Encyclopædia Britannica

Die Encyclopædia Britannica (Latyn vir Britse Ensiklopedie) is 'n algemene Engelstalige ensiklopedie gepubliseer deur Encyclopædia Britannica, Inc., 'n private maatskappy.

Artikels is gemik op geletterde volwassenes, en word geskryf deur ongeveer 100 voltydse redakteurs en meer as 4 000 spesialisbydraers. Dit word beskou as die mees deskundig-onderlegde ensiklopedie. Die 2010-weergawe van die 15de uitgawe, wat 32 volumes en 32 640 bladsye beslaan, was die laaste gedrukte uitgawe.

Encyclopædia Britannica
Encyclopædia Britannica

SkrywerSoos op 2008 4 411 genoemde bydraers
Omslagontwerperverskeie; Aanvanklike gravures deur Andrew Bell
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (1768–1901)
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (1901–hede)
TaalEngels
OnderwerpAlgemeen
GenreEnsiklopedie
UitgewerEncyclopædia Britannica, Inc.
Uitgegee1ste tot 6de uitgawes (1768-1826): privaatuitgewers soos Andrew Bell, Archibald Constable en Colin Macfarquhar
7de tot 9de uitgawes (1827-1901): A & C Black
10de tot 14de uitgawes (1901-1973): Amerikaanse besighede, insluitende Sears Roebuck en die Benton Foundation
15de uitgawe: Benton Foundation en Encyclopædia Britannica, Inc. (as 'n afsonderlike entiteit, saam met Britannica.com Inc.)
MediumDruk (1768–2010)
Bladsye32 640 (15de uitgawe, 2010)
ISBN1-59339-292-3

Die Britannica is die oudste Engelstalige ensiklopedie wat steeds in druk is. Dit is vir die eerste keer gepubliseer tussen 1768 en 1771 in Edinburg, Skotland, en het toegeneem in gewildheid en omvang, sodat die derde uitgawe (1797) en aanhangsel daarvan (1801) twintig bande beslaan het. Die opgang in aansien het bygedra tot die werwing van toonaangewende bydraers, en die 9de uitgawe (1875–1889) en die 11de uitgawe (1911) was 'n baken in terme van geleerdheid en letterkundige styl. Beginnend by die 11de uitgawe, is die Britannica se artikels verkort en vereenvoudig ter wille van groter aanvaarding in die Noord-Amerikaanse mark. In 1933, het die Britannica die eerste ensiklopedie geword om "deurlopende hersiening" te aanvaar, waarvolgens die ensiklopedie onverpoos herdruk word, en elke artikel geskeduleerd opdateer word.

Die mees onlangse uitgawe, die 15de, beskik oor 'n unieke drieledige samestelling: 'n 12-bundel Micropædia met kort artikels (meestal minder as 750 woorde), 'n 17-bundel Macropædia met langer artikels (twee tot 310 bladsye) en 'n enkelband Propædia wat 'n rangordelike raamwerk van kennis verskaf. Die Micropædia is gemik op vinnige naslaan van feite en as 'n gids tot die Macropædia; lesers word aangeraai om die Propædia-raamwerk te raadpleeg om die onderwerp se konteks te verstaan en sodoende meer spesifieke artikels na te spoor. Die grootte van die Britannica het vir 70 jaar min of meer konstant gebly, en bevat ongeveer 40 miljoen woorde en 'n halfmiljoen onderwerpe. Alhoewel dit sedert 1901 in die Verenigde State gepubliseer word, het die Britannica Britse spelwyse behou.

Die Britannica het moeite ondervind om winsgewend te bly. Sekere artikels in vroeëre uitgawes is gekritiseer betreffende sorgvuldigheid, vooroordeel of ongekwalifiseerde bydraers. Die akkuraatheid van dele van die 15de uitgawe is eweneens onder verdenking geplaas, maar die bestuur van Britannica het teenargumente op die kritiek gelewer.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

EngelsEnsiklopedieLatyn

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BiologieKonjunktivitisLys van bekende Suid-AfrikanersLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsAuschwitz-konsentrasiekampOrthopteraAfvalbestuurRugbywêreldbeker 2023TrekarbeidAtoomKolorektale kankerBorsteHidroulikaMenslike seksuele gedragDigvormGroepsdrukKoperSpierKolitisSinkGeelsugMiddeleeueVier temperamenteSlawernyKankerBruto binnelandse produkHoofpynPornhubPuberteitDemokrasieAngina pectorisDoelwitBoer (landbou)FacebookProstaatkankerOseaanbesoedelingAluminiumSneeuNetbalElon MuskSoortnaamRamsar-vleilande in Suid-AfrikaMagneetArmoedeverligtingKatPrivaat maatskappyBoelieryKoerantVarkVersamelnaamLiewe HeksieHemelvaartsdagAngolaKrugerwildtuinAardeTarentaleMonopolieEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaSpelerposisies in rugbyOmgewingsgesondheidMensBoer Soek 'n VrouPlaattektoniekJo BlackLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaStam (taalkunde)Karlien van JaarsveldKewerAfrikaanse taalleerGianna MichaelsLatynMusieksimboleLionel MessiAfrikaansPiet ByleveldGeslagsgelykheid🡆 More