Boom

In plantkunde is 'n boom 'n meerjarige plant met 'n langwerpige stam wat gewoonlik takke en blare ondersteun.

Volgens sommige enger definisies is 'n boom slegs houtplante met sekondêre groei, plante wat bruikbaar is vir hul hout of plante bo 'n bepaalde hoogte. In wyer definisies word langer palms, boomvarings, piesangs en bamboes ook as bome geag. Bome is nie 'n taksonomiese groep nie, maar sluit 'n verskeidenheid plantspesies in wat onafhanklik van mekaar 'n stam en takke ontwikkel het as 'n manier om bo ander plante uit te troon om vir sonlig te kompeteer. Die meerderheid boomspesies is angiospermae of hardehoutsoorte; baie van die res is gimnospermae of sagtehoutsoorte. Bome bestaan al vir 370 miljoen jaar en daar is na raming sowat drie biljoen volwasse bome in die wêreld.

Boom
'n Rooihoutboom, die hoogste boomspesie op aarde

'n Boom het tipies baie sekondêre takke wat vry van die grond deur die stam ondersteun word. Hierdie stam bevat tipies houtagtige weefsel vir sterkte, en vaskulêre weefsel om materiaal van een deel van die boom na 'n ander te vervoer. Die meeste bome word omring deur 'n laag bas wat as 'n beskermende versperring dien. Onder die grond vertak die wortels en sprei wyd uit; hulle dien om die boom te anker en vog en voedingstowwe uit die grond te onttrek. Bo die grond verdeel die takke in kleiner takke en lote. Die lote dra gewoonlik blare, wat ligenergie opvang en dit deur fotosintese in suikers omskakel, wat die voedsel vir die boom se groei en ontwikkeling verskaf.  

Bome plant gewoonlik voort met behulp van sade. Blomme en vrugte kan teenwoordig wees, maar sommige bome, soos konifere, het eerder stuifmeelkegels en saadkeëls. Palms, piesangs en bamboes produseer ook sade, maar boomvarings produseer eerder spore.  

Bome speel 'n beduidende rol om erosie te verminder en die klimaat te modereer. Hulle verwyder koolstofdioksied uit die atmosfeer en stoor groot hoeveelhede koolstof in hul weefsels. Bome en woude bied 'n habitat vir baie dier- en plantspesies. Tropiese reënwoude is een van die mees biodiverse habitatte ter wêreld. Bome bied skadu en skuiling, hout vir konstruksie, brandstof vir kook en verhitting, en vrugte vir kos sowel as baie ander gebruike. In sommige wêrelddele krimp woude omdat bome afgekap word om grond vir landboudoeleindes beskikbaar te stel. Weens hul lang lewe en bruikbaarheid, is bome nog altyd eerbiedig, met heilige bome in verskeie kulture, en hulle speel 'n rol in baie van die wêreld se mitologieë.

Bome is geneig om langlewend te wees, sommige word etlike duisende jaar oud. Dit is byvoorbeeld bekend dat die moerassipres (Taxodium distichum) van die oostelike Verenigde State meer as 2 000 jaar oud kan word. Boomsade kan ook lank kiemkragtig bly. Verskeie sade van die Judese dadelpalm, 'n uitgestorwe variëteit van Phoenix dactylifera, is vanaf 1963 te Masada in Israel gevind. Die sade het volgens koolstofdatering uit die eerste, tweede en vierde eeue voor Christus dateer, asook die eerste eeu n.C.. Etlike hiervan is tog tussen 2005 en 2014 ontkiem en het lewenskragtige dadelpalms van albei geslagte opgelewer.

Beskermde spesies en eksemplare

In Suid-Afrika geniet etlike boomspesies amptelike beskerming. Teen November 2021 het die Departement van Omgewing, Bosbou en Visserye reeds 52 inheemse boomspesies op die beskermde lys geplaas. Eksemplare van hierdie spesies mag ingevolge die Nasionale Bosbouwet (Wet nr. 84 van 1998) nie vernietig, teruggesnoei, verwyder, geskenk, verhandel, vervoer of uitgevoer word sonder die nodige vergunning of lisensie van die departement nie.

