Bettie Kemp: Suid-Afrikaanse aktrise

Bettie Kemp, gebore in Kaapstad, Kaapland, is 'n Suid-Afrikaanse radio- en TV-aanbieder, aktrise en 'n regisseur van drama en dokumentêre programme vir radio.

Reeds toe sy in Laerskool Totius, Bellville, was het haar onderwyseres, Tossie Lochner, haar saamgeneem om in verhoogproduksies van Bellville se Afrikaanse Toneelvereniging (BAT) te speel. Dieselfde onderwyseres het haar ook saamgeneem na die SAUK in Seepunt vir 'n radiodrama-oudisie toe Kemp tien jaar oud was en in 2016 het haar oudonderwyseres die ATKV-mediaveertjie aan Kemp oorhandig vir Beste Regisseur van 'n radiodrama.

Bettie Kemp
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Aktrise, TV- en radio-persoonlikheid
Internet-rolprentdatabasis-profiel

As skolier het Kemp by Radio Sonder Grense begin werk waar sy begin het om deel te neem aan radiovervolgverhale. Kemp is 'n bekwame stemkunstenaar en was die stem agter Standard Bank se inbeldiens vir 'n paar jaar.

Met die koms van televisie in Suid-Afrika, het Kemp van Kaapstad na Johannesburg verhuis, waar Louise Smit, van Haas Das se Nuuskas faam haar genader het om 'n oudisie vir 'n kontinuïteitsaanbieder te doen en die regisseur, Henk Hugo, het haar raakgesien en 'n deurlooprol aangebied in een van die eerste televisie-sepies, Net 'n Bietjie Liefde.

Met die baie veranderinge in die vermaaklikheidsbedryf het Kemp haar meer op radiowerk begin toespits. Dit het haar die geleentheid gegee om uitdagende dokumentêre reekse te vervaardig soos onder andere Daar’s Ink in Ons Are.

Tot en met vandag is Bettie steeds by Radio Sonder Grense werksaam waar sy deur haar loopbaan as 'n vryskutwerker geleer het in die kompeterende vermaaklikheidsbedryf om die rol van nuus lees, regie, vervaardiging en skryf te bemeester. Op weeksaande werk sy in die ateljee by kykNET as televisieaanbieder vir die program, KN Verslag.  Bettie het ook rolle in Afrikaanse sepies vertolk, soos Villa Rosa en Binnelanders, asook die dramareeks, Begeertes (2007 – 2008). In 2012 het Kemp een van die ses aanbieders geword van die kykNET-ontbytprogram, Dagbreek.

Kemp is ook die vervaardiger en regisseur van radiodramas wat landswyd aan gemeenskapsradiostasies versprei word in samewerking met Maroela Media. Die behoefte aan goeie Afrikaanse inhoud by gemeenskapsradiostasies is groot en hierdie radiodramas vul nie net daardie behoefte nie, maar skep ook 'n inkomste vir vryskutakteurs.

Kemp het ook landswyd getoer met haar solo-vertoning, Tant Miem, 'n dokumentêre verhoogdrama oor die lewe en werk van die skrywer M.E.R.. Kemp het haarself bekwaam om as nuusleser, aktrise, skrywer en regisseur op te tree, in 'n onderhoud aan Pressreader omtrent haar veelsydigheid was haar antwoord: “Dit klink na 'n mengelmoes, maar eintlik is alles verwant. Dis alles dinge wat oorvleuel, en daar is 'n besliste sinergie. Waar wil jy immers meer drama hê as aan die nuusfront? Dit grens soms aan die teater van die absurde. Shakespeare het immers gesê: ‘all the world’s a stage’”

Filmografie

  • Goeiemôre Suid-Afrika in die 1980's en vroeë 90's (SAUK)
  • Vyfster, 1984 as die welsynsbeampte
  • Sweet 'n Short, 1991 as TV-nuusleser
  • Stander, 2003 as TV-nuusleser
  • Begeertes (TV-reeks op kykNET), 2007-2008 as Trudie
  • Villa Rosa, 2011 as 'n gasakteur
  • Binnelanders, 2012 as 'n gasakteur
  • Dagbreek (kykNET se regstreekse ontbytprogram), 2012
  • Konsternasie Oppie Stasie; vertolk die rol van Eugenia (2009)
  • Khumba; die stem van die karakter Zuki (2013)
  • KN Verslag; aanbieder (2018 - tans)
  • Song vir Katryn; vertolk die rol van Suster Moller (2003)


Toekennings

  • Sy het twee VITA-benoemings gekry vir haar solo-verhoogproduksies, Kom Nader. In 2011 word sy tydens die Fiestas as die beste vroulike byspeler aangewys vir haar vertolking in Dood van ’n verkoopsman.
  • By die 2012 Aardklop Kunstefees is sy benoem as die beste aktrise vir haar rol in TaMiem van Swellendam.
  • ATKV-mediaveertjie vir Beste Regisseur: Radiodrama (2016)
  • Merit-toekenning by die SAB Sportjoernalis van die Jaar (2008)

Bronnelys

Tags:

2016AktriseBellvilleKaaplandKaapstadLaerskool TotiusSeepuntSuid-AfrikaSuid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MetaalKunsmatige intelligensieMuskeljaatkatSatellietErfenisdag (Suid-Afrika)Klimaatsverandering in AfrikaWebwerfSeekoeiTylaKangogrotteDiepaartromboseVulvaDeelstate van die Verenigde State van AmerikaNatuurlike hulpbronVlekvrye staalRubik se kubusBoomSikloonTolla van der MerweIdioomTienerVaste stofLys van chemiese elemente volgens atoomgetalKappie (skryfteken)SkuinsstreepLys van Afrikaanse digtersIntensiewe vormSuid-Afrikaanse randMahatma GandhiJaco JacobsVerkoueAntjie SomersVoortrekkermonumentKommunismeWinnie Madikizela-MandelaWetenskaplike metodeMagnetismeTegnologieArthur GrumiauxVleilandKinkhoesBek-en-klouseerTydKriekGesondheidGetalOogproblemeBosluisCorioliskragGedigKolitisNic de JagerMuishondGoogle MapsKunsmatige algemene intelligensieWeervoorspellingWater (molekuul)LemoenClanwilliam-sandvisTussenwerpselUnited Democratic FrontChristiaan BarnardVoedingViëtnamoorlogLyfstraf in skoleWatersuiweringSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994LandbouMenseregteKweekhuiseffekNierKartografieFiela se kindSuid-AfrikaKimberleyReënvalbepalingMIV/vigs in Suid-Afrika🡆 More