Die Kontrak

Die Kontrak is ’n realiteitsangkompetisie wat eers op VIA (DStv-kanaal 147) en nou op E.tv uitgesaai word.

Die Kontrak
Genre Realiteitsangkompetisie
Geskep deur VIA & Coleske Artists
Aangebied deur Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Pulane Sekepe & Demi Lee Moore
Beoordelaars Theuns Jordaan, Corlea Botha, Jo Black en Barry Pretorius
Elvis Blue (Mentor)
Monique Steyn (Mentor)
Dewald Wasserfall (Mentor)
Tarryn Lamb (Mentor)
Karlien van Jaarsveld (Mentor)
Refentse (Mentor)
Temamusiekkomponis Dewald Wasserfall
Openingstema "Nuwe Begin" deur Dewald Wasserfall
Taal Afrikaans
Aantal seisoene 2
Uitsending
Oorspronklike kanaal VIA E-tv
Oorspronklike lopie 19 September 2018 (2018-09-19) – Tans
Die Kontrak
Theuns Jordaan was in seisoen 1 'n beoordelaar.

Die reeks se agt aspirantmusieksterre wat ná ’n landwye aanlyn veldtog uit bykans 2 000 sangers gekies is, is deur die mentors gebrei vir die uitklopkonserte wat hulle week na week moes aandurf.

Seisoen een se paneel het bestaan uit die sangers Theuns Jordaan en Corlea Botha asook Barry Pretorius, die regisseur van die Afrikaans is Groot-konserte, wat weekliks kommentaar oor die deelnemers se optredes gelewer. In seisoen twee vervang Jo Black die wyle Theuns Jordaan op die paneel.

Dit was egter Coleske Artists se direkteur, Arnold Coleske, wat moes besluit of ’n deelnemer sy/haar kontrak kwyt is of ’n tree nader is aan die Afrikaans is Groot-verhoog. ’n Kontrak met Coleske Artists ter waarde van R1 miljoen kan gewen word. Die deelnemers wat elke week uitval se ongetekende kontrakte word voor die kykers opgeskeur.

Die temalied van Die Kontrak is "Nuwe begin" van Dewald Wasserfall.

Seisoen 1 (2018)

Die Kontrak 
Elvis Blue was in seisoen 1 ’n mentor.

Eliminasie Tabel

Plek Sanger Mentor Episode
1 2 3 4 5 6 7
1 Demi Lee Moore Monique Steyn IN IN IN IN IN IN WEN
2 Ivan Roux Dewald Wasserfall IN IN IN IN IN IN NW
3 Deidré Barnard Dewald Wasserfall IN IN IN IN IN UIT
4 Tatum Strydom Tarryn Lamb IN IN IN IN UIT
5 Wilha Carstyens Monique Steyn IN IN IN UIT
6 Natasha Zaaiman Elvis Blue IN IN UIT
7 Faraway George Elvis Blue IN UIT
8 Tyral-Lee Miggels Tarryn Lamb
         (IN) Die sanger se kontrak is nog geldig.
         (NW) Sanger was die naaswenner.
         (WEN) Sanger was die wenner.
         (UIT) Sanger se kontrak was opgeskeur.

Die vier mentors wat die deelnemers gehelp het om die kontrak te probeer losslaan was Elvis Blue, Tarryn Lamb, Monique Steyn en Dewald Wasserfall. Dewald se liedjie "Nuwe Begin" was ook die program se temalied.

In die eerste aflewering het die vier mentors elk twee deelnemers uit ses kandidate gekies. Hulle was: Faraway George van Pretoria en Natasha Zaaiman van Middelburg, Mpumalanga (Elvis); Tyral-Lee Miggels van Uitenhage en Tatum Strydom van Pretoria (Tarryn); Wilha Carstens van Pretoria en Demi Lee (Monique); en Ivan Roux van Pretoria en die 16-jarige Deidré Barnard, die jongste deelnemer, van die Strand (Dewald).

Tyral-Lee se kontrak is eerste opgeskeur, gevolg deur dié van Faraway George, Natasha, Wilha, Tatum en Deidré. Die twee deelnemers uit wie die wenner gekies moes word, was Demi Lee en Ivan.

Demi Lee Moore (28) van Durbanville het eindelik die platekontrak by Coleske Artists losgeslaan. Sy is op 23 November 2018 by die jaar se eerste Afrikaans Is Groot-konsert as die wenner aangekondig.