Die mees onlangse spesies om tot die beskermde lys gevoeg te word is die rooi-ivoor, jakkalsbessie, manketti en Umtiza (Umtiza listeriana) in 2021. Ander boomspesies wat wetlik beskerm word is die kameeldoring, vaalkameeldoring, kremetart, peulmahonie, groendoring, poeierkwasboom, witgat, msasa, mingerhout, swartwortelboom, swazi-uiehout (Cassipourea swaziensis), boesmanstee, Indiese wortelboom, bastertambotie, Pondotreurdoring (Colubrina nicholsonii), hardekool, assegaai, bosveldsaffraan, Bosveldrooiklapperbos, ebbehoutghwarrie, moerasvy, silwerboom, Tongawortelboom (Lumnitzera racemosa), Pondoboesmanstee (Lydenburgia abbottii), Sekhukhuni Boesmanstee (Lydenburgia cassinoides), kusrooimelkhout, Lebombowattel, stinkhout, Gariep-harpuisboom (Ozoroa namaquensis), appelblaar, kasuur, breëriviergeelhout, Outeniekwageelhout, Henkel-se-geelhout, opregte geelhout, Barbertonse bergsuikerbos, Serpentynsuikerbos, rooistinkhout, kiaat, rooiwortelboom, maroela, krinkhout, witmelkhout, Pondo-gifertjie (Tephrosia pondoensis), peperbasboom, Clanwilliamseder en Baviaanskloofseder.

Die wet maak ook voorsiening vir die beskerming van besonderse individuele bome deur hulle as kampioenbome te verklaar. Sogenaamde "grootbome" benewens sekere lanings en aanplantings van historiese belang, hetsy inheems of uitheems, kan hierdeur beskerming verkry. Teen 2015 is amptelike beskerming reeds aan 82 Suid-Afrikaanse kampioenbome toegeken, waaronder die Kanferlaning (Cinnamomum camphora) te Vergelegen, die Poskantoorboom (Sideroxylon inerme) in Mosselbaai, die Ou slaweboom (Quercus robur) in George en die Wonderboom (Ficus salicifolia) in Pretoria. Buite Suid-Afrika word registers van amptelike kampioenbome ook in Kanada, die Verenigde State, Verenigde Koninkryk en Nieu-Seeland gehou.

Hoofboomgroepe

Boom 
Peule is die vrugte van peulplante, d.i. struike en bome in die familie Fabaceae. Dié bekende familie word soms verder in die ertjie-, flambojant- en doringboom-families onderverdeel, waarvan die blomme opmerklik van mekaar verskil.
Boom 
Keëls, vrugte en sade van bome. Konifeersade kan dekades lank in hul keëls oorleef, voordat dit deur byvoorbeeld 'n bosbrand vrygestel word.

Net in Suider-Afrika is daar ongeveer 2 100 inheemse plantspesies wat as bome gereken word, waarvan sommige ook onderskeibare subspesies en variëteite het. Etlike inheemse bome word binne die streek, maar buite hul natuurlike verspreidingsgebied verbou, en kan dus lokaal as uitheems beskou word. Byna oral groei bome wat van buite die streek ingevoer is, soos tewens op die hoëveld waar baie plaaslike boomsoorte nie aard nie. Die getal ingevoerde boomspesies in Suider-Afrika is al op 'n bykomende 2 000 spesies geraam, waarvan sowat 100 in die streek genaturaliseer is, en sommige indringerstatus verwerf het. Een manier om boomspesies te eien is deur die gebruik van sogenaamde sleutels, maar dié is vir plantkundiges eerder as leke geskik, omdat deeglike kennis van vakterme en plantanatomie benodig word. Vertroudheid met die belangrikste plantfamilies van 'n streek fasiliteer egter identifikasie deur vergelyking van 'n beperkte getal spesies aan die hand van 'n vereenvoudigde stel kenmerke. Byna twee derdes van Suider-Afrikaanse boomspesies behoort naamlik tot een van 20 families, wat met die nodige opleiding op sig onderskeibaar is. In dalende volgorde van spesie-diversiteit is hulle die katjiepiering-, ertjie-, doringboom-, pendoring-, naboom-, mango-, protea-, boswilg-, flambojant-, ebbehout-, madeliefie-, aartappelbos-, selonsroos-, vy-, kapper-, mirre-, salie-, rosyntjiebos-, sitrus- en lietsjiefamilies.

