande en van die Britse Statebond is.

Die Engelse is die oorsprong van die Engelse taal, die Westminster-stelsel, die Gemenereg en talle groot sportsoorte soos krieket, sokker, rugby en tennis. Hierdie en ander Engelse kulturele eienskappe het wêreldwyd versprei, deels as gevolg van die invloed en reikwydte van die voormalige Britse Ryk en deels as gevolg van migrasie.

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

EngelandEngelsEtniese groepGermaneGroot-BrittanjeLande van die Verenigde KoninkrykMiddeleeueMoedertaalNasie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LidwoordMenseregtedagVoedingPolitieke partyStresWes-Germaanse taleOutismeGrondwaterLys van elemente volgens simboolSebraVoëlDooie SeeVryheidsdagBlaarMorfeemJapanLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Nazi-DuitslandKrieketNierversakingLieweheersbesieMotreënKraaiBaardskeerder-spinnekopVlinderAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidCarles PuigdemontByvoeglike naamwoordDriedimensioneelTsoenamiLys van bekende Suid-AfrikanersTitaanLiewe HeksieHarry Herbert CrosbyRenosterGroot vyfLandbouChristiaan BarnardErfenisdag (Suid-Afrika)BuffelKitaarVerdampingHoërskool Sentraal, BloemfonteinNarsistiese persoonlikheidsteuringGlobaliseringDierEjakulasieKasteel die Goeie HoopVitamienEienaamKwaZulu-NatalBesoedelingInstagramLys van medisinale kruieVulkaanBernice WestEkonomieKoolstofE-posDubbelpuntLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaKwikKontrasPoesBeroerteLiefdeHartversakingArmoedeTobie CronjéJan-Willem BreureTekstielDroogteWerwelkolomTienerGeelslang🡆 More