Seisoen 2 (2022)

Die tweede seisoen word op E.tv uitgesaai.

Eliminasie Tabel Top 9

Plek Sanger Mentor Episode
3 4 5 6 7/8 9 10 11
1 Samantha Leonard Monique Steyn IN IN IN IN IN IN IN WEN
2 Dodo Nyoka Karlien van Jaarsveld IN IN IN IN IN IN IN NW
3 Gabi Swanepoel Tarryn Lamb IN IN IN IN IN IN UIT
4 Lisie Basson Karlien van Jaarsveld IN IN IN IN IN UIT
5 Robert Bolton Monique Steyn IN IN IN IN UIT
6 Ruan Jordaan Tarryn Lamb IN IN IN UIT
7 Gen Avid Refentse IN IN UIT
8 Arnau Nolan Tarryn Lamb IN UIT
9 Melissa Jane Refentse UIT
         (IN) Die sanger se kontrak is nog geldig.
         (NW) Sanger was die naaswenner.
         (WEN) Sanger was die wenner.
         (UIT) Sanger se kontrak was opgeskeur.

Die vier mentors wat die deelnemers help om die kontrak te probeer losslaan is Tarryn Lamb, Monique Steyn, Karlien van Jaarsveld en Refentse Morake.

Die top 26 tree hierdie jaar by Die Groot Jol op waar die mentors hulle dophou en dan elk 4 kies om deur te gaan na die volgende rondte. In episode 2 kies elke mentor 2 deelnemers om na die optredes deur te dring. Die grootbaas kies 'n deelnemer as sy "wildcard" wat dan 'n Top 9 opmaak.

Die eerste deelnemer wie se kontrak opgeskeur word is Melissa Jane, gevolg deur die van Arnau, Gen en Ruan. In episode 7 skeur die grootbaas Robert se kontrak op maar die kenners gebruik hulle een "safe" vir die seisoen en hy kry weer sy kontrak terug. In episode 8 skeur die grootbaas weer Robert se kontrak op. Volgende word Lisie se kontrak opgeskeur gevolg deur Gabi.

Die top twee, Samantha en Dodo stel op 28 Oktober 2022 hulle enkelsnitte en musiek videos bekend.

Samantha Leonard word by Afrikaans is Groot aangewys as die wenner van seisoen 2.

Seisoen 3 (2023)

Op dinsdag 28 Maart 2023 kondig Afrikaans is Groot aan dat Die Kontrak seiseon 3 die jaar uitgesaai sal word.

Die wenner van seisoen 3 sal weer by Afrikaans is Groot aangekondig word.


Die Kontrak Seisoen 3 word vanaf Sondag 10 September 2023, 18:30 weekliks uitgesaai op e tv.

Verwysings

Tags:

Die Kontrak Seisoen 1 (2018)Die Kontrak Seisoen 2 (2022)Die Kontrak Seisoen 3 (2023)Die Kontrak VerwysingsDie KontrakDStvE.tvVIA

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KonjunktivitisKanadese nasionale krieketspanDansSally EsterhuizenLys van Suider-Afrikaanse soogdiereGrasDiplopodaOnderhandelinge om apartheid te beëindigOlifant2023VrymesselaryPersCecil John RhodesApartheidWet op NaturellengrondAarverkalkingSamestellingKankerAllergieWikimedia-stigtingGoudDemi Lee MooreMolotofbomAfrikaanse Hoër SeunskoolKwaZulu-NatalAfkortingLys van Afrikaanse televisiereekseLiewe HeksiePenisEkonomieTegnologieMusiekA.J. ApplegateBaardskeerder-spinnekopJagluiperdWhitey BassonEuropese Suidelike SterrewagMaanJo BlackWes-AfrikaVlag van BangladesjNetaji Subhas Chandra Bose Internasionale LughaweWaarheid-en-versoeningskommissieWaverKoningGeelsugLuiperdVlag van AfghanistanAlfabetWayde van NiekerkLiefdeOosters-Ortodokse KerkOu Apostoliese KerkKadmiumHeliosfeerSamestellende afleidingEpilepsieAnale kankerEngelsVuurELugbesoedelingLys van woestyneNoord-KaapLys van ingelyfde NG gemeentesGebande muishondTuberkuloseKlitorisSuid-Afrikaanse PolisiediensLibiëTweede WêreldoorlogNarsistiese persoonlikheidsteuringKoggelmander🡆 More