Blomdraende plante (Magnoliophyta; angiosperme)

Dikotiele (Magnoliopsida) A – F

  • Altingiaceae (Altingia familie)
    • Amberboom, Liquidambar-spesie
  • Anacardiaceae (Kasjoe familie)
    • Kasjoe, Anacardium occidentale
    • Veselperske (mango), Mangifera indica
    • Pistasio, Pistacia vera
    • Soemak, Rhus-spesie, insluitend Karees
    • Lakboom, Toxicodendron verniciflua
  • Annonaceae (Suikerappel familie)
    • Cherimoja Annona cherimola
    • Suikerappel Annona reticulata
    • Papaja Asimina triloba
    • Suursop Annona muricata
  • Apocynaceae (Dogbane familie)
  • Aquifoliaceae (Huls familie)
    • Huls, Ilex-spesie
  • Araliaceae (Ivy familie)
    • Kalopanax, Kalopanax pictus
Boom 
Berkeboom (voorgrond) en Moepelboom (agtergrond) in herfs
Boom 
Saailing van 'n koorsboom (Acacia xanthophloea), met die twee saadlobbe (bo en onder) van 'n dikotiele plant
    • Acacia, Acacia-spesie
    • Gleditsia, Gleditsia triacanthos
    • Robinia, Robinia pseudoacacia
    • Purperwinde, Laburnum-spesie
    • Pau Brasil, Brasilhout, Caesalpinia echinata
  • Fagaceae (Beuk familie)
    • Kastaiing, Castanea-spesie
    • Beuk, Fagus-spesie
    • Suiderbeuk, Nothofagus-spesie
    • Looieik, Lithocarpus densiflorus
    • Eike, Quercus-spesie
  • Fouquieriaceae (Boojum familie)
    • Boojum, Fouquieria columnaris

H – P

  • Hamamelidaceae (Towerhaselaar familie)
    • Persiese ysterhout, Parrotia persica
  • Juglandaceae (Walneut familie)
    • Okkerneut, Juglans-spesie
    • Hickory, Carya-spesie
    • Vlerkneut, Pterocarya-spesie
  • Lauraceae (Lourier familie)
  • Lecythidaceae (Paradysneut familie)
    • Brasiliëneut Bertholletia excelsa
  • Lythraceae (Liguster familie)
    • Crape-myrtle, Lagerstroemia-spesie
  • Magnoliaceae (Magnolia familie)
    • Tulpeboom, Liriodendron-spesie
    • Magnolia, Magnolia-spesie
  • Malvaceae (Katoen familie; insluitend Tiliaceae en Bombacaceae)
    Boom 
    Kremetartboom in Zanzibar
    • Kremetart, Adansonia-spesie, (ook genoem Baobab of Boab)
    • Katoenboom, Bombax-spesie
    • Bottelbome, Brachychiton-spesie
    • Kapok, Ceiba pentandra
    • Durian, Durio zibethinus
    • Balsa, Ochroma lagopus
    • Kakao (Kakao), Theobroma cacao
    • Linde, Tilia-spesie
  • Meliaceae (Mahonie familie)
    • Neem, Azadirachta indica
    • Maksering, Melia azedarach
    • Mahonie, Swietenia mahagoni
  • Moraceae (Moerbei familie)
  • Myristicaceae (Neutmuskaat familie)
  • Myrtaceae (Mirte familie)
    • Bloekom, Eucalyptus-spesie
    • Mirt, Myrtus-spesie
    • Guawa, Psidium guajava
Boom 
Nyssaceae: 'n Duifboom in blom
  • Nyssaceae (Tupelo familie; ook soms ingesluit in Cornaceae)
    • Tupelo, Nyssa-spesie
    • Duifboom, Davidia involucrata
  • Oleaceae (Olyf familie)
    • Olyf, Olea europaea
    • Es, Fraxinus-spesie
  • Paulowniaceae (Paulownia familie)
    • Foxglove boom, Paulownia-spesie
  • Platanaceae (Blataan familie)
    • Blataan, Platanus-spesie

R – Z

Boom 
Geelmoepel in herfs
  • Sapindaceae (sluit ook in Aceraceae, Hippocastanaceae) (Seepbessie-familie)
    • Moepel, Acer-spesie
    • Perdekastaiing, Aesculus-spesie
    • Mexican Buckeye, Ungnadia speciosa
    • Lietsjie, Litchi sinensis
    • Goue reënboom, Koelreuteria paniculata
  • Sapotaceae (Melkhout-familie)
    • Arganboom, Argania spinosa
    • Gutta-percha, Palaquium-spesie
    • Tambalacoque, of "Dodoboom", Sideroxylon grandiflorum, voorheen Calvaria major
  • Simaroubaceae Hemelboom-familie
    • Hemelboom, Ailanthus-spesie
  • Theaceae (Camellia-familie)
    • Gordonia, Gordonia-spesie
    • Stuartia, Stuartia-spesie
  • Thymelaeaceae (Thymelaea-familie)
    • Ramin, Gonystylus-spesie
  • Ulmaceae (Olm-familie)
    • Olm, Ulmus-spesie
    • Zelkova, Zelkova-spesie
  • Verbenaceae Lantana-familie

