'n Boeliery is skade wat iemand anders doelbewus aangedoen word deur 'n boelie, of bullebak.
Dit kan gebeur deur die ander persoon te dreig of seer te maak. Boelies, veral op skool, teiken meestal kinders wat blyk om weerloos te wees of wat sensitief is vir persoonlike aanvalle. Die invloed van boeliery kan fisiek sowel as sielkundig wees, waarvan laasgenoemde meestal langdurig kan wees.
Hierdie vorm van boeliery is onder meer: stamp, wurg, slaan, of om 'n slagoffer te dreig met fisiese aanranding. Wanneer 'n persoon geslaan of geskop word, het dit nie net 'n negatiewe invloed op die slagoffer nie, maar ook op die getuies.
Hierdie vorm van boeliery is onder meer: om skinderstories te versprei, af te pers, of om valse berigte oor 'n persoon te versprei. Emosionele boeliery is ingewikkeld om te verstaan en die moeilikste vorm van boelie om te identifiseer. Hierdie gedrag vernietig emosies soos tevredenheid, vertroue en waardigheid om plek te maak vir angs, vrees en onsekerheid.
Hierdie vorm van boeliery is onder meer: om iemand te vloek, te verkleineer, rassistiese aanmerkings te maak, of om afbrekende boodskappe via 'n selfoon of e-pos te stuur. Die uitwerking van verbale boeliery is soms baie subtiel. Oor lang tydperke breek dit 'n persoon se selfbeeld en selfvertroue af. Slagoffers glo nie meer in hulle eie vermoëns nie en is traag om uitdagings aan te pak.
Hierdie vorm van boeliery is onder meer: om vir 'n persoon gesigte te trek, te gluur of beledigende tekens te wys.
'n Kuberboelie is 'n persoon wat doelbewus 'n ander persoon teister deur van tegnologie gebruik te maak. Voorbeelde van sosiale media platforms wat kuberboelies gebruik is Facebook of Twitter. Dit kan ook deur e-posboodskappe gebeur. Kuberboeliery word veral gedefinieer as aanhoudende gedrag. Dié gedrag kan ernstige wetlike gevolge laat ontstaan, moontlik kan 'n oortreder selfs tronkstraf opgelê word.
Hierdie boelies is gewoonlik geweldadig en dominerend. Hulle het nie impulsbeheer nie en is onsensitief teenoor ander se gevoelens.
Angstige boelies het gewoonlik 'n lae selfbeeld en tree aggressief op. Hulle is ook afbrekend teenoor mense waarmee hulle nie 'n waardevolle verhouding het nie en is uitdagend teenoor ander boelies.
Groepsaanhangers is gewoonlik die boelie se volgelinge wat passief betrokke is wanneer die boelie aggressief optree. Hulle sluit meestal aan by die groep om 'n gevoel van sekuriteit te hê.
In die media is daar talle voorbeelde van boeliery waar dit sy kop in Suid-Afrikaanse skole uitgesteek het.
'n Kind wat op skool 'n slagoffer van boeliery is, sal sekere tekens begin toon. boeliery het fisiese-, emosionele- en sosiale gevolge vir die slagoffer. Dit is moontlik dat hy of sy nagmerries begin kry of sukkel met slapeloosheid en weier om te eet. Sommige kinders weier om skool toe te gaan en te sosialiseer. Kinders se akademiese prestasie begin ook drasties af te neem. Daar is selfs kinders wat sukkel met depressie en selfmoordgedagtes. Boelies sal as volwassenes hulle huweliksmaats of kinders mishandel. Hulle sukkel om vriendskappe te onderhou en maak hulle in sommige gevalle ook skuldig aan dwelmmisbruik, alkoholmisbruik of ander kriminele dade.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Boeliery, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.