Bitcoin: Elektroniese geldeenheid

Bitcoin (₿) verwys na 'n elektroniese geldeenheid, asook na die oopbronsagteware wat ontwerp en geskryf is om dit te kan munt en gebruik.

Dit is van die eerste implementerings van kriptogeld, wat in 1998 beskryf is deur Wei Dai op die cypherpunks elektroniese poslys. Satoshi Nakamoto (die pseudoniem van 'n onbekende persoon of groep) het dit in 2009 geïmplementeer. Bitcoin is die eerste aanwending van 'n blokketting. Eienaars van Bitcoin kan van verskeie webwerwe gebruik maak om Bitcoin vir nasionale geldeenhede soos Suid-Afrikaanse rand, Amerikaanse dollar, of euro te verruil, en kan dit as betaalmiddel vir goedere en dienste by 'n aantal verskaffers gebruik.

Bitcoin: Geskiedenis, Sien ook, Verwysings
Die Bitcoin-logo.

Bitcoin is 'n gedesentraliseerde digitale geldeenheid, sonder beheer deur 'n sentrale bank of enkele administrateur, wat van gebruiker tot gebruiker in die eweknie-bitcoin-netwerk gestuur kan word sonder dat tussengangers nodig is. Transaksies word deur kriptografiese metodes deur netwerknodusse geverifieer en opgeneem in 'n grootboek wat 'n blokketting genoem word. Bitcoins word geskep as 'n beloning vir 'n proses wat "mynbou" genoem word. Dit kan verruil word vir ander geldeenhede, produkte en dienste. Navorsing deur die Universiteit van Cambridge beraam dat daar in 2017 tussen 2,9 tot 5,8 miljoen unieke gebruikers was wat 'n kripto-geldeenheidsbeursie gebruik het, waarvan die meeste bitcoin gebruik het.

Bitcoin word gekritiseer vir die gebruik daarvan in onwettige transaksies, die groot hoeveelheid elektrisiteit wat mynwerkers gebruik, die wisselvalligheid in die prys en diefstalle daarvan op die internet. Sommige ekonome, waaronder verskeie Nobelpryswenners, het dit al as 'n spekulatiewe borrel bestempel. Bitcoin kan ook as 'n belegging gebruik word, hoewel verskeie regulerende agentskappe alreeds beleggerswaarskuwings daaroor uitgereik het.

Geskiedenis

Skepping

Bitcoin: Geskiedenis, Sien ook, Verwysings 
'n Bitcoinmyner met 'n ASIC-vlokkie

Die domeinnaam "bitcoin.org" is op 18 Augustus 2008 geregistreer. Op 31 Oktober 2008 is 'n skakel na 'n artikel geskryf deur Satoshi Nakamoto, getiteld Bitcoin: A Peer-to-Peer Electronic Cash System, en op 'n kriptografiese poslys geplaas. Nakamoto het die bitcoin-sagteware as oopbronkode geïmplementeer en dit in Januarie 2009 vrygestel. Nakamoto se identiteit is steeds onbekend.

Op 3 Januarie 2009 is die bitcoin-netwerk geskep toe Nakamoto die beginblok van die ketting, wat bekend staan as die genesis-blok, begin ontgin het. In die muntbasis van hierdie blok was die teksː "The Times 03/Jan/2009 Chancellor on brink of second bailout for banks", ingebed. Hierdie aantekening verwys na 'n opskrif gepubliseer deur The Times en is geïnterpreteer as 'n tydstempel en 'n opmerking oor die onstabiliteit wat veroorsaak word deur gefragmenteerde reserwebank aktiwiteite.

Die ontvanger van die eerste bitcoin-transaksie was die kriptopunk Hal Finney, wat in 2004 die eerste herbruikbare bewys-van-werk-stelsel (RPoW) geskep het. Finney het die bitcoin-sagteware op die uitreikdatum afgelaai en op 12 Januarie 2009 tien bitcoins van Nakamoto ontvang. Ander vroeë kuberpunk-ondersteuners was skeppers van bitcoin-voorgangers: Wei Dai, skepper van b-money, en Nick Szabo, skepper van bit gold. In 2010 het die eerste bekende kommersiële transaksie met bitcoin plaasgevind toe die programmeerder Laszlo Hanyecz twee Papa John pizzas vir 10 000 gekoop het.

Ontleders van blokkettings skat dat Nakamoto ongeveer een miljoen bitcoins ontgin het voordat hy in 2010 verdwyn het toe hy die netwerkwaarskuwingsleutel en beheer van die kode-bewaarplek aan Gavin Andresen oorhandig het. Andresen word later hoofontwikkelaar by die Bitcoin Foundation. Andresen probeer toe om beheer te desentraliseer. Dit het die geleentheid geskep vir kontroversie oor die toekomstige ontwikkelingspad van bitcoin, in teenstelling met die vermeende gesag van Nakamoto se bydraes.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Bitcoin GeskiedenisBitcoin Sien ookBitcoin VerwysingsBitcoin Eksterne skakelsBitcoin19982009Amerikaanse dollarBlokkettingEuroGeldKriptogeldOopbronsagtewarePseudoniemSatoshi NakamotoSuid-Afrikaanse rand

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BoomAnale kankerWiskundeVier temperamenteHolocaustBorsklierPalmsondagBlourokkeReënspinnekopJohan StemmetGoeie VrydagFinlandIndiëSterrestelselAngkor WatKrampJerusalemSlag van Cuito CuanavaleRykie van ReenenMiljardGalblaasRuslandRina HugoGrasfamilieMenseregteAfrikaanse taalleerAfrikaanse Hoër SeunskoolMusieksimboleVoorsetselCristiano RonaldoApostoliese GeloofsbelydenisMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaDonker materieDieregeluideMenslike penisgrootteW3CVoornaamwoordMagda van BiljonVyfsterSuiwelprodukLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameGenesisHoofstadMarga van RooyBreingewasBorsteDermpoliepInternetFilosofieKoppeltekenCSSSeksualiteitCSwitserlandEpilepsieLys van lande volgens bevolkingJeuksiekteChristeneGeskiedenis van AfrikaansLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaChristo WieseRam (sterreteken)JohannesburgRegardt van den BerghCarles PuigdemontBeroerteKarakteriseringFritz WepperRooibokEekhoring🡆 More