Deelwoord

'n Deelwoord is 'n woord wat gedeeltelik 'n werkwoord en gedeeltelik 'n ander woordsoort is byvoorbeeld 'n selfstandige of byvoeglike naamwoord, 'n bywoord of 'n ander werkwoord.

Daar is twee soorte deelwoorde: Teenwoordige deelwoorde en Verlede deelwoorde

Teenwoordige deelwoorde

Wanneer die aksie nog besig is om te gebeur, word –de, -ende of –end aan die woord gevoeg.

Slegs die werkwoorde doen, gaan, sien, slaan, staan (en hulle afleidings) kry -de, byvoorbeeld:
Hy het hard gewerk en sodoende goeie punte behaal.
voldoende bewyse;
bestaande reëls;
hy is siende blind;
verbygaande motors

Behalwe vir 'n paar uitsonderings kry alle werkwoorde -ende wanneer die beskrywende woord voor die selfstandige naamwoord (attributief) is, byvoorbeeld: huilende kind (kind is die selfstandige naamwoord)
sterwende oupa
waaiende wind
kokende water
-end na die s.nw, byvoorbeeld:
Die dansende meisie is gelukkig. (Meisie is die selfstandige naamwoord)
My ouers is baie ondersteunend. (Ouers is die selfstandige naamwoord)

Uitsonderings


Versag - versagtende omstandighede
liefhê - liefhebbende moeder
sê - veelseggende glimlag
vertroos - vertroostende drukkie

Verlede deelwoorde

Wanneer die aksie reeds verby is, (verlede tyd) vorm ons ‘n beskrywende woord deur –ge vooraan en –de, -te of –e agter aan die woord te voeg:
Swak verlede deelwoorde word letterlik gebruik, byvoorbeeld: 'n gebreekte been, terwyl sterk verlede deelwoorde figuurlik gebruik word, byvoorbeeld 'n gebroke hart.

Swak verlede deelwoorde: ge- + -te of ge- + -de word agteraan die werkwoord gevoeg, byvoorbeeld:
'n getroude paartjie
'n gestrykte hemp
As die woord op K of P eindig, kry dit ge-+-te. Byvoorbeeld: (kook) water gekookte water
(kap) hout gekapte hout
As die woord op F, G of S eindig, kry dit ge- + -te of ge- + -de. Byvoorbeeld:
(afstof) boekrak afgestofte/de boekrak
(droog) vrugte gedroogte/de vrugte
(was) skoene gewaste/de skoene

Sterk verlede deelwoorde word gewoonlik gevorm deur vokaalverandering en eindig altyd met ‘n –e in die attributiewe vorm. Byvoorbeeld:
(bederf) kind – bedorwe kind;
(opwen) mense – opgewonde mense
'n Ryke verbeelding (teenoor ryk mense) 'n donkere toekoms (teenoor 'n donker kamer)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Deelwoord Teenwoordige deelwoordeDeelwoord Verlede deelwoordeDeelwoord VerwysingsDeelwoord Eksterne skakelsDeelwoordByvoeglike naamwoordBywoordSelfstandige naamwoordWerkwoordWoord

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Bek-en-klouseerNeurenberg-verhoreThe CranberriesNasionalismeBreinvliesontstekingKalenderOrthopteraKinderregteGeslagNeerslagAfrikanersMaanErfenisKimberleySelakantAntoniemKoolhidraatLimfvatstelselMonumentKlankBorskankerAtoomMaselsDie Laaste Avondmaal (Leonardo)SeekoeiBrandmondsindroomWolfBoelierySpreeuHerpes simplexAardbewingKoperPlastiekLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaWikimedia-stigtingAngina pectorisNarsismeWerkloosheidEmosieMarsGipsAardverwarmingSydneyLionel MessiSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureVigsRookgewoonteCalviniaMonoloogBoomslangDeelwoordLSlawernyNasionale VrouedagHefboomLongontstekingSharpeville-slagtingNiemetaalSuid-AfrikaWithaaiJan van TonderWikiquoteGewasboerdery in Suid-AfrikaDuitslandAbsolute monargieDierBloeddrukSeegolfSkaakCleopatra VIIRussiese inval in Oekraïne sedert 2022ProstaatkankerMenseregteBelasting🡆 More