Doris Brasch

Doris Brasch (* 19 September 1929, † 2012) was 'n Suid-Afrikaanse sangeres.

Sy maak haar operadebuut in Die Fledermaus (1958) teenoor ’n toe nog onbekende Gé Korsten. Sy was egter beter bekend vir haar kindermusiek. "Die lappop" was een van haar groot treffers.

Doris Brasch
Doris Brasch
Doris Brasch saam met Gé Korsten in Die Fledermaus in 1958.
Agtergrondinligting
GeboortenaamDoris Brasch
Gebore19 September 1929
Rysmierbult buite Potchefstroom
SterfJanuarie 2012
Beroep(e)Sangeres

Lewensloop

Brasch is op 19 September 1929 op Rysmierbult naby Potchefstroom in die destydse Wes-Transvaal gebore, waar sy reeds op 14-jarige ouderdom met sanglesse begin het. Toe sy saam met haar gesin in 1947 na Johannesburg verhuis het, het sy musiek studeer onder Sophie Ginkewitz (wat self onder Lili Lehmann gestudeer het). Sy het bekendheid verwerf vir haar Lieder-uitvoerings van komponiste soos Schubert, Wolf, Schumann, Mahler en Strauss en haar interpretasies van radio-uitvoerings soos Amelia gaan na die Bal (van Menotti), Eugene Onegin (van Tsjaikofski) en Die Troue van Figaro (van Mozart).

Brasch het ook verskeie kere saam met die simfonie-orkeste van Johannesburg, Kaapstad en Durban opgetree en saam met die bariton Bob Borowsky getoer. Verder het sy operarolle in onder meer Die towerfluit gespeel en was die sopraan in ’n uitvoering van Gustav Mahler se Tweede simfonie, die Opstandingsimfonie. Die ongeveer 30 opnames van kinderliedjies wat sy saam met Dawie Couzyn (vir die Afrikaanse liedjies) en Bob Williams, Jimmy Rayson en Ronnie Wilson (vir die Engelse liedjies) gemaak het was in groot aanvraag. Die meeste van hierdie liedjies is deur Betty Misheiker geskryf en gekomponeer.

As soliste, en in samewerking met Couzyn, het sy Afrikaanse tradisionele en populêre musiek opgeneem. Brasch het dan ook saam met Natalse Raad vir die Uitvoerende Kunste en Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste getoer. Sy was ook deel van 'n geselskap wat Suidwes-Afrika besoek het as lid van die Suid-Afrikaanse Raad vir Uitvoerende Kunste. Sy het opgetree tydens die inhuldiging van Suid-Afrika se eerste staatspresident, C.R. Swart, en sy het die rol van die heks vertolk in Engelbert Humperdinck se Hänsel und Gretel by die inhuldigingsfees van die Staatsteater in Johannesburg. Sedert 1973 het sy musiekprogramme by Suid-Afrikaanse skole aangebied.

Brasch was 54 jaar lank met Nathan Cooperman getroud. Hulle het 'n dogter (Janine) en 'n seun gehad.

Sy is in Januarie 2012 oorlede.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

19 September19292012Gé KorstenOperaSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

2024HomofobieGautreinLys van hoofstedeWerkNieu-SeelandWaterpokkiesHoutLugbesoedelingVerplegingSendelingBeginondernemingRacheltjie de BeerVredenburgDie Stem van Suid-AfrikaWysheidKonsonantSkaapSamaritaneReënspinnekopCyril RamaphosaDigvormWildehondSomerNatuurbewaringInkomstebelastingStressorKinderarbeidLSaadAkuutGeskiedenis van die AardeDansMalirykWoordvormingProteaKolitisTimboektoeVerkoueVisKolonoskopieBernice WestSonneblomDeelwoordRassismeAnglo-BoereoorlogKoppeltekenNormeVersamelnaamGewone breukeAktuarisDikdermTransatlantiese slawehandelBorskankerRugbyWerkloosheidHidroponikaGesondheidSteve HofmeyrKommunismeVitamienAfrikaanse woordelys en spelreëlsGautengMoesonEienaamSeksuele identiteitKrapReële getalBotswana pulaKoorsKwitansieKomplementêre kleureWapen van NamibiëPeach van PletzenHoofletterGeskiedenis (vakgebied)🡆 More