Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Artritis is 'n term wat verwys na versteurings wat gewrigte affekteer. Simptome sluit gewoonlik gewrigspyn en styfheid in. Ander simptome kan rooiheid, warmte, swelling en verminderde omvang van beweging van die aangetaste gewrigte insluit. In sommige soorte artritis word ander organe ook aangetas. Aanvang kan geleidelik of skielik wees.
Artritis | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
Hande met gewrigsrumatiek. | ||
ICD-10 | M00-M25 | |
ICD-9 | 710 -719 | |
DiseasesDB | 15237 | |
MedlinePlus | 001243 | |
MeSH | D001168 | |
Mediese waarskuwing |
Daar is meer as 100 soorte artritis. Twee mees algemene vorme van artritis is osteoartritis en rumatoïede artritis (gewrigsrumatiek).
Behandeling kan die rus van die gewrig en die afwisseling van toediening van ys en hitte insluit. Gewigsverlies en oefening kan ook nuttig wees. Aanbevole medisyne kan afhang van die vorm van artritis en kan pynstillers soos ibuprofen en parasetamol insluit. In sommige omstandighede kan 'n gewrigsvervanging nuttig wees.
Artritis is hoofsaaklik 'n siekte by bejaardes, maar kinders kan ook deur die siekte geraak word. Artritis kom meer voor by vroue as mans op alle ouderdomme en beïnvloed alle rasse, etniese groepe en kulture. 'n Stelselmatige oorsig het die voorkoms van artritis in Suid-Afrika beoordeel en het twintig bevolkingsgebaseerde en sewe hospitaalgebaseerde studies ingesluit. Die resultate van die studie was:
Bewyse van osteoartritis en potensieel inflammatoriese artritis is in dinosourusse ontdek. Die eerste bekende spore van menslike artritis dateer tot in 4500 vC. In vroeë verslae is daar dikwels na artritis verwys as die mees algemene siekte by prehistoriese mense. Bewyse van artritis is deur die geskiedenis heen gevind, van Ötzi, 'n mummie (ongeveer 3000 vC) wat langs die grens van die moderne Italië en Oostenryk gevind is, tot die Egiptiese mummies omstreeks 2590 vC.
In 1715 publiseer die Britse geneesheer William Musgrave die tweede uitgawe van sy belangrikste mediese werk, De arthritide symptomatica, wat betrekking het op artritis en die gevolge daarvan. Augustin Jacob Landré-Beauvais, 'n 28-jarige leerling-geneesheer aan Saltpêtrière Asylum in Frankryk, was die eerste persoon wat die simptome van rumatoïede artritis beskryf het. Alhoewel Landré-Beauvais se klassifikasie van rumatoïede artritis as familielid van jig onakkuraat was, het sy proefskrif ander aangemoedig om die siekte verder te bestudeer.
Sommige alternatiewe behandelings, soos byeterapie, lae vlak laserbehandeling, elektriese senuweestimulasie en verbruik van dagga, is aangewys vir verskillende aspekte van artritisbehandelings. Kliniese studies het egter getoon dat hierdie behandelings nie gewoonlik gelykstaande is aan konvensionele behandelings nie en dat dit gereeld baie slegter is.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Artritis, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.