Alkohol

Alkohol is 'n koolwaterstofderivaat ('n organiese koolwaterstofverbinding wat ook ander elemente as koolstof (C) en waterstof (H) bevat) met die kenmerkende -OH-groep (hidroksielgroep) wat aan 'n koolstofatoom verbind is, en wat die algemene formule CnH2n+1OH of CnH2n+2O het.

Die IUPAC-name van verbindings in hierdie homoloë reeks word van die ooreenstemmende alkane afgelei; die -aan-agtervoegsel word bloot met -anol vervang. Alkohole met twee of drie OH-groepe word onderskeidelik diole en triole genoem.

Alkohol
Die hidroksiel (OH) funksionele groep in 'n alkohol-molekule.
Alkohol
Bal-en-stok model van die hidroksiel (OH) funksionele groep in 'n alkohol-molekule.

Alkohole kan word onderverdeel in drie kategorieë:

  • Primêre alkohole: 'n Alkohol waarvan die C-atoom wat aan die OH-groep verbind is, met slegs een ander C-atoom verbind is.
  • Sekondêre alkohole: 'n Alkohol waarvan die C-atoom wat aan die OH-groep verbind is, met twee ander C-atome verbind is.
  • Tersiêre alkohole: 'n Alkohol waarvan die C-atoom wat aan die OH-groep verbind is, met drie ander C-atome verbind is.

Voorbeelde

Die bekendste alkohol is etanol wat voorkom in wyn, bier ens en dikwels verstaan word onder die naam "alkohol". Andere bekende voorbeelde is metanol, propanol, isopropanol.

Fisiese eienskappe

Oplosbaarheid

Alkhole bevat 'n polêre OH-groep en 'n nie-polêre alkielgroep. Alkoholkettings tot by butanol (C4H8OH) is in water oplosbaar — langerkettingalkohole is nie in water oplosbaar nie, aangesien die nie-polêre alkielgedeelte van die verbinding dominant is en nie-polêre stowwe nie in water kan oplos nie. Alkohole met vertakte alkielgroepe is meer oplosbaar in water as minder vertakte kettings. 'n Tersiêre alkohol is byvoorbeeld meer oplosbaar in water as 'n primêre alkohol.

Wanneer alkohole in water oplos, ioniseer hulle nie. Die oplossing bly neutraal.

Kookpunte

Aangesien alkohole beide waterstofbinding en Vanderwaalskragte het, is hul kookpunte hoër as die ooreenstemmende alkane, wat slegs Vanderwaalskragte het. Aangesien alkohole met vertakte kettings se Vanderwaalskragte swakker word, is hul kookpunte laer.

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Alkohol VoorbeeldeAlkohol Fisiese eienskappeAlkohol KookpunteAlkohol Sien ookAlkohol Eksterne skakelsAlkoholAlkaanHomoloë reeksKoolstofKoolwaterstofOrganiese nomenklatuurWaterstof

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OranjerivierPropagandaHoenderKletsrymDriedimensioneelSlag van BloedrivierGeskiedenis van die Britse Ryk en StatebondWortelMenseregtedagKartografieAppelSeisoenLangste woordAkwariumDolfynSoogdierBernice WestGesondheidVigsLiesbreukHoofstadLys van politieke partye in Suid-AfrikaSeksuele opwekkingDepressie (gemoedstoestand)BesoedelingGrondbesoedelingJohannesburgVrystaatKonflik (proses)NagmaalSuid-AfrikaRussiese inval in Oekraïne sedert 2022SoutsuurBoer Soek 'n VrouWêreld- Ekonomiese ForumVerlede tydHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalVoedingRassisme in AfrikaGroepsgebiedewetKorrupsieHokkieErfenisNiemetaalSkilpadSteenkool in Suid-AfrikaNelson MandelaDonderstormInflasieOlimpiese SomerspeleJazzNazi-DuitslandMahatma GandhiLys van nedersettings in Suid-AfrikaMetafoorLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameWet op Bantoe-onderwysMiddeloorontstekingIdioomKatBoor (element)Johannes HahnSaartjie BaartmanMadison IvySkaakBorskankerNarsistiese persoonlikheidsteuringNatuurlike hulpbronDiskriminasieSkarlakenkoorsAgtergrond (narratief)WoestynSpierOlimpiese Somerspele 2024MangelontstekingHeuning🡆 More