Monokotiele (Liliopsida)

Boom 
'n Judese dadelpalm, Metusalag genoem, te Ketura, Israel. Hierdie manlike plant het uit 2000 jaar oue saad ontkiem.
  • Agavaceae (Agave-familie)
    • Cabbage tree, Cordyline australis
    • Drakeboom, Dracaena draco
    • Joshuaboom, Yucca brevifolia
  • Arecaceae (Palmae) (Palm-familie)
    • Areca Neut, Areca catechu
    • Kokospalm Cocos nucifera
    • Dadelpalm, Phoenix dactylifera
    • Chusan Palm, Trachycarpus fortunei
  • Poaceae (Gras-familie)
  • Piesang'bome' – nie werklik bome nie

Konifere (Pinophyta; Sagtehoutbome)

Boom 
Hervestiging van Rooispar (Picea rubens) in die suidelike Appalache-bergreeks van Noord-Carolina, VSA
Boom 
Bonsai van 'n Kruipende jenewerboom (Juniperus procumbens) by die VSA se Nasionale Arboretum
Boom 
Dwarssnit van 'n Ginkgo-stingel (4 mm in deursnee) — floëem- (of binnebas), xileem- en ander selle is sigbaar.
  • Araucariaceae (Araucaria-familie)
    • Araucaria, Araucaria-genus
    • Kauri, Agathis-spesie
    • Wollemia, Wollemia nobilis
  • Cupressaceae (Sipres-familie)
    • Sipres, Cupressus-genus
    • Skynsipres, insluitend Oregonseder, Chamaecyparis-spesie
    • Juniper, Juniperus-genus
    • Alerce of Patagoniese sipres, Fitzroya cupressoides
    • Sugi, Cryptomeria japonica
    • Rooihoutboom, Sequoia sempervirens
    • Reuserooihout, Sequoiadendron giganteum
    • Skemerrooihout, Metasequoia glyptostroboides
    • Kaalsipres, Taxodium distichum
  • Pinaceae (Den-familie)
    • Den, Pinus-genus
    • Witden, Pinus-spesie
    • Pinyonden, Pinus-spesie
    • Spar, Picea-genus
    • Lork, Larix-genus
    • Douglasspar, Pseudotsuga spesie
    • Silwerspar, Abies-genus
    • Seder, Cedrus-genus
  • Podocarpaceae (Geelhout-familie)
    • Outeniekwageelhout, Afrocarpus falcatus
    • Totara, Podocarpus totara
    • Miro, Prumnopitys ferruginea
  • Sciadopityaceae
    • Kusamaki, Sciadopitys-spesie
  • Taxaceae (Taksus familie)
    • Taksus, Taxus-genus

Ginkgos (Ginkgophyta)

Sikadeë (Cycadophyta)

Varings (Pterophyta)

  • Cyatheaceae- en Dicksoniaceae-families
    • Boomvarings, Cyathea, Alsophila, Dicksonia (nie 'n monofiletiese groep nie)

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Boom Beskermde spesies en eksemplareBoom HoofboomgroepeBoom Sien ookBoom VerwysingsBoom Eksterne skakelsBoomBamboesBedeksadigesBlaarGymnospermaeHoutPalmagtigePiesangPlantkundeSonlig

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

InsekVerkoueAnilingusPapierSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieJeuksiekteNoordwesKoringVoëlGriepHerpes simplexStereotipeNederduitsch Hervormde KerkKlein-KarooBoer Soek 'n VrouWikiMantisVlagterminologieLionel MessiSeekoeiSatellietfotoWater (molekuul)Kasteel die Goeie HoopKonjunktivitisMaanKalsiumWaterSywurmHoofkarakterBreingewasJodePlastiekAborsie in Suid-AfrikaVratAppelSuikerbekkiesGroepsdrukPlantAndré JacobsMisdaadMichael JacksonLys van lande volgens bevolkingSpelerposisies in rugbyVerkragtingRieldansProvinsies van Suid-AfrikaJan van HunksWatersuiweringAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidBreinLys van Afrikaanse rolprenteDataverwerkingGeografie van Suid-AfrikaNaboomKaliforniëBeaufortskaalGeslagAuschwitz-konsentrasiekampOnse VaderHondSikloonElandréFrankrykRefentse MorakeNeurenberg-verhoreYstertydperkWerkersdagPoësieMaagdelikheidSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureSlag van BloedrivierKameelPenisOnderhandelinge om apartheid te beëindigKatoenKnieRivier🡆 More